Water

Sleutelwoorde

,

Water is lewe, dalk ‘n geykte uitdrukking, maar saam met ‘n paar ander noodsaaklikhede, is dit steeds waar. In Julie 2008, het ek die blog geskryf, oor ons huis se put en die skoonmaak, kyk onder aan hierdie blog. Soms, duik omstandighede op, waar ‘n meer standhoudende en sterker water nodig is. Dan gaan dit oor ‘n waterwyser, ‘n mikstok, baie, in SA, het geglo, dit moet van ‘n bloubos afkomstig wees, of van koperdraad of ander loop met ‘n bottel op die hand en daar waar hy omval, is die aar. Nie altyd, waar dit gerieflik is nie, maar die dankbaarheid as daar goeie water is, maak dit ‘n nietigheid. Hier, nie so nie. Slaan die pen en daar sal jy water kry. Diepte, kan dalk verskil, afhangende van jou hoogte.

water 5

Foto van Wikipedia

Hierdie deel van die wêreld, is baie gelukkig, volgens die Googlekaart, is die tweede grootste, onderaardse varswatermeer, die acuifer Guarani, hier geleë. ‘n Groot deel van Brasilië, Paraguay, Uruguay en Argentinië, het vars water onder hul oppervlaktes beskikbaar. Dit beslaan ongeveer 1200 miljoen vierkante kilometer. Vanaf 50 meter, tot wie weet hoe diep. Om dit effe in perspektief te stel, dit is, genoeg water, om ‘n wêreldbevolking, van 7 biljoen mense, vir 200 jaar van drinkwater te voorsien.

IMG_8619

Die dogter van die huis, bedryf ‘n redelike varkboerdery van 140 teeldiere, wat beteken dat daar pal ongeveer 1200+ diere is, wat heelwat water benodig vir skoonmaak en drinkwater. Hulle put, kon duidelik nie meer die pyp rook nie en gevolglik, moes daar geboor word. Wat ‘n plesier, om hier te boor. Ongeveer half agt, het die Deutz enjin begin dreun, dieselfde formasie, geen ysterklip, niks. Ongeveer om12:00 spoeg hy goeie water, 60 meter, en hulle besluit om te gaan tot 100 meter. Toe, is hulle tevrede en reken 40 000 liter per uur. Oorgenoeg. Vra ek Ruben, die boorman, wat is die diepste, wat julle gegaan het, Verlede week, soos die kraaivlieg, ongeveer 14 km van hier, het ons 220 meter, in ‘n dag en ‘n half gedoen en baie water gekry.

water 3

water 2

water 1

IMG_8614

Ek dink oorlede oom Maan, die legendariese boorman van Smithfield, sou dit hier geniet het. Die Dreyerstampboor, geen probleem met ysterklip en ander harde formasies nie. Water en genoeg, slag vir slag. Geen droeë gate nie. Monica Haddad, ek het jou foto gesteel, van die buurman, se boordery.

water 6

Dink, iemand wat werklik, kan waterwys, sal ‘n miljoener wees, maar nie hier nie.

Hasta la proxima

Putsonderwater.

Die Dokter

Sleutelwoorde

Deesdae, het elkeen sy eie dokter, tandarts, ginekeloog, onkoloog, boekhouer, prokureur, advokaat ens ens ens. Die laaste een, klink net vir my na groot moeilikheid. Dit is, wanner mens, ‘n stille toehoorder, in ‘n gesprek is, luister na die klem, op daardie MY. Gelukkig, het ek, nog nooit die gevoel gehad, om so ‘n professionele persoon vir my, toe te eien nie. Waar, is die dae, toe die GP, veral op die platteland, al die gewone bevallings, waargeneem het?

