Sleutelwoorde
Nav kommentare op Dina se blog, Onweerswolke, vra sy, dat ek iets moet skryf oor die kultuurverskille in SA. Oor die algemeen, bestaan daar nie veel verskille tussen blankes, van verskillende taalgroepe nie. Daar kan en sal hewig, daaroor, verskil word, maar op die end, sal dit oor nietighede wees. Hierdie, sal dus eintlik gaan, oor die verskille tussen blankes en swartes. Verskoon, as daar politieke onkorrektheid betrokke is. Onthou, asseblief, ek is geen volkekundige nie en hierdie gaan oor ‘n bietjie ondervinding, deur die jare opgedoen. Daar sal seker, baie, meer welbelese, deskundiges en studente, wees, wat met my, sal verskil. Vir baie lank, is ons, veral deur die kerke, geprogrameer, dat alle mense gelyk is, daarom, is ons denke, ook omtrent gelyk.
Boorling van die Suid-Vrystaat. Suid-Sotho wêreld. Baie arbeiders op die plaas. Baie swart maatjies, saam gespeel en kwaadgedoen. Saam slae gekry. Eintlik, destyds, my enigste vriende. Baie, baie ure, in die veld, deurgebring. Ouers, ons was agt kinders, was nie baie sosiaal nie. Die taal. Sotho, redelik goed gepraat. Vroeg, agtergekom, dat ons nie dieselfde is oor sekere dinge nie. Ek het dit, aanvaar en daar was, by my, ‘n houding om die verskille te vermy. Het aangeneem, dat dit taboe is, om daaroor te praat en uit te vra. As jong boer en later, as middeljarige, het ek daardie houding, oor hulle privaatheid gehandhaaf. Fout!
‘n Goeie vriend, in die Diplomatieke Diens, het Volkekunde gestudeer. Was in Malawië gestasioneer. Skakel my, kan hy my plaas oa, hy het ‘n hele paar plase gebruik, se werkers ondervra, hy is besig, met sy Doktorsgraad en dit handel, oor ‘n vergelyking tussen die kultuur, van ‘n stam in Malawië en die Suid-Sotho, onder die manlikes. Ook daar, het ek nooit, sy sessies, met hulle bygewoon nie, ‘n hele paar van hulle. Ons geselse, na die tyd, het my laat besef, hoe onkundig ek oor hierdie mense, wat my vriende was en ek byna, as my gelyke beskou het, maar heeltemal niks van hul kultuur en mentaliteit, geweet het nie. Dit, het my oë oopgemaak. Toe, het ek besef, dat daar groot probleme, gaan opduik.
Op die plaas, was ons, al die jare bekend met die donkerskole (inisiasieskole). Die kwethaseremonie. Hoeveel mense het ‘n werklike kennis, wat daar gebeur? Ons weet van die besnydenis, dat daar groot fisieke eise, aan hulle gestel word, maar wat in hulle koppe ingeprent word, is onbekend. Opmerklik, na 1991, hoeveel volwasse werkers, daardie skole bygewoon het.
Ons het geweet, van soos dit genoem is, die”geloofmaak”, na sterfgevalle en ook ‘n jaar daarna. Dat hulle glo, dalk is dit so, dat hulle pal in verbinding is, met die oorledene, daarom die ritueel, na ‘n jaar, dan, is dit verby.
Ons weet ook, van die voorvader aanbidding. Dalk, is dit deel van bogenoemde. Ek weet van ‘n hoë staatsamptenaar, ‘n witte, wat nog die geleentheid gehad om onder pres Mandela te dien. Skielik, het daar belangrike sake opgeduik, skakel die amptenaar, die minister van die departement, om te weet waar hy hom kon kontak, indien daar dringend gesels moes word, oor die naweek. Sy antwoord, was kort en bondig. Jy sal my nie kry nie, ek neem my seun, na sy voorvaders, se grafte.
Toordokters, 60% van die bevolking, wend hulle na tradisionele helers, waar die dolosse en ander gereedskap, gegooi word. Lobola, die betaling vir die bruid, deur die bruidegom of sy familie. So, is daar verskeie ander kultuurverskille, waaroor gesels kan word. Een, wat vir my, groot bekommernis veroorsaak en dalk, ‘n aanduiding is, van die uitermate geweld wat gebruik word om mense te vermoor, is die volgende: Vroeër, is ‘n man nie beskou as ‘n man, voor hy nie ‘n wilde dier doodgemaak het nie. Wat, as daardie kultuur, verander het, na ‘n witmens?
Vir diegene, wat nog belangstel, in hierdie onderwerp, probeer gerus dr Attie van Niekerk se boek, Saam in Afrika, in die hande kry. Ek wonder, hoeveel van ons blanke politici of enige ander wit Suid-Afrikaner, het kennis, oor die onderwerp?
Hasta la proxima