Die indrukwekkende ingang en netjiese geboue, is dadelik ‘n bewys, dat dinge daar gebeur.
Jy kan amper dink, dat dit aspersies is. Net effe dikker,harder en witter. Ek hoop dat dit polities korrek is, om dit so te noem. Dalk, moet ons eerder, van ‘n ivoorkleur praat. Sommige hou daarvan, vir ander is dit maar net nog ‘n geblikte of gebottelde iets, om as versnapering, te gebruik, soos aspersies en olywe. Nooi ons Pohl vriende ons, om verlede week, die plaas, Ibel, te besoek, waar die meeste palmharte, ek dink, dat dit dalk die beste Afrikaanse benaming is, in Paraguay geproduseer word. Ongelukkig, toe nou buite, die oestyd. Dit is eers in Februarie. Ten spyte, van die feit, dat ons nie die fabriek of die oesproses gesien het nie, was dit tog ‘n baie aangename rit. ‘n Rit, deur ‘n gedeelte, wat ‘n klompie jare gelede, nog beeswêreld was, maar nou, onder duisende hektaar van soja is.
Bactris gasipaes, is die mees gewilde palm, vir die produksie, van hierdie lekkerny, vir sommiges. Die palm, doen veral goed, omdat dit suiers maak en dus nie elke keer gevestig hoef te word na oes nie. Gedurende die oes, wanneer die plant, tussen 3 en 4 meter hoog is, word die boonste groeipunt gebruik. Die bas word verwyder, tot die kern ontbloot is, wat sag en eetbaar is. Die finale produk, word dan gebottel of geblik, gepreserveer in asyn water. ’n Eie skool en restaurant.
Op hierdie groot plaas, word daar nog koffie geproduseer, maar die beesboerdery, het baie verklein. Weereens, die soja, wat alles verdring. ‘n Uitstalling in die kantoor, van al die pryse wat op skoue verower is, is ‘n bewys van die standaard van die beeste, waarmee geboer is. ‘n Paradys, in die kleine. Omdat dit ‘n redelike arbeidsintensiewe onderneming is, word daar goed na die werkers omgesien.
Volgende jaar, sal ons weet om betyds navraag te doen.
Hasta la proxima
Sommige foto’s, van Ibel se Facebook blad geleen.