Die vrou van die huis, se woonstel, in Brasilië, op die grens van Paraguay, maak dit maklik, om weerskante, van die grens, bedien te word. Soek ek ‘n dokter, om my ‘n voorskrif te gee, vir die roetine jaarlikse analises. Verkies, die Spaanse kant. Portugees, bly nog moeilik. Hulle verstaan my, as ek Spaans praat, maar as hulle in Portugees antwoord, sukkel ek. Al is hulle, by die grens, is hierdie deel van Paraguay, oorheers deur die Brasiliane en doen nie moeite om Spaans te leer nie. Word ek verwys na die Kubaanse dokter, net aan die anderkant van die grens. Hy sal sekerlik Spaans praat. Met my vooroordeel, na die geskiedenis van SA met Kuba, wend ek my tog na hom. Soos, so gereeld, moenie dat vooroordeel, jou vooraf beinvloed nie.

DSCN0944 (1)

Net anderkant, die niemandsland, tussen Paraguay en Brasilië, naby waar die vlae van die twee lande hang, daar, is sy splinternuwe kliniek. As ek die twee vlae so kyk, dan moet Paraguay, defnitief oorheers. Dr Yudilbanis Cruzata Carrazana, staan dit, op sy deur. ‘n Vriendelike man, spontaan en ons verstaan mekaar, van die eerste oomblik. Nadat die formaliteite afgehandel, is daar tyd vir ‘n paar oomblikke se gesels. Hulle, hy en sy vrou, dra Raicel Delgado, bevind hulle al 6 jaar hier. Vir ‘n jaar of twee, het hulle vir die Braziliaanse regering gewerk, daarna, het hulle hul eie praktyk, hier aan die Paraguaykant, van die grens begin en hul eie kliniek oopgemaak. Spesialiste van die Paraguaanse stad, Pedro Juan Cabbalero, kom elke Saterdag hierheen, om by die kliniek, mense te sien. Oorweeg julle dit om terug te gaan? Nee, maar ons gaan elke Desember, vir ongeveer 2 maande terug na Kuba, om ons familie te besoek. Orals, maar die verlange, na die familie en vriende. Beduie hy, dat ‘n vriend en kollega, van hom in Suid -Afrika is, Upington, is die plek se naam. Na, die groet, by die deur van die spreekkamer, is sy laaste woorde: My kollega, in Suid – Afrika, is swart. My antwoord: No importa,

DSCN1151

DSCN1150

Ek weet, daar is baie gepraat, oor die Kubaanse dokters in Suid- Afrika. Met my beperkte mediese kennis, dink ek, hy is deeglik en weet wat om te doen. Of ek hom, my dokter sal maak, weet ek nie, maar ons is klaar goeie vriende.

Met die inklim, wonder ek, ‘n paar oomblikke, oor die verwysing na sy kollega, as swart. Dalk, nie belangrik nie.

Hasta la proxima

Bekommernis

Sleutelwoorde

Ons is bekommerd, soms dalk meer as sommige, wat dalk effe, kop in die sand is. Die hoeveelheid navrae, op verskillende Fb groepe, op Messenger, op WhatsApp en tot met e-posse, laat ons besef, dat daar groot onrus heers, by baie van die Suid-Afrikaners. Dit grens aan wanhoop en neerslagtigheid.

Gereeld, kom die vrae, werksgeleenthede, skole, gesondheidsorg dan die, wat baie, hoofbrekens besorg? Die taal en geld en alles wat daarop betrekking het? Soms, kom daar antwoorde, wat nie heeltemal, die ware prentjie skilder nie. Dit is, ongelukkig, nie ‘n geval van net jou tasse pak, op ‘n vliegtuig te klim en hier kom vestig nie. Daar is, sekere dokumente, wat nodig is en daarvoor moet die regte prosedure gevolg word. Ongelukkig, met die onbevoegde persone, wat deesdae, die kantore van Binnelandse – en Buitelandse Sake beman, kan dit, in nagmerrie ontaard, veral as ‘n familie redelik haastig is.

