Die resep is baie eenvoudig, maar dít kan keer dat die onsmaaklike kêrel, hier onder afgebeeld, by jou huis besoek aflê. ¼ kg stampmielies (van witmielies), ¼ kg charque (dít is gedroogde vleis, amper soos biltong, wat seker sal werk), ¼ kg mandioka (kassawe) 3 patats, ¼ kg boontjies (swart of rooi ), 1 ui en ´n ¼ koppie vet. Week die mielies en boontjies oornag en kook tot sag en voeg dan nie ander bestanddele by. Die sopperige mengsel, staan bekend as jopara. Die resep is nie beperk tot bogenoemde nie, want as daar ´n skaarste is, word gebruik wat jy het. Pasta, rys, ´n werfhoender, enige groente en speserye en kruie, sal die ding doen.

jopara 4

jopara 3
Mites en legendes, dié is volop in hierdie wêreld. Daar word aggeslaan op al die geskiedkundige gebeurtenisse wat aanleiding gegee het tot hierdie mites. Of alles nog presies uitgevoer word, weet ek nie, maar dit, is seker nie belangrik nie. Solank die tradisies bly bestaan en oorgedra word aan die jonger geslag. Hierdie mites, is meesal gekoppel aan ´n datum. Een so ´n datum, is die eerste Oktober.

jopara 2

jopara 1
Die maand Oktober, is bekend as die maand van skaarstes. Na die winter, is daar nog nie plante wat kos voorsien nie. Carai Octubre (die Bose Gees van Oktober), is volgens oorlewering, verantwoordelik vir hierdie situasie. Vroegoggend, die eerste Oktober, het die oumas van die huis, ´n sweep of peits geneem, die lug en die grond om die huis, behoorlik met daardie folter apparaat gevoeter, om te voorkom, dat die gees nie naby die huis kom nie. Dan is jopara gekook, sodat daar genoeg vir almal was, want ´n oorvloed kos, sou voorkom dat hy hom, daar kom tuismaak. Iewers in die omgewing, is daar vir hom ook ´n bord gelos word, waar hy in vrede kon eet en net verby gaan.

jopara 5
Die afgelope week, se eerste Oktober, is daar weer oral, openbare eetplekke ingesluit, japora gekook en is die Carai Octubre weg gehou.
Hasta la proxima.
Die foto’s is nie my eie nie en geleen, van waar dit beskikbaar was.

Advertisements