Nuwe Ou Blog

Sleutelwoorde

,

Daar is ongeveer 77 van hulle, dit is mense wie se blogs, ek volg. Ek weet nie, of daar ‘n plek is, waar ek kan sien hoeveel my volg nie. Hierdie, sal dan die laaste blog wees. Noodgedwonge, moes ek ‘n volgende blog begin, want WordPress, het my daaraan herinner, dat my spasie min is en die aangewese pad om te volg, sou wees om te betaal, as ek wou aanhou. Dit, het vir, my geen sin gemaak nie, aangesien ek niks daaruit verdien nie en dit net vir my goed is, om af en toe, iets te skryf. Gelukkig, is daar van die meer bedrewe bloggers, wat my kon help, om ‘n nuwe blog te begin en dalk, geskakel is aan die oue. Dit is nou as ek, al die aanwysings, sorgvuldig, uitgevoer het.

Met die, dat ek die volgers kan sien, het ek besef hoeveel bloggers, wat ek geniet het om te lees, eenvoudig verdwyn het. Van hulle was, lede van die LitNetblogs, wat vir ons almal, so onbevredigend geeindig het, Gelukkig, is heelwat van hulle lede van ‘n Fbgroep, wat daarna, tot stand gekom het en is van hulle nog daar bedrywig en kan ek van hulle plasings geniet. Dankie daarvoor.

Hier, is die skakel, na die nuwe blog. Met die loer, of die skakel werk, merk ek dat daar heelwat reeds daar gevestig is. Dankie!

https://coetzeeinfo2.data.blog/

Hasta la proxima

Geronimo

As gevolg van WordPress se beperking, moet ek noodgedwonge, ‘n ander blog begin. Hierdie blog, sal nog bly voortbestaan en hier, is die skakel na die nuwe een. https://coetzeeinfo2.data.blog   Volgens,my administrateur, is die blogs aaneengeskakel, baie dankie, Hester, vir jou hulp.

I want to share my dreams

Want to share with you

On the wings of love

Like dreamers do

Dit, is die inleiding, van Modern Talking se lied, Geronimo’s Cadillac. Wonder ek, wat se drome, het ons Geronimo? Geen droom, oor ‘n Cadillac nie. Het hom ‘n rukkie terug, probeer beduie, van ‘n Cadillac, maar gou agtergekom, dat dit vir hom, iets baie vreemd was. Met ons, bedoel ek nie, dat hy, ‘n besitting van “ons” is nie. Slegs, ‘n mens, wat die lewe, op ‘n jong ouderdom, ‘n lelike klap gegee het en toe hier, kom ondervind het, dat hy ook nuttig kan wees en sy taak met groot entoesiasme en verantwoordelikheid toepas.

ger 5

Die dogter van die huis, het ‘n redelike groot varkboerdery. Al is die hokke, hoe goed ingerig, gebeur dit soms, dat ‘n klein varkie, onder die moeder kan beland, as sy gaan lê, om te soog, natuurlik dan met noodlottige gevolge. As die boerdery, groot genoeg is, is dit lonend om’n voltydse opsigter daar te he en bedag te wees, dat dit nie gebeur nie. Bedags, is Geronimo, die man wat die taak met groot omsigtigheid uitvoer en baie trots is, dat daardie sterfgevalle, tot byna nul gedaal het. ‘n Groot glimlag op die gesig, as hy daaroor, gekomplimenteer word.