Dan, die kwessie van geld. Die ontnugtering, wat vir my, baie sleg is, as die meeste besef, dat hulle fondse, ontoereikend is. Sommige, se hartverskeurende versoek, kan ons nie net vir kos en verblyf, kom werk nie. Dit, maak vir ‘n magtelose gevoel. Min van die handjievol, van ons mense hier, is in so ‘n posisie, dat hulle, werk kan verskaf, wat mense so ‘n skuif kan laat maak. Ons is magteloos. In enige land, is daar sekere prosedures, wat gevolg moet word en daarvoor is ‘n minimum bedrag nodig, daarby, moet lewenskostes gevoeg word, tot die prosedure afgehandel is.

Ouers, wil nie sonder hul kinders en andersom. Soms, dan die tragedie, dat een van die groepe, tog wel gaan en die ander moet agterbly.

Wat baie duidelik is, dat dit oor die algemeen, nie meer land is, waarin daar kommervry, gewoon kan word nie, hoewel baie, oënskynlik, nog so ‘n lewe voer en ‘n positiewe skyn voorhou. Baie is bekommerd, oor die situasie. Daar is diegene, vol bravade, ons sal veg, vir wat ons s’n is. ‘n Baie selfsugtige stelling.

Ons sal aanhou verlang, na familie, vriende en goeie tye, so sal ons bekommernis, seker ook maar voortduur.

Hasta la proxima

Dorpe en Name

Sleutelwoorde

, ,

Tipies Derde Wêreld, sou sommige sê, ja, julle wou mos daarheen neuk, maar 25 jaar gelede, met ons koms, het ons baie deur dorpe gery en nie ‘n idee gehad, wat die naam van die plekke was nie. As jy, nie, per toeval, by die munisipalekantore verby beweeg nie, was jy in die middel van die wêreld. Onthou, dit was die dae, voor GPS’e, kaarte was skaars. Nadat ons, wel een bekom het, het dit heelwat beter gegaan. Kon daar ook, ander roetes en paaie bestudeer word. Destyds, het die nommerplate, ook die name van die distrikte van herkoms bepaal, wat nogal, gehelp het. Dit het intussen verander, met die rekenarisering van nommerplate en nommers, wat permanent aan ‘n motor toegeken word.

johan 10

dorpe 12

dorpe 8

dorpe 11

dorpe 14

dorpe 1

dorpe 2

Nog ‘n verwarrende faktor, was die name van besighede in die dorpe. Farmacia Santa Maria, Comercial Santo Domingo, Sanatorio San Jose, Santa Rosa, San Pedro, San Lorenzo, Supermercado Santa Elena, Santa Isabel (Elizabeth) en veel meer. Baie vernoem, na Bybelse heiliges, en tussen daardie name was daar dalk, ‘n aanduiding van die dorp, maar hoe sou ons, dit nou weet? Baie min besighede, so ook estancias (plase) dra die name van die eienaars.

dorpe 7dorpe 6

dorpe 5

dorpe 4

dorpe 3

Opmerklik ook, die strate, in feitelik elke dorp, die baie, met dieselfde name. Vernoem na heiliges, oorlogshelde en belangrike dae in die geskiedenis. Die gewilde straatname, sal dan ook iewers ‘n stad of dorp, na die persoon of gebeurtenis, vernoem he. San Pedro, President Carlos A Lopez, Fulgencio Yegros, Genl Eugenio A Garay, Boqueron (‘n veldslag van die Chaco oorlog), Dr Jose R De Francia, Genl B Caballero, Dr Walter Insfran, 14 De Mayo en 15 de Augusto ens, ens, ens. Soms, is daar ‘n borsbeeld, van die held, na wie die dorp, vernoem is.

IMG_8487

IMG_8493

Wat ek eitlik, wou noem, is dat daar deesdae, ‘n gebruik, posgevat het, om by elke dorp se ingang, ‘n groot verwelkoming, oor die pad te plaas en ‘n groot struktuur, meesal van konkreet, te maak, van die dorp se naam.

Nou weet nuwelinge, ten minste, waar hulle hul, bevind.

