As gevolg van WordPress se beperking, moet ek noodgedwonge, ‘n ander blog begin. Hierdie blog, sal nog bly voortbestaan en hier, is die skakel na die nuwe een. https://coetzeeinfo2.data.blog   Volgens,my administrateur, is die blogs aaneengeskakel, baie dankie, Hester, vir jou hulp.

I want to share my dreams

Want to share with you

On the wings of love

Like dreamers do

Dit, is die inleiding, van Modern Talking se lied, Geronimo’s Cadillac. Wonder ek, wat se drome, het ons Geronimo? Geen droom, oor ‘n Cadillac nie. Het hom ‘n rukkie terug, probeer beduie, van ‘n Cadillac, maar gou agtergekom, dat dit vir hom, iets baie vreemd was. Met ons, bedoel ek nie, dat hy, ‘n besitting van “ons” is nie. Slegs, ‘n mens, wat die lewe, op ‘n jong ouderdom, ‘n lelike klap gegee het en toe hier, kom ondervind het, dat hy ook nuttig kan wees en sy taak met groot entoesiasme en verantwoordelikheid toepas.

ger 5

Die dogter van die huis, het ‘n redelike groot varkboerdery. Al is die hokke, hoe goed ingerig, gebeur dit soms, dat ‘n klein varkie, onder die moeder kan beland, as sy gaan lê, om te soog, natuurlik dan met noodlottige gevolge. As die boerdery, groot genoeg is, is dit lonend om’n voltydse opsigter daar te he en bedag te wees, dat dit nie gebeur nie. Bedags, is Geronimo, die man wat die taak met groot omsigtigheid uitvoer en baie trots is, dat daardie sterfgevalle, tot byna nul gedaal het. ‘n Groot glimlag op die gesig, as hy daaroor, gekomplimenteer word.

geronimo 4 1

Op twaalfjarige ouderdom, het die noodlot, hom ‘n kwaai slag toegedien. Sy pa het ‘n resiesperd gehad en hy moes hom laat oefen. Op ‘n dag, het iets vreeslik, verkeerd geloop en hy is sleg beseer, met die val slag. Tande, in die slag en die regterkant, van sy liggaam, heelwat skade en hy moes, ‘n geruime tyd, in die hospitaal, deurbring. By ‘n paar plase, het hy probeer, maar sonder veel sukses, natuurlik, omdat hy nie in staat is, om werklike fisiese arbeid te doen nie. Opmerklik, hoe, sy selfvertroue toegeneem het vandat hy die verantwoordelike werk begin het en hy menswaardig behandel word. Sy eie woonvertrek, eie TV en onafhanklik, nie meer nodig om in sy familie se oë te kyk nie, hoewel hy, ‘n toelaag, van die staat ontvang. Pynlik netjies op homself en pal besig om sy kamer skoon te maak. Onlangs, vir hom, ‘n splinternuwe motorfiets gekoop, wat hy baie goed instand hou en baie trots op is. Dit, moes, ‘n rooie wees. Vrydagmiddag, of Saterdagoggend, is sy inkopietyd. Uitgevat, op sy rooifiets en sy groot Cowboyhoed, is hy, reg vir die tog, na die naaste supermark, so 5 km weg.

geronimo 3 2

Hy mag dalk nie ‘n droom van ‘n Cadillac hê nie, maar dat hy ‘n gelukkige mens is, met sy groot glimlag, as hy my sien, laat mens tog met ‘n dankbare hart, vir iemand, wat ten spyte van sy gebrek, goed deur die lewe kan gaan.

Hasta la proxima