geronimo 4 1

Op twaalfjarige ouderdom, het die noodlot, hom ‘n kwaai slag toegedien. Sy pa het ‘n resiesperd gehad en hy moes hom laat oefen. Op ‘n dag, het iets vreeslik, verkeerd geloop en hy is sleg beseer, met die val slag. Tande, in die slag en die regterkant, van sy liggaam, heelwat skade en hy moes, ‘n geruime tyd, in die hospitaal, deurbring. By ‘n paar plase, het hy probeer, maar sonder veel sukses, natuurlik, omdat hy nie in staat is, om werklike fisiese arbeid te doen nie. Opmerklik, hoe, sy selfvertroue toegeneem het vandat hy die verantwoordelike werk begin het en hy menswaardig behandel word. Sy eie woonvertrek, eie TV en onafhanklik, nie meer nodig om in sy familie se oë te kyk nie, hoewel hy, ‘n toelaag, van die staat ontvang. Pynlik netjies op homself en pal besig om sy kamer skoon te maak. Onlangs, vir hom, ‘n splinternuwe motorfiets gekoop, wat hy baie goed instand hou en baie trots op is. Dit, moes, ‘n rooie wees. Vrydagmiddag, of Saterdagoggend, is sy inkopietyd. Uitgevat, op sy rooifiets en sy groot Cowboyhoed, is hy, reg vir die tog, na die naaste supermark, so 5 km weg.

geronimo 3 2

Hy mag dalk nie ‘n droom van ‘n Cadillac hê nie, maar dat hy ‘n gelukkige mens is, met sy groot glimlag, as hy my sien, laat mens tog met ‘n dankbare hart, vir iemand, wat ten spyte van sy gebrek, goed deur die lewe kan gaan.

Hasta la proxima

Solidariteit

Sleutelwoorde

,

Geen vakbond, is hier betrokke nie. Dit gaan oor ‘n gemeenskap met gedeelde belange en simpatie en omgee vir mekaar. In enige normale samelewing, kan solidariteit en sy boetie, respek, nie gekoop word nie, maar word verdien deur die bereidwilligheid, van die individu, organisasie of familie, om hul gewig by die gemeenskap te voeg, al sou dit van ‘n effe ander kultuur wees. Dan, kom die solidariteit, outomaties na vore. Dit, het ons die afgelope week, deeglik, hier in die vreemde, wat vir ons nie meer so vreemd is nie, beleef. Dit, het gevolg, op ‘n groot hartseer, wat die Suid-Afrikaanse gemeenskap, die dorp Caaguazu en veral ‘n groot klomp jongmense, getref het.

janneman

IMG_20200102_130512

Ons jaar, het nie goed begin nie. 1 Januarie, laterig die aand, kry ons die boodskap, Ouboet, is dood. ‘n verskriklike boodskap, wat Kleinboet, hulle, was soos ‘n tweeling, pal saam, aan sy ouers moes oordra. Ons eerste gedagte is, maar dit kan tog nie wees nie. 30 jaar oud. Lewenslustig, vriendelik, goed opgevoed en talentvol. Hy, wat oral vriende, bymekaar, gemaak het. Boodskappe en telefoonoproepe, vlieg heen en weer. Die skokkende nuus, maak dat baie trane gestort word en dat daar min of niks geslaap word, die vreeslike nag, van 1 Januarie 2020 nie. Glo, wil ons dit, nie eintlik nie, maar dit is die werklikheid.

IMG-20200102-WA0015

IMG-20200102-WA0012

Hier, word nie gesloer, wanneer begrafnisse ter sprake is nie. Binne 24 uur, is dit normaal, afgehandel. Vroeg, Donderdagoggend, daag die eerste besoekers op. Dan kom die besef, van die solidariteit van die mense, om die treurende familie by te staan. Die mooiste ruikers, word met gereelde reëlmaat afgelaai en op 3-poot staanders, langs die kis, staangemaak. Later, sou dit twee bakkievragte wees, wat op die graf geplaas is. Die waak, is baie belangrik. Mense moet hier vertoef, tot die teraardebestelling. ‘n Samedromming van mense, om simpatie te betuig. Die kis onder die lugversorger. Mense, baie baie jonges, gaan sit op die stoele, langs die kis. Koppe gebuig, baie trane. Woorde, is daar nie. Bekendes, wat pa, ma, jong boet en ouma kom probeer, vertroos.

