Wat weet ´n oud skaap-en beesboer, nou eintlik van varke? Seker minder as die spreekwoordelike kat van saffraan. Siende dat varkvleis, baie gewild is, in hierdie omstreke, en dat daar min mense is, wel daar is hier en daar, wat ´n geloofsweersin in die eet van varkvleis het, is dit ´n betalende en goeie boerdery opsie. Die beskikbaarheid van ´n oorvloed soja, mielies, koring en die newe produkte van die grane, maak dat daar oorgenoeg voedingstowwe beskikbaar is.

Sete quedas jul aug 2015 006
Hoor ons van die varkboerdery, naby die dorpie Pindoty Porá. Die wat weet sê, dit is nogal iets om te sien. Baie doeltreffend. Afspraak gemaak. Toeval, dié dag met die vangtoubyeenkoms (https://coetzeeblog.wordpress.com/2015/06/11/lassosport/ ), neem ek maar mense so in die stap af. Dié gryskop, besluit om te gesels en vra, waar kom ons vandaan, met die dat ons eintlik vreemdelinge daar is. Hy is toe die einste Vanderlei Schmidtz, eienaar van die varkplaas, Granja Amiron. My dogter, wat nou betrokke is in ´n varkboerdery, het ´n rukkie van te vore, teelmateriaal daar gekry. Toé is ons amper familie. As ons weer in die rigting kom, wil ek ´n paar foto´s kom neem. Julle is baie welkom.

Sete quedas jul aug 2015 007
Dalk nie die grootste hier rond nie, maar baie doeltreffend. 20 jaar word hier kwaliteit vleis geproduseer. Skoon en die otte lyk gelukkig. 500 teelsôe en die nageslag wat gevoer word vir die mark. Elke sog, het gemiddeld 14 kleintjies per werpsel en die sterftes is baie laag. 2 X per jaar moet elk sog jong, maak maar die somme, hoeveel varke daar geproduseer word per jaar. Lewendige gewig van 115 kg is die ideaal vir slag, dít behoort hulle te bereik, op 6 maande.

Sete quedas jul aug 2015 014

Sete quedas jul aug 2015 021
KI word toegepas. Genetiese materiaal word van die groot Brasiliaanse maarskappy, wat ´n leier op die gebied van landbou is, Agroceres bekom. Jair Muños, 10 jaar wat hy al daar werk, is ons gids deur die “granja”. Duidelik, is dit sy passie en belangstelling. Dalk ´n groot rede vir die sukses van die onderneming. Voer word self gemeng en hy beklemtoon, dat die kwaliteit gereeld gemonitor word. Gange verbind al die verskillende afdelings, laaigeriewe is baie goed. Elke werker, weet duidelik wat om te doen.

Sete quedas jul aug 2015 039

Sete quedas jul aug 2015 023

Sete quedas jul aug 2015 048

Sete quedas jul aug 2015 052

Sete quedas jul aug 2015 054
Die tradisie van Duitse deeglikheid, slaan deur. Kan jy nog Duits praat? Nee, glad nie meer nie, maar my oupa kon nog en my ouers ´n bietjie. ´n Aangename besoek, wat ons laat besef het, hoekom varkvleis so ‘n groot deel van die wêreld se vleisverbruik, uitmaak en dat varke van die doeltreffendste omsetters van voer na vleis is.
Hasta la proxima

http://www.agrocerespic.com.br/

Advertisements