Ek wil lag en gesels, met vriendelike mense. Vrae vra, my nuuskierigheid bevredig. Hulle grappe geniet en dalk ook een, probeer, vertel. As ek by die hardewarewinkel instap, wil ek die regte ding koop, nie die een wat in die woordeboek staan en hulle my aankyk en nie weet waarvan ek praat nie. Ek probeer die Spaanse naam en steeds lui dit nie ‘n klokkie nie. Beduie en demonstreer, op die end, met baie geduld van hulle kant en met ‘n glimlag, het ek, wat ek soek. Sommige lande, het verskillende benamings, vir dieselfde produk, al praat hulle dieselfde taal. Brasilië en Portugal. Baie van hulle, ken my al, verwelkom hartlik en skink, byvoorbaat, een van daardie klein koppietjies, met stroopsoet swart koffie. Hulle praat en beduie en vra baie vrae, veral as hulle hoor ek is van Afrika. My Spaans, verstaan hulle redelik, maar as hulle in Portugees antwoord, sukkel ek.
Vroeër, voor ek in Brasilië betrokke was, gedink, daar is nie veel verskil tussen Spaans en Portugees nie. Foutjie. Twee heeltemal, verskillende, tale. Enkele woorde, wat ooreenstem, maar verder, dag by nag verskil, veral die uitspraak, moet mens aan gewoond word. Verder, verskil die uitspraak en aksent, ook van streek tot streek. Sommige, van ander streke, erken, dat hulle soms sukkel om die uitspraak, hier in Mato Grosso do Sul, altyd, mooi te hoor en te verstaan. Dit is ook nou nie, dat ons permanent hier is nie. Twee weke, dan weer terug na ons tuiste.
Die afgelope klompie dae, wroeg ek weer. Dit is nou ligtelik gestel, eintlik is ek, in plein Afrikaans, sommer net weer van nuuts af, die donner in. Daardie manne van die toring van Babel, wat die hele wêreld kom opneuk het. Ja, ek is seker dit was net manne, vrouens, is heeltemal te prakties, intelligent en boonop te lief om te gesels, om so ‘n dwaasheid, aan te vang.
My probleem gaan oor tale. Wel, eintlik net oor my gesukkel met die Portugees. Spaans, was relatief maklik, so ook die Duits. Let wel, relatief, want 100% sal ek dit nooit praat nie, maar met enkele uitsonderings na, wat hulle praat, of wat jy lees, hoor jy. Niemand lag vir ons nie. As jy ‘n fout sou maak, help hulle jou ongemerk reg, nie soos ons eie welsprekende mense, wat openlik vir die, wat nie so wel ter tale is, lag nie.
Dalk, moet ek net meer moeite doen, om hierdie vyfde belangrikste wêreldtaal te bemeester. Of ek moet erken, dat die ou kop, nou ‘n stadium bereik het, dat die tale, waaraan ons hier blootgestel is, net te veel is, vir die nuwe een, om in die grysstof gevestig te raak.. Punt. Dan wil ek nie eers praat van die taal van die plaaslike inwoners, Guaranie, nie.
Wat belangrik is, is dat ons rustig, gevestig, gelukkig en aanvaar is. Genoeg van ons Moedertaalmense, dalk te veel, en af en toe, ‘n bietjie Engels, om dit op datum te hou. Baie, baie om voor dankbaar te wees
Hasta la proxima.