IMG_20200102_154315

IMG_20200102_171256

IMG_20200102_172134

IMG_20200102_173839

Die jongmense, het twee tente gehuur en eet- en drinkgoed bestel, vir die wat iets nodig gehad het. Heelwat Suid-Afrikaners, het meer as 600 km afgelê, om betyds, vir die teraardebestelling, om 5uur te wees. Al hierdie aksies, is, solidariteit, met ‘n familie, wat hulle deel bygedra het, in hierdie gemeenskap en land. Hier, waar altyd gelag en gesels is, heers ‘n somber gewyde atmosfeer. Alles onwerklik.

Met die aflaai, van die kis, vanaf die bakkie, val daar, asof uit die niet, ‘n paar druppels, wat almal hulle gesigte, vir ‘n oomblik hemelwaarts laat lig. Selfs, die pastora, van die Evangeliese kerk, se emosies, kry soms die oorhand. Die Suid-Afrikaanse begraafplaas,het sy sewende graf gekry.

Mooi loop Janneman. Rus in vrede, langs Oupa, wie se name jy gedra het, in die rooi grond van Caaguazu. Ons, is baie, wat jou nog lank, gaan mis.

Hasta la proxima

Stad Toe

Sleutelwoorde

 

Meesal, vermy ons, die stad, die hoofstad, Asunciôn. Die verkeer, is bietjie mal, nie mal, soos in fout met die kop nie, maar ‘n mooi Spaanse woord vir sleg of onplesierig. Ek verkies, om nie, daar te bestuur nie. Hier is, amper elke uur, ‘n redelike luukse bus, die Ybyturuzu busdiens, met lugreëling, van die kolonie, na die stad. Daar aangekom, neem ons, ‘n taxi na die hotel of waar ons ook al wil wees. Vir ‘n plaasjapie, is dit, die minste stres.

IMG_20191221_153042 (2)

Verlede week, was dit een van die geleenthede, om die ligte, liggies, mense en die verkeer te beleef. As ons, die tog onderneem, probeer ons, dat dit saamval, met vriende van die weste van die land, die Chaco, wat ongeveer 600 km, van ons woon, se besoek aan die stad, dan kuier ons saam met hulle en bring, ook besoek aan ander vriende.

IMG_20191220_110032 (2)

Soos ervare Mallrotte, moet ons darem, ‘n Mall of twee ook besoek. Mens moet, op hoogte wees van die nuutste modes en giere en af en toe, is dit lekker. Een Mall, maar dieselfde, as ‘n ander. L’uomo, Luis Vuitton, Nike, Addidas, Chanel, juwele en, en, en. Eetplekke, te kies en te keur. Ons keuse, het geval op Kenfucky en Sjinees, omdat dit nie beskikbaar is, in ons omgewing nie. Dit geniet. Die winkels en oral, getooi vir die week se Kersviering. Kersvader en sy slee,met die organiese bokkies, gemaak van gras en takke.

img_20191218_202649.jpg

IMG_20191218_202911

IMG_20191219_121950

IMG_20191219_121623

Saterdagoggend, se rit terug, in ‘n stampvol bus. Gelukkig, was daar net-net sitplek, vir die twee oues van dae. Sommige, passasiers, moes die hele rit, van 3 uur, staan, want die meer-as-normale getal passasiers, was as gevolg van stedelinge, wat uitgewyk het na die platteland, vir Woensdag se vierings, by familie. Die bus, bedoel om 45 passasiers te vervoer, maar ek dink, daar was byna dubbeld die hoeveelheid en natuurlik heelwat meer bagasie ook. Bewondering, vir die mense. Nie een onsmaaklike woord of ongeduld nie. Hul geduld, is prysenswaardig.

IMG_20191221_135938

Die Malls, staan nie terug, vir die, van Dubai nie. ‘n Mall, is mos maar ‘n Mall, is ‘n Mall. Voorspoedige 2020, vir elkeen.

Hasta la proxima.

