Hulle, brand nie maklik nie, kort-kort, moet ek hulle, met ‘n lang stok roer, dat hulle oopvlerts, dat die vuur, die blaaie, kan bykom. Vir my, is dit moeilik om daardie, te doen. Hoewel, nie so moeilik as met ons eie nie. Ons het mos al die ontrommel ding gedoen. Hulle, moet eintlik uitmekaar gepluk word, maar daarvoor sien ek, nie kans nie. Respek vir ‘n boek, tot die einde. My pa of ma, het altyd gesê, as jy ‘n boek, klaar gelees het, moet niemand kan sien, dat hy gelees was nie. Gelukkig, is die weer dreigend, die taak moet agter die rug kom, soos met enige onplesierigheid, so gou as moontlik.
Maandag, bel ons vriend Bernard, se weduwee. Sy, van Kanadese oorsprong. My huis, is verkoop en ek vlieg die 18e Kanada toe. Julle moet kom boeke haal. Ons, weet, dat daar goeie boeke is, het gereeld, van hulle gelees, toe die internet, ons lewens nog nie so oorheers het nie. Nou lees ek nie juis meer nie. Jammer, tydens hierdie era, van ons lewe, waar daar tyd is om te lees, verkies ek, om meer kontak met die familie en vriende te he. Ons weet, dat ons nie veel van die boeke gaan lees nie en onder ons SA vriende, sal daar ‘n paar wees, wat gaan belangstel. Dus, om haar taak, van opruim, te vergemaklik, ry ons die volgende dag.
Sy noem, dat James al uitgeoek het, dus die beste weg, maar steeds baie goeie boeke oor. Daardie bokse, kan julle maar laai en dan kan julle hierdie boekrak leegmaak. Staar na die boeke, sien ‘n paar, waaraan hy baie waarde geheg het. Ek verlang na my ou wyse vriend. My oë skielik wasig en ek sien hoe hang die mango’s aan die boom buite. Die laaste een, splinteruut, Lewis Hamilton, se autobiografie. ‘n Geskenk van sy seun, met hulle laaste besoek aan hom, waaroor hy baie opgewonde was. ‘n Redelike vrag, sewe swaar kartonne.
Volgende oggend, pak ons uit. Soek uit, vier hope. Brand, vir die een en vir daardie en ‘n klompie vir ons self. Nie, ‘n aangename taak nie. Min plaaslike mense, wat sou belangstel. Die taal, sien. Tragies, vir iemand, sou dit baie leesplesier kon verskaf, soos vir die oorspronklike eienaars. Bernard, jy sal verstaan, ons moes maar net help skoonmaak.
Die volgende dag, bel sy. Hou asseblief, die boek, First Person, hier is ‘n meisie in Villarricca, wat sê sy gaan die eerst vroulike president van Paraguay word en ek wil die boek, vir haar skenk. Dalk, net dalk sal ons nog daardie dag beleef en onthou, dat ons ‘n klein aandeel gehad het, in ‘n groot droom en ideaal, wat verwesenlik is.
Die reën, het verby gegaan. Volgende dag, gaan kyk ek, wat het oorgebly. Een boek, met sy swart blaaie na bo, so asof hy die elemente wou uitdaag. Met die aanraak, van die swart, verval hulle in as, wat die ligte windjie wegwaai. Soos, die vergangklike mens.
Hasta la proxima
Una said:
O griet, Coetzee, my hart sal dit nie kan doen nie, ek glo dit was vir julle baie moeilik om al daardie stories te verbrand.
Toortsie said:
Ai. Sterkte.
HesterLeyNel said:
Dis hartseer. Ons was darem in die gelukkige posisie dat ons al ons boeke vir die plaaslike biblioteek kon skenk. Ook silwerskoon en baie mooi opgepas. Boeke pas net nie meer lekker by ons lewenstyl nie – ons lees nou e-boeke en nuus op die internet.
rondomtaliedraai said:
Ai dit maak my hartseer! *Drukkie*
scrapydo2.wordpress.com said:
My gemoed skiet ook sommer vol. Gelukkig kon ek my tonne boeke aan n vriend gee. Hy was n boeke mens. Nou na tien jaar het my boekrak alweer uitgebrei en sal ek moet plan maak. Ons het hier elke jaar n boeke-fees waar al die boeke vir n appel em n ei aamgebied word. Die geld gaan aan hulpbehoewende omgewings. (my woordeskat ontduik my nou!) Ongelukkig of gelukkig gee ek nie my afrikaanse boeke nie want ek klou nog daaraan vas.