Sleutelwoorde

, ,

Anton Goosen sing van lekke, lekke beesteboude, maar ek is seker as hy, die afgelope Sondag, in die dorp Naranjal (spreek uit Narangal) was, sou hy sing, van lekker, lekker beesteribbes. Vriendskapsdag, 30 Julie, was dit weer die dag van die Ribbefees. Oorspronklik ´n Brasiliaanse gebruik, maar omdat daar so baie Brasiliaanse inwoners, aan die oostekant van Paraguay is, het die Brasiliane en hul afstammelinge, besluit om daardie tradisie, hier voort te sit en was die afgelope Sondag, die 15e,  van hierdie baie suksesvolle feeste, en wat ´n aangename vrolike dag was dit nie. Vriendelike mense, as hulle hoor jou Spaans, verskil van hulle Portugese aksent, wil hulle dadelik weet, waar kom jy vandaan,  wil net  gesels en verwelkom ons hartlik,  by hulle fees.

DSCN4246

20562879_10154635036336689_647270247_n

Weke, eintlik maande, voor die tyd, word daar propaganda gemaak vir die dag. Die idee is, dat ´n groep persone, ´n tafel met ´n rib moet bespreek, sodat die organiseerders, presies weet, hoeveel ribbes, om voor te berei. Dit is´n redelike proses, eerstens word daar ´n hoë vereiste gestel, aan die ribbes wat gebruik gaan word. Jong beeste, nie ouer as twee jaar en van rasse, wat bekend is vir kwaliteit vleis, word gekies. Elke rib, moet ongeveer 28 – 30  kg weeg. Die vorige dag, word die ribbes in ‘n spesiale mengsel gemarineer. Die dag van die fees, op ´n spesiale raam gemonteer en ongeveer 8 uur voor die ete, word daar aangevang om te braai. In ´n ry staan hulle en daar word ´n vuur weerskante gemaak, nie te warm nie, natuurlik ook nie te koud nie, want dan sal hulle nie op die bestemde tyd gereed wees nie, maar die manne weet al net hoe. Afgelope Sondag, was daar 152 ribbes, op,  of eintlik, tussen die kole.

DSCN4258

DSCN4256

20 manne, is verantwoordelik, vir daardie warm taak. 300 werkers, in totaal, om alles vlot te laat verloop en die meer as 6000 besoekers gelukkig te hou. Braaivleis en dieselfde slaaie, is beskikbaar, vir mense, wat nie, ´n groepbespreking gemaak,  het nie.  Die surplus fondse, word gebruik, om die plaaslike skole, hospitaal te ondersteun, so word families, waar daar nood is en verdienstelike studente, wat nie oor die nodige fondse beskik nie, ook gehelp. Die hele gemeenskap, werk saam, om hierdie dag ´n sukses te maak. Die gees wat heers, dui daarop, dat almal dit geniet. Op die verhoog, in die groot saal, is verskillende orkeste en kunstenaars ook besig om op te tree. Van beide die Brasiliaanse en Paraguaanse kulture.

DSCN4251

20526805_10154635036231689_226344861_n(1)

Wanneer ons ete afgehandel is, ons het nie ´n hele rib gehad nie, want ons was te min vir ´n heel een, sien ons dat heelwat van hulle, ´n gedaante verwisseling ondergaan het en die manne, is besig om van hulle kaal te maak. 25 – 30 mense, is genoeg om dit die moeite werd te maak, om ´n hele rib te bespreek.

20527209_10154635033931689_823726156_n

DSCN4266

DSCN4269

Buite, is daar uitstallings van landbouverskaffers en natuurlik ook stalletjies van alles en nog wat. Soos deesdae, oral die geval is, ook allerhande Sjinese gemors. Oppad, na die kar toe, stap ons verby die karkas van die ou Lanz Bulldog trekker. Onwillekeurig, dink ek aan die dae, toe ek gedurende wintervakansies, saam met ou Kleinbooi, talle vragte lusern na die skape moes ry, met so ´n Lanz trekker.  Waar is die dae heen?

Hasta la proxima.