Hartseer

Sleutelwoorde

, ,

Hulle, brand nie maklik nie, kort-kort, moet ek hulle, met ‘n lang stok roer, dat hulle oopvlerts, dat die vuur, die blaaie, kan bykom. Vir my, is dit moeilik om daardie, te doen. Hoewel, nie so moeilik as met ons eie nie. Ons het mos al die ontrommel ding gedoen. Hulle, moet eintlik uitmekaar gepluk word, maar daarvoor sien ek, nie kans nie. Respek vir ‘n boek, tot die einde. My pa of ma, het altyd gesê, as jy ‘n boek, klaar gelees het, moet niemand kan sien, dat hy gelees was nie. Gelukkig, is die weer dreigend, die taak moet agter die rug kom, soos met enige onplesierigheid, so gou as moontlik.

IMG_20191213_174958

PANO_20191213_174757

Maandag, bel ons vriend Bernard, se weduwee. Sy, van Kanadese oorsprong. My huis, is verkoop en ek vlieg die 18e Kanada toe. Julle moet kom boeke haal. Ons, weet, dat daar goeie boeke is, het gereeld, van hulle gelees, toe die internet, ons lewens nog nie so oorheers het nie. Nou lees ek nie juis meer nie. Jammer, tydens hierdie era, van ons lewe, waar daar tyd is om te lees, verkies ek, om meer kontak met die familie en vriende te he. Ons weet, dat ons nie veel van die boeke gaan lees nie en onder ons SA vriende, sal daar ‘n paar wees, wat gaan belangstel. Dus, om haar taak, van opruim, te vergemaklik, ry ons die volgende dag.

Sy noem, dat James al uitgeoek het, dus die beste weg, maar steeds baie goeie boeke oor. Daardie bokse, kan julle maar laai en dan kan julle hierdie boekrak leegmaak. Staar na die boeke, sien ‘n paar, waaraan hy baie waarde geheg het. Ek verlang na my ou wyse vriend. My oë skielik wasig en ek sien hoe hang die mango’s aan die boom buite. Die laaste een, splinteruut, Lewis Hamilton, se autobiografie. ‘n Geskenk van sy seun, met hulle laaste besoek aan hom, waaroor hy baie opgewonde was. ‘n Redelike vrag, sewe swaar kartonne.

Volgende oggend, pak ons uit. Soek uit, vier hope. Brand, vir die een en vir daardie en ‘n klompie vir ons self. Nie, ‘n aangename taak nie. Min plaaslike mense, wat sou belangstel. Die taal, sien. Tragies, vir iemand, sou dit baie leesplesier kon verskaf, soos vir die oorspronklike eienaars. Bernard, jy sal verstaan, ons moes maar net help skoonmaak.

IMG_20191213_174432

Die volgende dag, bel sy. Hou asseblief, die boek, First Person, hier is ‘n meisie in Villarricca, wat sê sy gaan die eerst vroulike president van Paraguay word en ek wil die boek, vir haar skenk. Dalk, net dalk sal ons nog daardie dag beleef en onthou, dat ons ‘n klein aandeel gehad het, in ‘n groot droom en ideaal, wat verwesenlik is.

IMG_20191212_124552

hartseer

Die reën, het verby gegaan. Volgende dag, gaan kyk ek, wat het oorgebly. Een boek, met sy swart blaaie na bo, so asof hy die elemente wou uitdaag. Met die aanraak, van die swart, verval hulle in as, wat die ligte windjie wegwaai. Soos, die vergangklike mens.

Hasta la proxima

Dom

Sleutelwoorde

, ,

Nogal gereeld, die afgelope tyd, op sosiale media, sien ek die vergelyking, dat iemand, of persone, so dom soos grond is. Waar dit vandaan kom, weet ek nie, maar dink nie, dat dit, ‘n goeie vergelyking is nie, grond is nie dom nie. Die mensdom, het sy bestaan, aan grond, te danke. Wat ek wel agterkom, is dat ek, aan die domkant is. Die nuwe tegnologie, laat my dom voel. Ek probeer nie eens die ontwikkelinge verstaan nie, maar geniet, die bietjie, wat ek kan baasraak.

