Sleutelwoorde
Praat met die ouer mense, dan kry jy gou die gewaarwording, hulle verlang na daardie tyd. Geen misdaad nie, dissipline, ons kon doen wat ons wou. Wat van die politiek? Ons het ons nie daaraan gesteur nie, dan het niemand ons gepla nie. Wat van die wat verskil het, net verdwyn het? In vliegtuie gelaai is en oor die Chaco uitgegooi is? Hulle, was ‘n klomp kommuniste en het dit verdien. Weet jy, dit is nou ek, dat hy die tyd, met die staatsgreep, die steun van die meerderheid gehad het? Verder, wil ek, nie met hulle redeneer nie. Deesdae, het ek agtergekom, help dit nie, om met iemand, te redeneer nie.
Seun van ‘n Duitse immigrant en ‘n Paraguaan moeder, Alfredo Stroessner. Diktator, wat die langste “geheers” het. Op sewentienjarige ouderdom, het sy oom, van moederskant, hom in die weermag ingeskryf. Twee jaar later, was hy ‘n luitenant. Hy was betrokke by die Chaco oorlog, teen Bolivië, van 1932 tot 1935. In 1948, op ses en dertigjarige ouderdom, kry hy die rang van generaal. Die jongste, in Suid-Amerika. In 1951, sluit hy by die ANR, ook bekend as die Partido Colorado aan en kort daarna, word hy bevorder tot die hoof van die weermag. In Mei 1954 voer hy ‘n staatsgreep uit en raak ontslae van president Chavez. Op die 11e Julie 1954, word hy verkies as president sonder opposisie. By 5 geleenthede, is hy herverkies. Op die derde Februarie 1989, word hy weer in ‘n staatsgreep, uit die kussings gelig, nogal deur sy swaer en vertoueling, generaal Andres Rodrigues Pedotti.
Stroessner se bewind, is gekenmerk, deur redelike groei in die ekonomie, altyd hoër as 4% per jaar. Korrupsie en bevoordeling van sy vertouelinge, dwelm- smokkelhandel en die ou se belustings. Stories, doen die rondte, dat hy ongeveer 30 buite-egtelike kinders gehad het. Sommige, by baie jong meisies. Hy, was dus geen engel nie.
Hy het ‘n geruime tyd, die ondersteuning van die Amerikaners gehad, tot hulle op ‘n dag besluit het, dat sy beeld en tipe regering, nie meer pas by die wêreld opinie nie. Sy vriendskap, met Suid-Afrika, was ook bekend. Iemand, het op ‘n dag, gedurende daardie tydperk, genoem, dat die twee muishonde, van die wêreld, nou maar net met mekaar vriende kan wees.
Na die staatsgreep, het hy sy laaste dae, in Brasilia geslyt, waar hy oorlede is, op die 16e Augustus 2006 en begrawe is. Die Paraguaanse regering, het verkies, dat hy nie hier begrawe word nie. Daar is vandag nog geen uisluitsel oor sy rykdom, 5000 miljoen Dollar nie. Sy villa, in Asuncion, is vandag ‘n ruine.
As hy dalk 10 jaar vroeër besluit het, dit is genoeg, was die herinneringe van Alfredo Stroessner, heelwat meer positief, maar soos dit gewoonlik gaan, met magshonger diktators, kon hy dit nie insien nie en het probeer klou, tot die bittereinde en so sy land baie skade berokken.
Hasta la proxima
Fotos, gesteel van Google