Hier is gelukkig nog geen Nguni’s nie. So hier is nog geen bekgevegte tussen die voorstanders van die Bonsmara en die Nguni nie. Die Bonsmara, soos die ander Suid-Afrikaans ontwikkelde rasse die Dorper en die Boerbok, is stadig maar seker besig om sy merk hier te maak.

Die plaaslike telersvereniging is reeds op die 7e Julie 2004 gestig. Sedert 2005 is daar uitstallings van die Bonsmara op elke Expo gehou, aangesien daar gehou word by die reëls en regulasies van die SA telersvereniging waar dit verbode is om te skou. Kontak met die SA vereniging word deurentyd behou asook met ander lande. Gereeld word daar boeredae gehou en besoeke gebring aan telers.

Jorge Fullone

Gedurende die afgelope jaarvergadering van lede is Jorge A Fullone as president gekies, vise-president Neversindo Bairros Cordeiro, sekretaris Moisés Yu, Maria Isabel Couchonal is die aangewese bestuurder van die ras en bykomende lede is Hartmut Voth, Roberto Samaniego en Lourenzo Tito Larrosa. Tegniese personeel is Moisés Yu, Tulio Ferreira, Eduard Voth en Roberto Samaniego.

Jorge Fullone is sedert 1989 betrokke by die Bonsmara deur sy verbintenis met die Leachman groep. In 1990 is daar 62 skenker koeie in SA uitgesoek en 2 bulle gekoop en nog 3 bulle gebruik. Hieruit is daar 12000 embrios verkry wat in Brazilië versprei is, veral aan Resende Barboza.

Daar is sprake van die invoer van Boransaad, nog geen sprake van die Nguni nie. Dus behoort die kalmte tussen die plaaslike beesboere, vir ten minste ´n redelike lang tyd, te bly voortbestaan.

Hasta la proxima.