DSCN1364

DSCN1367

DSCN1377

Wat my laat besef, dat ek baie dom is is wat nou in ons omgewing, aan die gebeur is. Ons is destyds, met ons skuif hierheen, onder andere, uitgekryt as dom, maar dit is nie nou ter sprake nie. Dat ons landgenote, ‘n ander heenkome soek, is verstaanbaar, maar die beweging, van seker die hoogs ontwikkelde land, in die weste, Duitsland, se inwoners hierheen, kan ek nie klein kry nie. Luister ek, so na hulle, sien hulle swarigheid vir Europa. Elke dag, nuwe gesigte. In die supermark, in die hardewarewinkel, in die apteek. Nuwe vreemdes. Selfs, uit Australië, die VSA en ander Oos-Europese lande, daag hulle op. Ons kan nou al ‘n Engelssprekende vriendekring, aan die gang kry.

DSCN1370

DSCN1373

DSCN1375

IMG_20191201_180110 (2)

Vir die ekonomie, van die omgewing, is dit ‘n groot inspuiting. Huise word gebou en die plaaslike besighede floreer. Die ouer plaaslikes kla. Kry ek Steffan, verlede week in die hardewarewinkel, hy is al tien jaar hier. Ontevrede. Die nuwe gesigte, befoeter die mark. Sy taal, was bietjie meer kras. Ek wil grond koop, om nog bome te plant, maar teen die prys, wat hierdie mense dit opgejaag het, is dit onmoontlik. Ja, antwoord die eienares, van die winkel. Hulle betaal, baaie vir ‘n tuinier, nou soek die werkers in die winkel, ook daardie geld en dit is onmoontlik. In die stilligheid, wonder ek, jy het nou net gesê, hoe goed dit vir jou besigheid is??

Op drie verskillende plekke, is ‘n ontwikkelaar nou besig, om grond voor te berei, vir die verkoop van erwe. Duidelik gemik op moontlike kliënte uit Europa, as ek so na die advertensieborde en die name kyk. Wiesen, sommer baie naby aan die Duitse begraafplaas.Toegangspaaie en strate, word gebou. Penne word ingeslaan, wat erwe aandui. Enkeles, is al so effe omhein, met ‘n paar bome, vrugtebome, reeds geplant. (Met die aanskoue van die naam Westfalia, verlang ek na wyle Abel, saam met wie ek, ‘n ‘n besoek gebring het, aan die Westfalia Landgoed, naby Mooketsi.) Effe aan die kleinkant, maar ek dink baie van die nuwe kliënte het besef, om nie dieselfde fout, as die eerstes nuwe Duitse intrekkers, te maak nie. 10-20 hektaar, is nie groot genoeg om te boer nie en net groot genoeg om ‘n ergernis te wees om skoon te hou. Hulle verdeel nou ook hulle plotte, of plant bome.

Ry, in enige rigting, van ons kolonie, oral nuwe huise. Wonder, of hulle gaan belangstel, in hierdie erfies, tyd, sal leer. Dalk, moet ek vergeet, van die oud-diplomaat, wat destyds, toe ons besluit het, om te kom, pront uit gesê het, ons is dom om hierheen te kom, want Paraguay, is kwansuis die lies van Suid-Amerika.

Hasta la proxima

Entrevista con Carsten Pfau sobre EcoVita Country Club

Choppfest 42 2019

Sleutelwoorde

,

Bykans, 9 maande voor die eerste Saterdag van November, begin die komitee, al met die. voorbereidings, vir die groot dag in die kolonie, die Bierfees.Elke jaar meer mense,vanjaar, het die ekonomie ‘n rol gespeel en het hulle nie die verwagte 20000 gehaal nie, maar dit word beskou, as baie suksesvol, die 42e Choppfest, van Colonia Independencia. Byna 17 000 het opgedaag en die hitte,het gemaak, dat van 72 000 liter bier, nie veel oorgebly het nie.