Hasta la proxima

Skille

Sleutelwoorde

Ry ek. ‘n paar dae gelede, met vriend Jaco en ‘n vriend van SA, wat hier op besoek is, Johan, doer in die provinsie van San Pedro, die wêreld van Nueva Germania, met sy geskiedenis van Bernard Förster, getroud met Elizabeth Förster-Nietzsche, die suster van die Duitse filosoof. Wilhelm Frederich Nietzsche. Förster, met sy droom, van ‘n leliewit Ariese ras, waarvan niks gekom het nie, behalwe ‘n klompie blonde kinders, wat nog af en toe te sien is, wat eintlik net Guaranie, die plaaslike inboorlingtaal magtig is. Hierdie blog, gaan nie juis oor daardie episode nie, daaroor, het ek al hier geskryf https://coetzeeblog.wordpress.com/2014/05/16/aan-die-neus-gelei/

DSCN1080

DSCN1082

DSCN1081

Met die ry daar, bemerk ons, drade, om die huise, van die plaaslike inwoners, behang, met die skille van sitrus, om te droog. Jaco, besluit om stil te hou en te vra, waarvoor dit gebruik word en dalk kan dit ‘n goeie blogstorie wees. Dalk die moontlikheid, om hierdie industrie, uit te brei. Met ons handeklap, kom ‘n maer vroutjie, effe wantrouig, nader. Ons besef, dat sy nie eintlik Spaans magtig is nie en ons Guaranie, is nie voldoende, om die nodige inligting te bekom nie. Is hier nie iemand, wat Spaans praat nie? Dit verstaan sy gelukkig en beduie vir ons, om net ‘n oomblik, te wag. Sy draai om, gesels met een van die nuuskierige kinders, wat nader gekom het. Diè, hardloop vinnig weg en vir ‘n oomblik, wonder ek, hoeveel atletiek talent, is hier, onontgin. Die vriendelike vrou, Nilda Galeano, kom nader. Sy vertel, dat daar 3 soorte skille is. Die van die geënte suurlemoene, wat teen 5000 Guaranies/kg verkoop word, dit is ongeveer R11, die van die Apepu hài, teen 4500 G/kg en Apepu blare, 2500. Dit is gedroog. Wat maak julle daarmee? Ons verkoop dit, aan ‘n man, wat hierdie tyd, hier verby kom. Wat maak hulle daarmee? Hier, trek almal, want, ons het by nog ‘n paar plekke stilgehou, hulle skouers op. Geen idee nie. Hoe lank, neem dit om droog te word? So 3 dae, as die son lekker skyn. Ons kyk maar na die weervoorspelling, voor ons skil, want as dit natreën, moet ons dit weggooi. In elke bedryf, speel die weer, ‘n rol.

DSCN1083

Dr Google verduidelik later, dat die vrugte se skille èn blare vir die vervaardiging van essensiële olies, gebruik word, word plaaslik, ook aanbeveel, vir die heling van sekere siektes. Skynbaar is daar Verbruikersorganisasies, wat dit nie aanbeveel nie, nou wonder ek maar net?

Of Jaco, die entrepeneur, onder die Suid-Afrikaners hier, al besluit het om die moontlikheid, van ‘n meer georganiseerde uitbreiding, van die nywerheid, te ondersoek, sal die tyd leer.

Hasta la proxima

Apepu

Spong and Co se Meuletjie

Sleutelwoorde

,

Ek dink, almal, wat hier lees, weet dat ons lief is vir ons eie wors. Gemaak volgens ouma se resep, moet net noem, dat ons ‘n wysiging of wat aangebring het. Dit is nou ook nie ‘n staatsgeheim nie en ek sal dit later noem. Vir ons, is dit baie lekkker wors en die meeste, wat al saamgeeet het, dink ook nogal so. Soms mag mense dit nie eet nie, want hulle geloof laat dit nie toe nie, daar is dan vark in. ander noem, dat hulle allergies is vir vark. Gelukkig, laat dit, dan meer, vir ons.

