Die Feesgety, is ons verlange na vriende en familie, maar altyd daar. Hier, is die tradisie. Oukersaand, kuier die familie en vreemdes, soos wat ons eintlik seker maar altyd sal wees, word nie maklik genooi nie, al weet hulle, dat ons alleen, sal wees. Ons dilemma, is altyd, tuis met my dogter, sodat sy nie heeltemal alleen is nie, of na die vrou van die huis se kinders, in Brasilië. Die afgelope paar jaar, wen die eersgenoemde opsie, dit is nou vir Oukersaand. Kersdag, is anders, dan kuier vriende gewoonlik, dus het dit al gebeur, dat ons Kersdag, die 350 km aanpak, na die Brasilië kinders toe. Gewoonlik,’n rustige pad, met feitlik geen verkeer nie.
Die dogter van die huis, noem, dat sy tussen Kersdag en Nuwejaar, ‘n paar dae verlof wil neem en dat sy graag bietjie wil ry. Nooi ons haar en noem, dat ons lankal, ook ‘n bietjie in Brasilië wil gaan ry. Besluit, dat ons dit sommer gaan kombineer. Waarheen? Te ver vir die strand en dit sal ook te vol wees. Besluit, om die naaste groot plekke, aan ons dorp, Sete Quedas, Dourados en Campo Grande, te besoek. Begin die kaarte bestudeer, besef dan die grootte van Brasilië, feitlik dieselfde oppervlak as die Verenigde State.
Saterdag, arriveer sy. Darem eers, ‘n besoek bring aan Salto del Guaira, een van die belastingvry stede, aan die Paraguay kant van die grens. Veral, ondersteun, deur die inwoners van Brasilië, omdat hulle hier, baie goedkoper as tuis, kan koop. ‘n Miernes van bedrywighede. Die taal op die oor, Portugees, soos langs die hele grens. Dat dit ekonomies, beter gaan in Brasilië, is duidelik. Kan dalk nog die feesseisoen wees, want, met ‘n vorige besoek, was dit baie stil. Verkoopsentra, vergelykbaar, met die beste in die wêreld. Al die “brand names” (wat sou die Afrikaans daarvan wees) waaraan jy kan dink, die beste Skotse Whiskeys en drank en wyn, parfuum van al die lekkerruik huise, huishoudelike ware, die nuutste elektronika, op die mark, dink daaraan en dit is daar. Vriendelike personeel. Dubai, het dalk meer Suid-Afrikaanse produkte, Marmite ens.
Sondagoggend, val ons in die pad. Ons bestemming, Campo Grande, 469 km ver en Google sê, dat dit ‘n rit van 6uur en 15 min is. Ongeveer, middagete, is ons omtrent halfpad, by Dourados, by restaurant Kanoa. ‘n Varswatervisplaas, met verskeie damme, waar jy jou eie vis kan vang. Lekker én té veel geeet, gelukkig, het ons ‘n jong bestuuurder, wat die lomerigheid kan hanteer. Nuuskierigheid maak dat ek die wêreld dophou en nié wil slaap nie. Pragtige, groen landbou wêreld. Die mees produktiewe, op ons aarde. Duidelik, dat die afgelope droogte, wat die Paraguaanse soja oes, met ongeveer 20% verminder het, nie hierdie deel ernstig beinvloed het nie. Jonger soja en geen teken van droogte nie.
Campo Grande. Moderne stad. Malls, weereens, soos oral in die wêreld. ‘n Groot Carrefour supermark.
Die groot aantrekkingskrag, hierdie tyd van die jaar, die Stad van die Geboorte (Ciudad do Natal). ‘n Gesamentlike projek, van die plaaslike munisipaliteit, die departement se regering en plaaslike besighede. Duisende liggies, hordes eetplekke, kunstenaars, wat optree en sommer net ‘n heerlike kuierplek, vir die hele familie.
Ons indrukke. ‘n Pragtige, produktiewe wêreld. Letterlik, honderde kilometers soja, afgewissel met suikerriet. Groen. Die indruk, word altyd geskep, dat die Brasiliane net ontbos, groot dele is ontbos, en word ekonomies benut, om die res van die wêreld, van kos te voorsien, maar groot dele is nog ongeskonde. Daar is groot aanplantings van woude. Dit is/was ‘n onbewoonde gebied. Hier en daar, was daar Indiane, meer na die noorde. Hier, geen gevaar dat mense grond kan eis, omdat die koloniste hulle voorvaders, van die grond verjaag het nie. Die plaaslike inwoners, is oral ontspanne en vriendelik. Die stede, is nuut. Padverbruikers, baie gedissiplineerd, kan seker nie anders, met die hoeveelheid kameras, wat die spoed, kontroleer nie.
Maandagmiddag was ons tuis, die tuiskoms, is versuur met die nuus van die lafhartige terroriste aanval, op vriende, van my kinderdae af. Gelukkig het hulle dit oorleef. Dennis en Jeanette, mag julle liggamlike herstel, byna volkome, wees. Die geestelike letsels, kan nie so maklik genees nie. Mense, sorg dat julle ingeskakel is, by een of ander organisasie. Hulle “panic button”, het hul lewens gered.
Hasta la proxima