DSCN1310 (2)

DSCN1316

DSCN1320 (2)

DSCN1334

Vir ons, ek wil nie die gesegde, oues van dae, gebruik nie, maar, die wat hul kant gebring het, verkies om dit nie meer by te woon nie. Die lawaai, sommige, noem dit musiek, is net te oorverdowend en kan daar nie juis gekuier word nie. Tussen die vier platforms, waar musiek gemaak word, sal daar seker een wees waar ‘n orkes speel, wat luisterbaar is. Die samedromming, van die mensemassa, kan ‘n mens, engte vrees laat kry. Vergelyk, die oggend en aand se foto’s. ‘n Hele verskeidenheid van orkeste, het opgetree. Saterdagoggend, het ek ‘n draai gaan maak om te sien hoe die laaste afrondingswerk vorder. Op die oog af, alles nog effe chaoties, maar ondervinding, het geleer, dat wanneer die hekke om 6 open, alles in plek sal wees. Goeie samewerking en gees, tussen die 3 kolonies, Independencia, Carlos Pfannl en Sudetia, wat dit eintlik aanbied.DSCN1344

DSCN1332

chopp 3

DSCN1330

chopp 1

DSCN1346

chopp 5

Kos, was daar genoeg. Tradisionele asado (braaivleis en slaai), eisbein en verkillende Duitse worse, in hamburgers en warmbrakke en natuurlik as nagereg en soetigheid, tradisionele Duitse koeke en terte.

Met die terugrit, na my “inspeksie”, weet ek dat wanneer, die euforie van die oggend se oorwinnig in Japan en die uitwerking van die bier weg is en die daaglikse uitdagings in die gesig gestaar word, die besef sal kom, dat die wêreld nog maar presies dieselfde gaan wees.

Sondagoggend, met ons koffie op die stoep, hoor ons steeds die doem- doem doem, van die basghitaar, oor die bulte kom. Snaaks, mens is nie eers bewus van daardie instrument, as jy naby die orkes is nie, maar oor hierdie afstand, is dit, al wat jy hoor.

Hasta la proxima.

Expo Guaira

Sleutelwoorde

,

Of dit toe eintlik die moeite werd was, nou ja…….. Ons, het geweet, Saterdag, gaan dit duurder wees. Dit, hoofsaaklik, omdat daar gewoonlik, een of ander popgroep gaan wees, die aand en daarom die duurder toegang. Ons, kon nie vroeër die week, gaan nie en vir Sondag, is daar reën voorspel. Dus was dit Saterdagmiddag.

DSCN1268

DSCN1278

DSCN1270 (2)

Ons, woon in die kleinste provinsie, departement, soos dit hier, bekend staan, Guaira. Elke departement, hou ‘n Expo. Om een of ander rede, is hier nooit ‘n Expo gehou nie. Vanjaar, verlede week, was dit die derde Expo Guaira. Aangesien, ek nie meer direk by boerdery betrokke is nie, kom ek selde meer by sulke plekke. Die ou verskoning, geld nog steeds. As jy by een was, hoef jy eers weer oor 5-6 jaar, dit, by te woon, maar toe gevoel, aangesien, dit so naby is, wil ons ‘n keer gaan loer.

DSCN1274

DSCN1277 (2)

DSCN1298 (2)

6 km,van die provinsiale hoofstad, Villarrica, op die plaas, estancia, van die familie Sosa, word die Expo, nou gehou. Gou, het ons besef, dat ons dalk ons tyd en geld, beter kon spandeer.’n Klompie motorhandelaars, die gewone stalletjies, baie, met Sjaainies Shiet, die orgidee en vetplantjies, is altyd mooi. Diere, mooi, vetgevoer, niks so mooi soos mieliemeel nie, maar groot ontnugtering, vir die kopers, van daardie ronde, dik bulle. Skaap, seker maar dieselfde. Dorpers, Texels en Hampshire Down en tot Boerbokke.

