“Die ganse geestelike besitting van ‘n volk of groep op elke lewensterrein; die geesteslewe; die beskawingstoestand van ‘n groep.” Dit is die definisie van kultuur, in die HAT. Die dingetjies, wat hierdie skrywe motiveer is, van die kleiner elemente, van wat ons, deesdae ook beleef. Ons kom die afgelope tyd, nogal gereeld, op ‘n plattelandse dorpie, in Brasilië, siende dat die vrou van die huis, se seun en sy familie, daar woon. Dit is vir ons ‘n aangename omgewing, sal maklik daar kan vestig, besit eintlik ´n huis en woonstel daar, maar die taal is nie maklik nie. Het altyd gedink, Portugees is tog naby Spaans, maar allermins. Daaroor later. Enkele van die mooi dinge, wat ons opval:
Die mense is vriendelik, wil net gesels, kleur, dit is nou velkleur, speel geen rol nie.

Sete quedas jul aug 2015 057

Sete quedas jul aug 2015 104

In elke winkel of besigheidsvertrek, die soet, stomende koffie, of tee, cha, ook soet en geen melk vir een van die 2 twee nie. Sterk en in miniatuur koppies. Gratis. Natuurlik ook ´n fles, met koue water, byderhand, vir daardie warm, sweterige dae.

Sete quedas jul aug 2015 076

Sete quedas jul aug 2015 068

Skakel die supermark, en hulle kom lewer jou bestelling af. So ook jou gas vir die stoof. Tot laat skemer, is daardie 3-wielfietse nog aan die beweeg, om elkeen se bestelling by jou voordeur te kry. Soortgelyke fietse, met ´n lekker luidspreker, beweeg ook deur die dorp. Adverteer uitverkopings, spesiale aanbiedings en tot sterfgevalle word aangemeld, met besonderhede van die begrafnis.

Sete quedas jul aug 2015 173
Rustig en veilig. Lank na donker, nog kinders aan die speel in die strate en mense wat stap. Lyk asof dit die ideaal, van elke jong seun is, om hul fiets op die agterwiel te ry. Neem ´n paar af, waar hulle op die oppervlak, spesiaal vir fietse oefen. Storm dadelik nader, vra op watter facebook blad hulle gaan verskyn. Nee, ek neem sommer maar net foto’s. Laat weet ons as ons foto’s iewers verskyn, asseblief.

sete quedas 1

Sete quedas jul aug 2015 215

Sete quedas jul aug 2015 221

Elkeen, probeer ‘n geldjie verdien. Dona Dileuza, ´n bekende gesig in die dorp, met haar goue ringe, gekleurde naels en toonnaels, onder die pers sambreel. Op haar perdewaentjie, met die ronde perdjie. Smous klere, bra’s en vrugte, groente, eiers, melk en wie weet wat nog, in daardie plastiek sakke. Laaste vier produkte, op hul plot, net buite die dorp geproduseer. Nog ‘n voor-die huis-aflewering.

Sete quedas jul aug 2015 184
Dan is daar nog daardie “droeë grens” tussen Paraguay en Brasilië. Niemand sien dit eintlik raak nie. Elke 500 meter, ´n eensame konkreet struktuur. ´n Teken van goeie buurmanskap. Oral vol bome geplant, tussen die plase en in die dorp, met die Paraguaan dorpie net aan die anderkant, nou nog ‘n sokkerveld in wording. Voldoen seker nie aan FIFA standaarde nie, maar sal, met die gras gevestig, menige jongelinge laat droom om die volgende Neymar of Kaká te wees. Pele, sal hulle nie meer onthou nie. Dit lê dan ook nie nutteloos nie, verder ondertoe, is daar reeds drie velde.

Sete quedas jul aug 2015 055

Sete quedas jul aug 2015 060

sete quedas 3
Oningeligtes, dink, dit is ´n derde wêreldland. Daar sal besware wees oor wat in Rio en Sao Paulo aan die gang is, maar die platteland van Brasilië, is baie rustig. Behalwe die taal, is die kultuur nie ver verwyder van ons kultuur nie.
Hasta la proxima