Daar is maar ´n baie dun lyntjie, wat die skeiding vorm, tussen avontuur en ´n nare ondervinding. Vir ´n buitestaander, lyk dit na heerlike avontuur, vir die persoon binne in die aksie, kan dit dalk ´n nagmerrie wees, of baie naby daaraan. Die verskuiwing, na ´n vreemde land, is ten minste, baie traumaties, as dit dan nie nagmerrie afmetings aanneem nie, veral, as ´n vreemde taal ter sprake is. Die klompie landgenote, wat die sprong gewaag het, na dié Suid-Amerikaanse land, kan die meeste vandag terugkyk, na die moeilike dae en dan kan ons, ten minste, baie lekker lag en gesels, oor daardie tyd, van swoeg, met die vreemde taal. Foute en humoristiese oomblikke, met die vermenging van woorde, wat baie dieselfde klink, maar ´n wêreldse verskil, in betekenis het, het nou, met die terugblik, vir baie snaakse situasies gesorg.
Die afgelope week, het ons die voorreg gehad, om te kuier, by vriende, Piet en Susan van der Westhuizen, wat 23 jaar gelede, die groot stap geneem het. Hulle het daardie swaarkry dae, behoorlik aan die nek gegryp en is besig om ´n sukses te maak van die situasie, hier in die vreemde, wat genadiglik, nou, nie meer so vreemd is nie. Hulle was bevoorreg, in die sin, dat hulle hele familie, Susan se ouers en twee broers gelyktydig hierheen verhuis het.
Susan, (nee Schoeman) ´n boorling van die Springbokvlakte en Pieter, ´n Wes-Transvaler, in gevestigde beroepe, het ´n jaar of wat, na hulle troue, die groot sprong gewaag. Vandag bedryf hulle, ´n huisbakkery, Susan se afdeling en Pieter behartig die bemarking.
Mense wat hou van uitkamp, elke geleentheid gebruik om in die natuur te ontspan. Wat daardie, miniatuur bussie pak en/of met die rooi Benz, die langpad aandurf. Verskeie toere deur, veral, die suidelike deel van Brasilië onderneem het. Dan is hulle regte avonturiers, saam met hul twee kinders. Letterlik, ure lank, kan hulle onderhoudend, beskrywings gee van hulle wedervaringe. ´n Groot lekkerte om na hulle te luister, waar die tyd te vinnig vlieg. Net so interessant, oor hul beginjare, hier in die vreemde.
Ons was, ongelukkig, ´n week of wat te vroeg, om hulle pragtige tuin, in sy volle somerglorie, te beleef. Blomme en plante, hul ander passie.
Lekker om vriende te wees, met mense, wat ten spyte van heelwat terugslae, steeds baie positief is, en die mense se lewens om hulle en in hul gemeenskap, verryk. Daar is te min van hulle, op die aarde.
Hasta la proxima
perdebytjie said:
Lekker om sulke mense te ken!
coetzee2014 said:
hulle maak die lewe die moeite werd.
Spokie sny spoor said:
Klink na spesiale vriende. Die broodjies lyk baie lekker.
coetzee2014 said:
Baie spesiaal en daardie broodjies, is eintlik té lekker.
rondomtaliedraai said:
Jou beginjare is net so interessant
coetzee2014 said:
Ek het al baie gewonder of moet ek daaroor skryf? Weet nie juis of mense dit wil lees of hoor nie?
rondomtaliedraai said:
Jy sal nooit weet as jy dit nie doen nie?
scrapydo2.wordpress.com said:
Dit is beslis die moeite werd om vriende te wees en te bly met sulke mense. Hul verryk n ens se lewe en gee ook moed aan en vir eie ondervindings.
coetzee2014 said:
Ja, daardie soort van mense, moét mens in jou lewe he. Positiewe raakvatters!
Zirkie said:
Ek is altyd so bly om te hoor van Suid-Afrikaners wat nes skop in ‘n ander land en ‘n sukses daarvan maak!