Skuins na nege, as die hongerpyne begin knaag, roep een: Vamos a desayunar! Letterlik vertaal: Kom ons gaan breek die vas, of te wel, kom ons gaan eet ontbyt. Plaaswerkers woon nie op die plase nie, behalwe op die groot beesplase of estancias, maar in hul eie gemeenskappe of dorpe, waar hulle boere is of een of ander ambag bedryf. Dus moet hulle hul eie ontbyt saambring, na, waar hulle werk. Middagetes, gaan eet hulle tuis, so ongeveer drie kilometer weg. Indien, ek naby is of verby beweeg, sal ek altyd, hartlik, genooi word om saam te kom geniet, aan die ontbyt. Natuurlik moet mens darem proe.

ontbyt en padda 014
Aangesien, die dogter besig is, om haar eie varkboerdery, op die been te bring, is daar ´n redelike gewerskaf in die omgewing, met die oprigting van die hokke. 4 manne. Ontbyttyd, gesellig word die stoele en tafel onder die bitterlemoenboom (apepú) getrek, een of twee, het selfs ´n silwerskoon lappie en dan word elkeen se plastiese houer uitgepak en word daar gesamentlik, gemoedelik, ontbyt genuttig. Mededeelsaamheid. Die kosreuk, wat daar ontsnap, kan nogal die speekselkliere aktiveer en die maag laat grom. Die reuk van knoffel, prominent, wat dié mense se smaak vir knoffel, bevestig. So ook die reuk van oliegebraaide disse. Nogal gereeld, is daar navrae van mense, familie en vriende, wat wil weet, wat eet die mense hier. Hierdie, sal dalk ´n paar vrae beantwoord.

ontbyt en padda 005

ontbyt en padda 006
In elkeen se houer (word daar nog Tupperware verkoop?) sal daar mandioka (die stapelvoedsel, ook bekend as kassawe) wees. Gekook, of gebraai, soos slap tjips, fyn gekerf, met ´n hardgekookte eier, ook fyn, daarin gemeng. Gewild, die hardgekookte eier. Empanadas, vleispasteitjies, halfmaanvormig, hardgekookte eier ook daarin en die enigste nie-tuisgemaak, hierdie oggend, is die klompie Weenseworsies en die paar broodjies. Dan milanesa, soortgelyk aan wienerschnitzel, met oorsprong uit Milaan, dun gekapte vleis, hoender of vis, in krummels gerol en weereens in olie gebak. Pasop net, daardie is vis milanesa, én daar is nog grate in. Tortillas, dit is nou enigiets, gister se reste, slaai, of wat ookal, gemeng met deeg en ook, in olie gebak. Dit is ´n baie eetbare voedsel, sodat niks hoef verlore te gaan nie. Ek wonder wat is die per kapita verbruik van kookolie in die wêreld?

ontbyt en padda 011

ontbyt en padda 008
Geen tee of koffie, met die ete nie. Alles, net so droog. Dít is dalk die nut van die kookolie. Om die waarheid te sê, tee, dit is nou Ceylontee, soos ons dit ken, se verbruik is omtrent zero. Dalk iets soos kamilletee, maar dan net vir die medisinale eienskappe, wat dit het. Soms, maar net soms, koeldrank of sap met die ete. Teetyd, die tradisionele tereré.
´n Goedige gespot, oor die, hulle, huisvrouens se kookvermoë. As ek hulle so gadeslaan, besef ek dat daar min, gekerm en gekla of gemurmureer word. Dalk tog wel oor die hitte, maar dit is ´n standaard tema, soos maar in enige bevolking en omgewing, die weer. Dan wonder ek, het daardie, onlangse, wêreldwye opname, wat bevind het, dat die Paraguane van die gelukkigste volke op hierdie aarde is, tog nie dalk ´n punt beet gehad nie.
Hasta la proxima.

Advertisements