Potjiekos, braai, droëwors, biltong, daardie, is bestanddele van ons kultuur. Potjiekos, het later bygekom. In my jongdae, was daar nog nie so iets nie. Dalk, gaan ek slae kry, maar ek het ´n vermoede, dat dit maar net ´n verskoning was, vir die mans om bietjie langer, die glas in die hand te he. Potjiekos, moet mos laaank en stadig prut, maar hierdie is mos nou nie waaroor dit gaan nie. Die kultuur van hier, is wat die tema is.
Dubbel vanne, dit is baie belangrik. Weet nie of dit ´n katolieke of Spaanse gebruik is nie. Dink maar aan die Spaanse tennisspeler, Arantxa Sánchez Vicario. Die laaste van, is die van die ma en sou die vrou trou, verval dit en word vervang met die man se van met de voor die van. Om twee vanne te he, is ´n ongesproke trots. As jy net een sou he, is dit die ma se van en weet sy , natuurlik jy ook nie, wie jou pa is nie en dít, is ´n teer saak, maar almal aanvaar dit so.
Nog ´n verskynsel, wat vir ons, vreemd is, is die vyftiende verjaarsdag van meisies, wat gelykstaande is aan ons een en twintigste verjaarsdag. Is verstommend, die bedrae, wat hulle, die ouers, spandeer, dompel hul self in die skuld, om so ´n glansryke geleentheid moontlik te maak. Hieroor, het ek ook al geskryf. Net so ontaard, die eerste verjaarsdag van kinders, in uitspattige geleenthede, waar die hoofrolspeler niks van weet nie, springkastele, disneylandtonele en al wat ´n lekkerny is vir die gaste, ´n groot “brag”, sou die ou oom gesê het. Ek klink nou soos ´n suur, vrekkerige oupa, wat nie vermorsing duld nie. Sosiale geleenthede, soos hierdie, begin ook gewoonlik, heelwat, na nege, saans. Skynbaar, maak die uitgenooides, ´n vinnige slapie, voor hulle dit bywoon. Terloop, is die een en twintigste in SA, nog baie belangrik?
https://coetzeeblog.wordpress.com/2009/03/22/vyftien/
https://coetzeeblog.wordpress.com//?s=quince&search=Go
Kleredrag: Byna 23 jaar gelede, was dit snaaks vir mans om kortbroek te dra. Met tekkies, was dit aanvaarbaar, maar met “bobby socks”, was vir hulle baie ongewoon. Nou hoekom dra julle nie kortbroek nie? O, nee, wat van die muskiete? Steek die muskiete nie die meisietjies, met die kort-kort rokkies nie? Dan kyk hy anderkant toe en die gesprek hou daar op. Net ´n kultuurding, mans moet langbroek dra, al het hy plakkies of skoene sonder kouse aan. Die gewoonte, is baie vinnig aan die verander, wat ´n goeie ding is, veral in hierdie klimaat.
Ou mense, word hier nog meesal, deur hulle kinders versorg. Die gebrek, aan goeie pensioen, het dit genoodsaak. Deesdae, raak pensioenplanne baie algemeen, hier en daar begin ouetehuise posvat, waar die inwoners, self betaal. Dit is, as die kinders, nie daarvoor kans sien nie. By hospitale is daar voorsiening, eintlik, word dit verwag, vir ´n vriend of familielid, om behulpsaam te wees met die normale pligte by die verpleging van ´n pasiënt. Volgens my mening, ´n goeie reëling, wat die koste van hospitalisasie, minder maak, want minder personeel hoef aangehou te word. ´n Paar Suid-Afrikaners is besig om hulle merk, in die mediesewêreld, hier te maak.
Is korrupsie of om korrup te wees, kultuur? Dit het ons hier beleef, moet darem by sê, dat daar ´n groot poging aangewend word, om dit hok te slaan. Sommige mense, kon wel, hier ´n les of twee kom leer het.
Kos, eet hulle nie maklik, wat op ander maniere berei word nie. Nee, dit is nie waar nie, as ons dit maak, sal hulle dit eet en vra en uitwys, dat dit vreemd is. Koljander, wat deel van ons boerewors resepte is, is vir hulle baie vreemd. Een van die voorbeelde, maar dan dink ek ook maar aan van ons mense, wat langtand aan van hulle geregte eet.
Mañana, mañana (môre, môre) is nie net ´n Afrika ding nie. Afrikatyd, ook nie. Om te reken dat hulle stiptelik sal wees, moenie daarop staatmaak nie, maar dit is ook weer ´n halwe waarheid. Daar is tog, op sekere plekke, soos dokters spreekkamers, waar ek nog nie agtergekom het, dat hulle laat is nie.
Daar is nog heelwat. Hulle liefde vir die vlag, die poppie, wat deel van die Katolieke kultuur is. Elke gemeenskap, stad of dorp, het so ‘n heilige, wat op ´n spesifieke dag in die jaar, gedenk word. Hul liefde vir musiek, in elke dorpie of distrik, is daar 3 of 4,kitaare, en of harp. As daar ´n verjaarsdag of ander okkasie is, word hulle genooi om te speel en te sing. Volksdanse, kleurvolle rokke en ´n bottel of kruik op die kop, waarmee gedans word, dit is nou die meisies. Kos, empanadas (halfronde vleispasteitjies) sopa wat nie sop is nie maar ´n mieliegereg. Sokker en asado (braaivleis). Laat ek op hou om te verveel.
Hierdie, is net my persoonlike waarnemings. Dalk, in ander dele van die land, mag dit anders wees. Wat ons vir ons self gesê het, neem wat goed en bruikbaar is, van die plaaslike kultuur, maar probeer om te voorkom, dat die negatiewe van hulle kultuur, nie deel van ons word nie.
Hasta la proxima
Sommige foto´s van Google gesteel.