Sleutelwoorde

,

Die meeste, van ons aardlinge, is maar doodgewoon, soos ek en jy. Doen ons daaglikse take en kan seker beskou word, as effe vervelig. Dan, op ‘n dag, kruis jou pad, die van iemand, na ‘n rukkie, kom jy agter, dat hierdie persoon, anders is, as ons vales. Ek dink terug, my standerd agt, Latyn. Rara Avis. ‘n Rare bird. Nou nie, dat hierdie mense, op die oog af, van ons verskil nie maar na ‘n kort gesels, besef jy, hulle is heeltemal anders en dit meer gepas is, om te luister en van hulle meerdere kennis te geniet.

Jaime of te wel, James Wright, en my verbintenis, kom van 1994 af. Dit is aand, en ons is op ‘n bus, oppad na die Chaco, die westelike deel van Paraguay. Stiknag donker, platter as plat, daardie deel. Die Spaans, nog baie beroerd., ons het pas hier geland. Ons weet, dat ons by Los Pioneros, moet afklim, om ons vriende, die Welmans, te besoek. Ek probeer die busbestuurder, se assistent, verduidelik, dat ons daar, wil afklim. Rampspoedig. Verskyn daar, ‘n rysige gestalte, agter my en hy begin Engels praat. ‘n Engel, wat Engels praat en hy verduidelik, ons is nog nie daar nie, maar hy, die assistent, weet en sal onthou. Natuurlik, hou die gesels aan, tot ons moet afklim. Die kontak, was gemaak en het behoue gebly. Die afgelope tyd, sien ons mekaar redelik gereeld en elke keer, ‘n aangename ondervinding. Sy goeie vrou, Martha, het gehelp, om ons gemeenskaplike vriend, Bernard, te versorg, gedurende sy laaste dae. Sy verdien, ‘n medalje en ‘n blog. Hierdie blog, gaan oor haar pleegouers, die Jonese. https://coetzeeblog.wordpress.com/2008/11/06/die-jonese/

james 3

Die jong James, wou nie ingehok, wees nie. Die ouderdom, van 13 jaar sien hom, in sy eerste beroep. Melker, van 40 koeie. Hy noem, dat hulle nie soveel melk gegee het, as sommige van vandag se kuddes nie. Vir vier maande, kon hy dit doen. Die loon, 3200 Guaranies per maand. Daarna, is hy saam met sy pa, indiens geneem, deur ‘n Amerikaanse houtmagnaat, Stanley Diefendahl. Hy, het destyds 21000 ha besit en James se pa moes die bome merk, wat gesaag moes word. Hy, James, moes hulle meet en dan die berekening maak, hoeveel kubieke meter hout, daar in elke stam was. Die goeie salaris, van 10000 Guaranies per maand. In vandag se geldwaarde, n mooi Hamburger se prys. Vir ongeveer 2 en ‘n half jaar, het hy saam met sy ouers, hierdie werk verrig en intussen ook alles gelees, wat hy in die hande kon kry. Veral, oor die geskiedenis van Paraguay. Min mense, kan vandag, hom daaroor, iets leer.

james 1

Daarna vertrek hy, alleen, na die Chaco. ‘n Indiaan, Feliciano, neem hom onder sy vlerk. Leer hom alles, van die spesefieke stam se kultuur en tradisies. Hy het sy geld verdien met die skiet van kaaimans (of is dit kaaimanne?) en die verkoop van hulle velle. Die vang en verkoop van wilde perde en wilde beeste en die span van draad. Gedurende sy verblyf daar, het hy vier maande lank, stoksielalleen, te perd, daardie, soos dit destyds bekend gestaan het, groen hel, deurkruis. Die doel, was om met niemand te praat nie.

Daarna,het hy suksesvol, verskeie estancias (beesplase) bestuur. Deesdae vervaardig hy organies bokmelkkaas, vryloop hoenders en eiers, waarvoor, daar ‘n baie goeie mark is, hier in die Ooste van Paraguay. Ek,verstom my steeds aan daardie geheue. Noem ‘n geleentheid en hy weet van wie, waar en wanneer, wat ons nuwe land, ken. ‘n Merkwaardige man, met ‘n brein soos min, wat die lewe leef.

Pssst, hy het my herinner aan daardie eerste ontmoeting. Ek het hom nie, die presiese datum gevra nie, maar ek is seker, hy sou my sê.

Hasta la proxima.