Die mens is van nature, ´n nuuskierige wese. Sommige is taktvol, ander nie. Die moderne kommunikasiemiddele, maak dit maklik, om uit te vind en uit te vra, na ons lewens. Dalk met ´n draai of sommer op die man af. Na meer as twintig jaar hier, is ons daaglikse bestaan, net so vervelig en soms opwindend as op enige plek, op hierdie goeie aarde, van ons. Met dalk hier en daar ´n verskil. Dan is daar dae, wat uitstaan. Dae wat lank in die geheue sal bly. Dit hoef nie ´n opspraakwekkende dag te wees nie, maar net ´n dag wat daardie iéts het. So ´n dag, was die afgelope Sondag.

streichers kerk 008
´n Wyle terug, kry ons ´n uitnodiging van Marlene Streicher, om die Sondag, by hulle aan huis, ´n kerkdiensie, haar woorde, by te woon, wat gelei sal word deur ds Danie O’Kennedy van die Helderberg Gemeente van Somerset-Wes. Hulle vriendskap met hom het ontstaan deurdat hy hulle dogter, Anita, se huweliksbevestiging daar waargeneem het en kinders gedoop het. Hy het ´n Ekumeniese kongres in Buenos Aires bygewoon, wou graag die valle by Foz du Iguazu bywoon en hulle, dit is nou sy en Theo, het aangebied om hom daarheen te neem.
Wat ´n aangename dag, onder sy leiding, het dit toe nie geword nie. ´n Predikant, uit ´n huis van leraars. ´n Positiewe boodskap, lekker sang, gelei deur hom, met die begeleiding van Alta Brits, ons plaaslike orreliste. Jammer dat ons slegs ´n handjievol was, wat dit kon geniet. ´n Mens mens predikant, wat tot ons almal gespreek het en positief gestem het. Tee en soetgoed, soos die gebruik, na die diens en mooi harpspel, deur Mattias Streicher, die talentvolle kleinseun.

streichers kerk 013

streichers kerk 011

streichers kerk 023
Dink mens onwillekeurig aan die woorde van John Dever se lied, Some days are diamonds, some days are stones. Die verskil was, hierdie dag, het geen klippe in gehad nie, net pure diamant, met lekker mense. Dankie Danie en dankie Theo, Marlene en Mattias en Alta.
Hasta la proxima

Advertisements