spong 4

Ons nuwe Ozzie vriende, ja selfs van Australië, trek daar mense hierheen, nie net die Duitsers nie, noem ‘n paar dae gelede, dat hulle baie lus is regte, egte boerewors. Hulle is nou moeg vir al die Duitse worse, wat hier beskikbaar is. Geen probleem nie ons het ‘n lekker resep. Ja, maar ons het nog nooit eintlik self gemaak nie. Ons gaan maak sommer vir julle. Kry al die bestanddele, ons sal met julle regmaak. ‘n Lekker kuier, gekombineer, met ‘n bietjie werk.DSCN1036

DSCN1038

spong 3

Sê die vrou van die huis,’n dag of wat, voor ons gaan, ons sal moet naeltjies en koljander maal. Ons het nie genoeg vir ons normale 10 kg resep nie. Gaan haal die ou meuletjie, wat nommerpas is, vir die takie, van die rak af, in die buitekamer. Verrrassing! Hy is toetenaal vasgeroes. Die hoë vogtigheid en, dalk nie goed skoongemaak nie, die oorsaak. Ter verskoning,moet ek darem noem, ons het ‘n ruk terug, ‘n goeie voorraad gemaal en in die vrieskas gebêre. Dus, hom lanklaas gebruik. Onthou, dit was nog ouma Lizzie se meule, dus, maklik70-80 jaar oud. Egte kwaliteit.

Hoe nou gemaak? Ek is nie lus, om die 7 km natpad, aan te durf om ‘n nuwe te koop nie. Dus moet Spong & Co, se nommer 3 meuletjie oopgemaak en skoongemaak word. 5 skroewe (wat eintlik maklik losgekom het)en ‘n tikkie met die hamer en siedaar, hy is in 4 bewerkbare stukke. ‘n Klein vyltjie, skroewedraaiertjie, staalborsel en nie lank nie, toe is al die roes weg. Hom goed geskrop en later, na hy aanmekaar was, ‘n handvol hawermout deurgemaal, net om seker te maak, dat hy goed skoon was.

Volgens Google, het James Osborne Spong in 1856 die besigheid begin, die vervaardiging van “domestic machinery”. Tot ongeveer 1970, het nageslag van James Osbrne Spong, nog sekere goed vervaardig, oa motoronderdele.

‘n Aangename dag, met vriende gespandeer, lekker gesels en bietjie gewerk. ‘n Goeie middagete, met regte boerewors as hoofgereg. Die gasheer en -vrou beindruk. Bel hy die volgende dag, om net weer te bedank en noem, terloops, dat hulle die aand weer wors gehad het, daar het bietjie oorgebly vir ontbyt, maar dat hulle middagete, weer gaan wors he.

Ek voorsien, dat ons binnekort, weer sal gaan help.

Hasta la proxima

https://www.gracesguide.co.uk/Spong_and_Co

Asamblea 2019

Sleutelwoorde

,

Dit is weer daardie tyd van die Jaarvergadering. Re-organisasie. Die werwing van stemme, nie op ‘n politieke grondslag nie, maar amper net so ernstig. Dit is nou vir die bestuur van die Duitse Sportklub en vir die direkteure van die plaaslike koöperasie. Verlede naweek, die van die sportklub en vandag, Sondag, die van die koöperasie. Eersgenoemde, ‘n rustige byeenkoms. Geen verrassings nie en afgeloop, soos beplan.

asamb 1

asamb 2

Die prosedure hier, is as volg. ‘n Groep besluit, hulle wil graag aan die stuur van sake staan en hulle kom dan op lys A, indien ‘n ander groep, voel dat hulle, dit wil doen, kom hulle op lys B. Indien ‘n persoon, van die vloer af voorgestel sou word, besluit hy/sy, by watter groep hy/sy wil wees, word daar tussen die lede van die groep gestem, Indien, daar niemand is nie, word slegs die letter van die groep, van jou keuse gemerk. Soms, omslagtig en soms weer, word dinge baie vinnig afgehandel.

