Sleutelwoorde

Daar was agt van ons. Vyf broers, waarvan twee, nie meer met ons is nie en drie susters. Baie bevoorreg. Streng grootgemaak, goeie dissipline. Tyd en plek vir fiemies en geite, was daar nie juis nie. Soms was dit nie so maklik nie. Pak nou agt woelige kindertjies, in ´n groterige standaard, kar. Ons tydgenote, kon hulle nie juis, sulke ongerieflikhede, voorstel nie. Praat nie eens van vandag se bedorwe “brats” nie. Die opvoeding was goed en so ook die studiegeleenthede. Sekerlik, was daar opofferings van ons ouers. Dankbaarheid, is vandag, die oorheersende gevoel, wat ons oorblywende ses beleef. Weens omstandighede, kon net vyf van ons dit maak, na dié fees toe.

famblog 3

famblog 2

Die gedagte, van ´n familiefees, is die afgelope paar jaar, so in die verbygaan, tussen van die niggies, geopper. Dít, is wat ek gehoor het, of van bewus was. Einde verlede jaar, het die oudste suster besluit, dat daar iets aan daardie droom, gedoen moet word.  Vonkposse, het begin beweeg, dankie vir die moderne middele. Navraag is gedoen? Wie stel belang? Wanneer? Waar? Onmoontlik om die datums en plek, vir almal te laat pas. Die agt kinders, het intussen 25 kleinkinders bygevoeg en veertien agterkleinkinders. Heelwat nou ook, soos in so baie families, in die buiteland. Ousus Anna – Beth en skoonsus Marietjie, neem die reëlings, in hulle bekwame hande en die fees is besig om werklikheid te word.

famblog 4

27 – 30 April, die datum en die plek, Orange Valley, by Gariepdam. Groot opgewondenheid, toe almal begin opdaag. Blye weersiens. Sommige van die neefs en niggies, mekaar vir 20 jaar plus, nog nie gesien nie. Die begin, van ´n naweek, wat vir baie lank, in ons geheue sal wees. Gesels en herinneringe. Kameras en telefoonkameras,(nie vir WhatsApp nie) werk oortyd. Beelde word vasgelê, waarna ons nog baie in die toekoms na sal kyk. Groot geselse, herinneringe, opgeroep en af en toe ´n traan, wat val. Hoofsaaklik, darem, lag en vrolikheid. Danksy WhatsApp en Fb en ander elektroniese konneksies, is ons darem in voeling met almal, maar daar is niks, soos om mekaar, na so ´n lang tyd, weer in die oë te kyk nie.DSCN3567

DSCN3536

Verdere opgewondenheid, Saterdag. Twee neefs en twee niggies, kinders van my pa se suster, het besluit, om by ons aan te sluit, toe hulle hoor van die okkasie. Gedurende ons jeugjare, was ons besonder na aan mekaar. Waardering, vir hulle moeite, sommige moes ver kom en dit het die naweek soveel meer spesiaal gemaak. Die familiebande is versterk, die tyd, soos gewoonlik, net te kort, om al die prate te praat.

famblog 1

famblog 11

Reëlings, onverbeterlik. Slaapplekke, baie goed beplan. ´n Gawe terrein, om so iets te reël. Ons kan dit werklik aanbeveel. Kyk maar hier: http://www.orangevalley.co.za/index.html  Die kombuis, was vir elke ete, wat ons self gereël het, tot ons beskikking, so ook die kroeg. Ons het al die slaapplekke, vir die hele naweek bespreek. Skaap op die spit, vir Saterdagaand, met skilpadjies en skaapstertjies as voorgereg, ´n ete op sy eie, dit was ekstra, voor begroot. Baie dankie aan die familievrouens, wat die ander etes en die koek en tee, elke dag voorsien het. Dit het gesorg, vir ´n groot deel van die sukses, om dit vir 39 mense, vir ´n naweek te doen, getuig van goeie organisasie.

famblog 7

famblog 8

Baie dankie vir die brosjure, oor ons geskiedenis en dié wat teenwoordig was. Dankie aan Alette, vir die familiefoto´s, met gepaste musiek,wat sy vir ons op rekenaar gesit het. Dankie, Saar, vir die dagboek, van ons ma, op die stokkie. Dankie Betta en Marietjie en al die ander, wat meegehelp het.

 

Die droom, is bewaarheid en het verander, in ´n baie aangename ondervinding en ons weer laat besef, hoe ´n voorreg dit was, om deel van ´n groot familie, te wees. Ons het dié gemis, wat nie meer met ons is nie en meer nog, dié wat dit nie kon maak nie. Dalk, oor 3 jaar maak ons weer so?

Hasta la proxima

Advertisements