Sleutelwoorde

, ,

Nogal gereeld, die afgelope tyd, op sosiale media, sien ek die vergelyking, dat iemand, of persone, so dom soos grond is. Waar dit vandaan kom, weet ek nie, maar dink nie, dat dit, ‘n goeie vergelyking is nie, grond is nie dom nie. Die mensdom, het sy bestaan, aan grond, te danke. Wat ek wel agterkom, is dat ek, aan die domkant is. Die nuwe tegnologie, laat my dom voel. Ek probeer nie eens die ontwikkelinge verstaan nie, maar geniet, die bietjie, wat ek kan baasraak.

DSCN1364

DSCN1367

DSCN1377

Wat my laat besef, dat ek baie dom is is wat nou in ons omgewing, aan die gebeur is. Ons is destyds, met ons skuif hierheen, onder andere, uitgekryt as dom, maar dit is nie nou ter sprake nie. Dat ons landgenote, ‘n ander heenkome soek, is verstaanbaar, maar die beweging, van seker die hoogs ontwikkelde land, in die weste, Duitsland, se inwoners hierheen, kan ek nie klein kry nie. Luister ek, so na hulle, sien hulle swarigheid vir Europa. Elke dag, nuwe gesigte. In die supermark, in die hardewarewinkel, in die apteek. Nuwe vreemdes. Selfs, uit Australië, die VSA en ander Oos-Europese lande, daag hulle op. Ons kan nou al ‘n Engelssprekende vriendekring, aan die gang kry.

DSCN1370

DSCN1373

DSCN1375

IMG_20191201_180110 (2)

Vir die ekonomie, van die omgewing, is dit ‘n groot inspuiting. Huise word gebou en die plaaslike besighede floreer. Die ouer plaaslikes kla. Kry ek Steffan, verlede week in die hardewarewinkel, hy is al tien jaar hier. Ontevrede. Die nuwe gesigte, befoeter die mark. Sy taal, was bietjie meer kras. Ek wil grond koop, om nog bome te plant, maar teen die prys, wat hierdie mense dit opgejaag het, is dit onmoontlik. Ja, antwoord die eienares, van die winkel. Hulle betaal, baaie vir ‘n tuinier, nou soek die werkers in die winkel, ook daardie geld en dit is onmoontlik. In die stilligheid, wonder ek, jy het nou net gesê, hoe goed dit vir jou besigheid is??

Op drie verskillende plekke, is ‘n ontwikkelaar nou besig, om grond voor te berei, vir die verkoop van erwe. Duidelik gemik op moontlike kliënte uit Europa, as ek so na die advertensieborde en die name kyk. Wiesen, sommer baie naby aan die Duitse begraafplaas.Toegangspaaie en strate, word gebou. Penne word ingeslaan, wat erwe aandui. Enkeles, is al so effe omhein, met ‘n paar bome, vrugtebome, reeds geplant. (Met die aanskoue van die naam Westfalia, verlang ek na wyle Abel, saam met wie ek, ‘n ‘n besoek gebring het, aan die Westfalia Landgoed, naby Mooketsi.) Effe aan die kleinkant, maar ek dink baie van die nuwe kliënte het besef, om nie dieselfde fout, as die eerstes nuwe Duitse intrekkers, te maak nie. 10-20 hektaar, is nie groot genoeg om te boer nie en net groot genoeg om ‘n ergernis te wees om skoon te hou. Hulle verdeel nou ook hulle plotte, of plant bome.

Ry, in enige rigting, van ons kolonie, oral nuwe huise. Wonder, of hulle gaan belangstel, in hierdie erfies, tyd, sal leer. Dalk, moet ek vergeet, van die oud-diplomaat, wat destyds, toe ons besluit het, om te kom, pront uit gesê het, ons is dom om hierheen te kom, want Paraguay, is kwansuis die lies van Suid-Amerika.

Hasta la proxima

Entrevista con Carsten Pfau sobre EcoVita Country Club