Sleutelwoorde

,

Geen vakbond, is hier betrokke nie. Dit gaan oor ‘n gemeenskap met gedeelde belange en simpatie en omgee vir mekaar. In enige normale samelewing, kan solidariteit en sy boetie, respek, nie gekoop word nie, maar word verdien deur die bereidwilligheid, van die individu, organisasie of familie, om hul gewig by die gemeenskap te voeg, al sou dit van ‘n effe ander kultuur wees. Dan, kom die solidariteit, outomaties na vore. Dit, het ons die afgelope week, deeglik, hier in die vreemde, wat vir ons nie meer so vreemd is nie, beleef. Dit, het gevolg, op ‘n groot hartseer, wat die Suid-Afrikaanse gemeenskap, die dorp Caaguazu en veral ‘n groot klomp jongmense, getref het.

janneman

IMG_20200102_130512

Ons jaar, het nie goed begin nie. 1 Januarie, laterig die aand, kry ons die boodskap, Ouboet, is dood. ‘n verskriklike boodskap, wat Kleinboet, hulle, was soos ‘n tweeling, pal saam, aan sy ouers moes oordra. Ons eerste gedagte is, maar dit kan tog nie wees nie. 30 jaar oud. Lewenslustig, vriendelik, goed opgevoed en talentvol. Hy, wat oral vriende, bymekaar, gemaak het. Boodskappe en telefoonoproepe, vlieg heen en weer. Die skokkende nuus, maak dat baie trane gestort word en dat daar min of niks geslaap word, die vreeslike nag, van 1 Januarie 2020 nie. Glo, wil ons dit, nie eintlik nie, maar dit is die werklikheid.

IMG-20200102-WA0015

IMG-20200102-WA0012

Hier, word nie gesloer, wanneer begrafnisse ter sprake is nie. Binne 24 uur, is dit normaal, afgehandel. Vroeg, Donderdagoggend, daag die eerste besoekers op. Dan kom die besef, van die solidariteit van die mense, om die treurende familie by te staan. Die mooiste ruikers, word met gereelde reëlmaat afgelaai en op 3-poot staanders, langs die kis, staangemaak. Later, sou dit twee bakkievragte wees, wat op die graf geplaas is. Die waak, is baie belangrik. Mense moet hier vertoef, tot die teraardebestelling. ‘n Samedromming van mense, om simpatie te betuig. Die kis onder die lugversorger. Mense, baie baie jonges, gaan sit op die stoele, langs die kis. Koppe gebuig, baie trane. Woorde, is daar nie. Bekendes, wat pa, ma, jong boet en ouma kom probeer, vertroos.

IMG_20200102_154315

IMG_20200102_171256

IMG_20200102_172134

IMG_20200102_173839

Die jongmense, het twee tente gehuur en eet- en drinkgoed bestel, vir die wat iets nodig gehad het. Heelwat Suid-Afrikaners, het meer as 600 km afgelê, om betyds, vir die teraardebestelling, om 5uur te wees. Al hierdie aksies, is, solidariteit, met ‘n familie, wat hulle deel bygedra het, in hierdie gemeenskap en land. Hier, waar altyd gelag en gesels is, heers ‘n somber gewyde atmosfeer. Alles onwerklik.

Met die aflaai, van die kis, vanaf die bakkie, val daar, asof uit die niet, ‘n paar druppels, wat almal hulle gesigte, vir ‘n oomblik hemelwaarts laat lig. Selfs, die pastora, van die Evangeliese kerk, se emosies, kry soms die oorhand. Die Suid-Afrikaanse begraafplaas,het sy sewende graf gekry.

Mooi loop Janneman. Rus in vrede, langs Oupa, wie se name jy gedra het, in die rooi grond van Caaguazu. Ons, is baie, wat jou nog lank, gaan mis.

Hasta la proxima