Bykans, 9 maande voor die eerste Saterdag van November, begin die komitee, al met die. voorbereidings, vir die groot dag in die kolonie, die Bierfees.Elke jaar meer mense,vanjaar, het die ekonomie ‘n rol gespeel en het hulle nie die verwagte 20000 gehaal nie, maar dit word beskou, as baie suksesvol, die 42e Choppfest, van Colonia Independencia. Byna 17 000 het opgedaag en die hitte,het gemaak, dat van 72 000 liter bier, nie veel oorgebly het nie.
Vir ons, ek wil nie die gesegde, oues van dae, gebruik nie, maar, die wat hul kant gebring het, verkies om dit nie meer by te woon nie. Die lawaai, sommige, noem dit musiek, is net te oorverdowend en kan daar nie juis gekuier word nie. Tussen die vier platforms, waar musiek gemaak word, sal daar seker een wees waar ‘n orkes speel, wat luisterbaar is. Die samedromming, van die mensemassa, kan ‘n mens, engte vrees laat kry. Vergelyk, die oggend en aand se foto’s. ‘n Hele verskeidenheid van orkeste, het opgetree. Saterdagoggend, het ek ‘n draai gaan maak om te sien hoe die laaste afrondingswerk vorder. Op die oog af, alles nog effe chaoties, maar ondervinding, het geleer, dat wanneer die hekke om 6 open, alles in plek sal wees. Goeie samewerking en gees, tussen die 3 kolonies, Independencia, Carlos Pfannl en Sudetia, wat dit eintlik aanbied.
Kos, was daar genoeg. Tradisionele asado (braaivleis en slaai), eisbein en verkillende Duitse worse, in hamburgers en warmbrakke en natuurlik as nagereg en soetigheid, tradisionele Duitse koeke en terte.
Met die terugrit, na my “inspeksie”, weet ek dat wanneer, die euforie van die oggend se oorwinnig in Japan en die uitwerking van die bier weg is en die daaglikse uitdagings in die gesig gestaar word, die besef sal kom, dat die wêreld nog maar presies dieselfde gaan wees.
Sondagoggend, met ons koffie op die stoep, hoor ons steeds die doem- doem doem, van die basghitaar, oor die bulte kom. Snaaks, mens is nie eers bewus van daardie instrument, as jy naby die orkes is nie, maar oor hierdie afstand, is dit, al wat jy hoor.
Hasta la proxima.