DSCN1283 (2)

DSCN1285 (2)

DSCN1292 (2)

Met die uitgaan, ‘n lekker draairoomys. By die nabetragting, besluit die vriende, wat saam was. Ons, sou baie beter nut van ons geld gehad het, want daarmee, kon ons ‘n goeie bottel Whiskey en sappige steak gekoop en dit genuttig het, maar daar sou nie draairoomys wees nie. Sondag, het dit toe nie gereën nie.

Hasta la proxima

James of te wel Jaime

Sleutelwoorde

,

Die meeste, van ons aardlinge, is maar doodgewoon, soos ek en jy. Doen ons daaglikse take en kan seker beskou word, as effe vervelig. Dan, op ‘n dag, kruis jou pad, die van iemand, na ‘n rukkie, kom jy agter, dat hierdie persoon, anders is, as ons vales. Ek dink terug, my standerd agt, Latyn. Rara Avis. ‘n Rare bird. Nou nie, dat hierdie mense, op die oog af, van ons verskil nie maar na ‘n kort gesels, besef jy, hulle is heeltemal anders en dit meer gepas is, om te luister en van hulle meerdere kennis te geniet.

Jaime of te wel, James Wright, en my verbintenis, kom van 1994 af. Dit is aand, en ons is op ‘n bus, oppad na die Chaco, die westelike deel van Paraguay. Stiknag donker, platter as plat, daardie deel. Die Spaans, nog baie beroerd., ons het pas hier geland. Ons weet, dat ons by Los Pioneros, moet afklim, om ons vriende, die Welmans, te besoek. Ek probeer die busbestuurder, se assistent, verduidelik, dat ons daar, wil afklim. Rampspoedig. Verskyn daar, ‘n rysige gestalte, agter my en hy begin Engels praat. ‘n Engel, wat Engels praat en hy verduidelik, ons is nog nie daar nie, maar hy, die assistent, weet en sal onthou. Natuurlik, hou die gesels aan, tot ons moet afklim. Die kontak, was gemaak en het behoue gebly. Die afgelope tyd, sien ons mekaar redelik gereeld en elke keer, ‘n aangename ondervinding. Sy goeie vrou, Martha, het gehelp, om ons gemeenskaplike vriend, Bernard, te versorg, gedurende sy laaste dae. Sy verdien, ‘n medalje en ‘n blog. Hierdie blog, gaan oor haar pleegouers, die Jonese. https://coetzeeblog.wordpress.com/2008/11/06/die-jonese/

james 3

Die jong James, wou nie ingehok, wees nie. Die ouderdom, van 13 jaar sien hom, in sy eerste beroep. Melker, van 40 koeie. Hy noem, dat hulle nie soveel melk gegee het, as sommige van vandag se kuddes nie. Vir vier maande, kon hy dit doen. Die loon, 3200 Guaranies per maand. Daarna, is hy saam met sy pa, indiens geneem, deur ‘n Amerikaanse houtmagnaat, Stanley Diefendahl. Hy, het destyds 21000 ha besit en James se pa moes die bome merk, wat gesaag moes word. Hy, James, moes hulle meet en dan die berekening maak, hoeveel kubieke meter hout, daar in elke stam was. Die goeie salaris, van 10000 Guaranies per maand. In vandag se geldwaarde, n mooi Hamburger se prys. Vir ongeveer 2 en ‘n half jaar, het hy saam met sy ouers, hierdie werk verrig en intussen ook alles gelees, wat hy in die hande kon kry. Veral, oor die geskiedenis van Paraguay. Min mense, kan vandag, hom daaroor, iets leer.

james 1

Daarna vertrek hy, alleen, na die Chaco. ‘n Indiaan, Feliciano, neem hom onder sy vlerk. Leer hom alles, van die spesefieke stam se kultuur en tradisies. Hy het sy geld verdien met die skiet van kaaimans (of is dit kaaimanne?) en die verkoop van hulle velle. Die vang en verkoop van wilde perde en wilde beeste en die span van draad. Gedurende sy verblyf daar, het hy vier maande lank, stoksielalleen, te perd, daardie, soos dit destyds bekend gestaan het, groen hel, deurkruis. Die doel, was om met niemand te praat nie.