asamb 3

Die afgelope tyd, word wat in SA, as die Onafhanklike Verkiesingskomitee,bekend staan, gebruik, om al sulke verkiesings te monitor en te sien dat daar geen geknoeiery is nie. Ek, kon nog nie mooi agter die kap van die byl kom nie. Is dit om korrupsie, hok te slaan, of om te voorkom, dat daar dalk ‘n moddergooiery kan wees, deur lede wat ander van allerhande dinge verdink nie, wat dan seker sal neerkom op korrupsie of om hierdie mense, buite verkiesingstyd, ook besig te hou?Van die 99 lede teenwoordig, het 92 gestem vir lys A, die enigste, en 7 het oop stembriewe ingegee, wat seker dui, op een of ander ontevredenheid.

asamb 5

Wat nogal gaaf is, die afgelope paar jaar, is dat daar ‘n tafel, spesiaal, vir die oues van dae gereserveer word. Dus hoef ons, nie meer met jou bord, in die tou te staan, om kos te skep nie. Die ete, soos normaal, braaivleis; bees, vark en hoender en slaaie en natuurlik, mandioka, word vir ons bedien.

Die vergadering, van die koöperasie, vind nou vandag, plaas. Dit, beloof, om baie interessanter, te wees, want daar is allerhande gerugte, van ‘n poging, tot ‘n bewindoorname. Hou die spasie dop.

Hasta la proxima

Tantes en Ooms

Sleutelwoorde

,

Soos ons opgevoed is, tien jaar ouer, dan is dit oom en tante. Goed, hoe ouer mens word, hoe groter word die gaping, dalk, om daardie oom en tante, weg te laat, maar net soms. Kom ek, ‘n rukkie terug, tot die skokkende gevolgtrekking, dat daardie ooms en tantes, besig is om weg te raak. Nie weg, sodat ons nie weet, waar is hulle nie, maar na daardie waters waar rus is. Die drumpel, wat ons almal, een of ander tyd, alleen sal moet oorsteek. Dan, die wete, ek skuif nader, na die voorpunt, van daardie tou. Soos ‘n wyse oubaas gesê het, die jonges kan gaan, maar die oues moet gaan.

Met ons aankoms, 25 jaar gelede, was ons bevoorreg, om ‘n hele paar ooms en tantes, hier aan te tref. Sommige landgenote, ander plaaslike inwoners. Mense, met ‘n leeftyd se kennis en ondervinding. Mense, wat ek sonder om te huiwer, kan sê, dat hulle altyd bereid was, om met raad en daad, bystand te verleen. Mense, met integriteit en duidelik, staatmakers. Sommige, ongelukkig, nie meer met ons nie. Hulle teenwoordigheid en wysheid, het ons destyds, veral gedurende die eerste moeilike jare, die selfvertroue gegee, om aan te hou en uit te hou en ons laat besef het, dat dit tog nie so ‘n sleg idee was, om hier, te vestig nie. Baie ander, het anders besluit en ek glo, dat sommige, jammer is, dat hulle nie maar uitgehou het nie.

ooms 5

ooms 8

Onder die tantes, 3 waardige dames. Tant Annie, tant Sannie en tannie Rina. Elkeen, op sy manier,nog baie bedrywig, aktief en ‘n voorbeeld, ten spyte van een of ander ouderdomsprobleem. Oor die twee Duitse Onkels, Onkel Paul en Onkel Oscar, het ek nie lank terug nie, geskryf. Ons landgenoot ooms, met oom Louis, gaan dit nie goed nie, oom Tiene se sig is besig om hom, in die steek te laat, maar oom Frylinck en oom Faan, is nog besig. Met my ou Engelse vriend.. Bernard, gaan dit ook nie goed nie.

ooms 1

ooms 9

ooms 10

ooms 2

ooms 7

ooms 11

Die les hier, vir my, jy is op geleende tyd. Maak die beste daarvan. Vermy, onnodige konflik. Indien jy, nie vir mense, belangrik is nie, laat hulle met rus. Toegeneentheid koop jy nie, wees maar net ‘n vriend, vir wie ook al, soekend na vriendskap is en loop die pad, reguit.

