Sleutelwoorde

,

Ek dink, almal, wat hier lees, weet dat ons lief is vir ons eie wors. Gemaak volgens ouma se resep, moet net noem, dat ons ‘n wysiging of wat aangebring het. Dit is nou ook nie ‘n staatsgeheim nie en ek sal dit later noem. Vir ons, is dit baie lekkker wors en die meeste, wat al saamgeeet het, dink ook nogal so. Soms mag mense dit nie eet nie, want hulle geloof laat dit nie toe nie, daar is dan vark in. ander noem, dat hulle allergies is vir vark. Gelukkig, laat dit, dan meer, vir ons.

spong 4

Ons nuwe Ozzie vriende, ja selfs van Australië, trek daar mense hierheen, nie net die Duitsers nie, noem ‘n paar dae gelede, dat hulle baie lus is regte, egte boerewors. Hulle is nou moeg vir al die Duitse worse, wat hier beskikbaar is. Geen probleem nie ons het ‘n lekker resep. Ja, maar ons het nog nooit eintlik self gemaak nie. Ons gaan maak sommer vir julle. Kry al die bestanddele, ons sal met julle regmaak. ‘n Lekker kuier, gekombineer, met ‘n bietjie werk.DSCN1036

DSCN1038

spong 3

Sê die vrou van die huis,’n dag of wat, voor ons gaan, ons sal moet naeltjies en koljander maal. Ons het nie genoeg vir ons normale 10 kg resep nie. Gaan haal die ou meuletjie, wat nommerpas is, vir die takie, van die rak af, in die buitekamer. Verrrassing! Hy is toetenaal vasgeroes. Die hoë vogtigheid en, dalk nie goed skoongemaak nie, die oorsaak. Ter verskoning,moet ek darem noem, ons het ‘n ruk terug, ‘n goeie voorraad gemaal en in die vrieskas gebêre. Dus, hom lanklaas gebruik. Onthou, dit was nog ouma Lizzie se meule, dus, maklik70-80 jaar oud. Egte kwaliteit.

Hoe nou gemaak? Ek is nie lus, om die 7 km natpad, aan te durf om ‘n nuwe te koop nie. Dus moet Spong & Co, se nommer 3 meuletjie oopgemaak en skoongemaak word. 5 skroewe (wat eintlik maklik losgekom het)en ‘n tikkie met die hamer en siedaar, hy is in 4 bewerkbare stukke. ‘n Klein vyltjie, skroewedraaiertjie, staalborsel en nie lank nie, toe is al die roes weg. Hom goed geskrop en later, na hy aanmekaar was, ‘n handvol hawermout deurgemaal, net om seker te maak, dat hy goed skoon was.

Volgens Google, het James Osborne Spong in 1856 die besigheid begin, die vervaardiging van “domestic machinery”. Tot ongeveer 1970, het nageslag van James Osbrne Spong, nog sekere goed vervaardig, oa motoronderdele.

‘n Aangename dag, met vriende gespandeer, lekker gesels en bietjie gewerk. ‘n Goeie middagete, met regte boerewors as hoofgereg. Die gasheer en -vrou beindruk. Bel hy die volgende dag, om net weer te bedank en noem, terloops, dat hulle die aand weer wors gehad het, daar het bietjie oorgebly vir ontbyt, maar dat hulle middagete, weer gaan wors he.

Ek voorsien, dat ons binnekort, weer sal gaan help.

Hasta la proxima

https://www.gracesguide.co.uk/Spong_and_Co