Daarna,het hy suksesvol, verskeie estancias (beesplase) bestuur. Deesdae vervaardig hy organies bokmelkkaas, vryloop hoenders en eiers, waarvoor, daar ‘n baie goeie mark is, hier in die Ooste van Paraguay. Ek,verstom my steeds aan daardie geheue. Noem ‘n geleentheid en hy weet van wie, waar en wanneer, wat ons nuwe land, ken. ‘n Merkwaardige man, met ‘n brein soos min, wat die lewe leef.

Pssst, hy het my herinner aan daardie eerste ontmoeting. Ek het hom nie, die presiese datum gevra nie, maar ek is seker, hy sou my sê.

Hasta la proxima.

Sjainies Shiet

Sleutelwoorde

, ,

Dit, was die jaar 1988, kry ek en die vrou van die huis, gelyk geelsug. Nare siekte. Alle siektes is seker maar naar. Paar dae in die hospitaal en daarna, dr Engelbrecht, baie ernstig. Jy, moet eintlik, ses weke in die bed bly en jou baie stil gedra, die lewer, jy weet.. Natuurlik, word sy opdrag, uitgevoer, maar wat is daar te doen, behalwe lees en TV kyk. Destyds, was daar, een of ander middag, ‘n buitelug program, lankal, die naam, vergeet. Daar besing hulle, die wonderlike eienskappe, van die Weberbraaier. Nog onbekend in SA. Die geskiedenis, van my braaiery, hoewel baie lief om te braai, was dat my familie en vriende altyd, ‘n bespotting gemaak het, van my toerusting. Primitief, het iemand, dit genoem. Let wel, niemand, het ooit honger gehad of te laat geeet nie. Net daar, is die besluit geneem. Die eerste een wat ek raakloop, die koop ek.

Baie kilogram vleis, is suksesvol, op daardie Weber gebraai en dit was die einde van die bespotting en goed, vir die selfbeeld, wat aanflarde was. Die heerlikste skaapboud, later, my spesialiteit. Die foto, van die laaste boud, by die kinders in Dubai. Met ons trek, omtrent, die eerste, wat in die vraghouer gepak is. ‘n Jaar of wat, na ons aankoms, kry ons besoek, van ‘n paar Weskusmense, onder andere Zirk Bergh, wat later, om heeltemal die verkeerde rede, bekend geword het. Hy, het besluit, om nog ‘n maand hier te kuier. Elke aand, het hy kampvuur, in die braaier gemaak en so my Weber verwoes. RIV Zirk.

sjainies 1

Geen Webers, hier beskikbaar nie. Baie, baie ander modelle. Ongeveer, ‘n jaar gelede, vang my oog ‘n namaaksel van ‘n Weber, in ons Superseis supermark en ook teen ‘n goeie afslag. Selfde middag, met die aanmekaarsit, die besef, hierdie, is ‘n baie swak Sjinese namaaksel. Die (Ons) rekenaarman, die Brasileiro, Mauro, sou dit, in omtrent die somtotaal, van sy Engels, as Sjaainies Shiet, beskryf. Vir daardie afslagprys, kon ek seker nie beter verwag nie.

DSCN1220

Die ou braaiertjie, doen sy ding, maar sy leeftyd sal seker binne ‘n paar maande om wees. Die ou roostertjies, nie veel dikker as ‘n hekelnaald nie, die res se verf, baie afgeskilfer. Geen ennamel, soos die regte Weber nie. Nou weet ek hoekom hulle daardie pryse het.

DSCN1218

Goedkoop koop, is eintlik duur koop, maar wat maak mens, as daar niks anders beskikbaar is nie. Ek jok, daar is baie ander beskikbaar, maar nie Weber nie.

Hasta la proxima