Hasta la proxima

Onafhanklikheid – 208

Sleutelwoorde

Die 14e Mei 1811, het Paraguay amptelik onafhanklik geword, na ‘n stryd met Argentinië, wat die grondgebied, altyd as provinsie van daardie land beskou het. Die dag, word gewoonlik, gekenmerk deur optogte van skole, universiteite, opleidingsentra en enige organisasie wat so voel. Die kleinste gemeenskappe, neem ook deel aan die vieringe. Die dag, word op baie plekke afgesluit, met musiekoptredes.

onafh 5

onafh 10

onafh 1

onafh 2

onafh 3

onafh 4

onafh 6

onafh 7

onafh 9

onafh 11

Die 15 e Mei, word moedersdag dan ook hier gevier as deel van die vierings van die onafhankliheid van die Moederland. Die 208e viering, het vanjaar plaasgevind, op ‘n helder, wolklose dag, wat baie welkom was, na die reën, op sommige plekke ernstige oorstromings, van die vorige week of twee. Die landsvlag, speel ‘n groot rol en die regeringsgeboue, word vooraf getooi, in die kleure van die vlag. Selfs, ‘n besoekende sirkus, het deelgeneem, met die vertoning van die vlag.

‘n Dag, wat mens laat trots en bevoorreg voel, dat jy hier kan wees.

Hasta la proxima

Foto’s van Gaceta Guirena en Portal 5 – Caaguazu

Die Beeswagter

Sleutelwoorde

Wanneer ons laatmiddag gaan stap, hoor ons hom, as hy uit volle bors, een of ander Guaranie of  van die gewilde Spaanse liedjies, sing. ‘n Goeie stem, nie so goed, dat dit hom beroemd sal maak nie, maar ten minste, het dit die klank van iemand wat gelukkig is. Tevrede, met sy dag se werk, oppad na sy huis toe, op die skimmelperd. Nie ‘n Appaloosa nie en ook nie ‘n Pinto nie. ‘n Pinto, is daardie bont perde, met duidelike kolle.

DSCN0988

beeswagter 2

Luis Alberto Godoy, is die bure se capataz of beeswagter, die cowboy. Elke dag, op sy pos. Hy kom van La Pastora. So ongeveer 90 km van ons af. Jy moet my eendag vertel, waar kom daardie naam vandaan en wie was die vroulike prediker? Ek sal onthou. Sy pa, is ‘n beesboer, maar die grond is te klein, om hulle altwee, te onderhou. Het as kind, altyd, met die beeste gewerk. Die afgelope twaalf jaar, is hy nou voltyds, as capataz, by beesboere werksaam en ja, hy sal graag sy eie grond, met sy eie beeste, wil besit.

DSCN0985

DSCN0987

DSCN0992

Mooi perd, wat jy het. Wat is sy naam? Tordillita. Die vertaling sou beteken, die gryserige een. Jou hond? Hy is Oso. Beteken beer. Waar ek gaan, daar gaan hy. Hulle, die perd en my hond, is my personeel.

beeswagter 1

Goeie lasso, daardie. Ja, hy werk mooi. As die koeie kalf, gebruik ek hom gereeld. Die kalfies, kry maklik wurms om die naelstringe, dan moet ek hulle vang en behandel. Al my goed, is in hierdie rugsak. Ek moet ook, die beeste kraal toe vat en sorg, dat hulle in die drukgang kom, maar hierdie beeste is maklik.

DSCN0993

Na ons geselsie, ry hy rustig verder. ‘n Oulike jong man en sy personeel.

Hasta la proxima.