Sleutelwoorde

Vanoggend, lê jy daar, kaalgestroop. Ek. wil sê, van jou waardigheid, maar dit, is seker effe kras. Eerder, soos ‘n hawelose. Een of ander weldoener, wou jou netjies maak. Die skeermes was stomp. ‘n paar happe, hier en daar. Daar waar die water gedam het, die onkruid oorgeneem het en die stroper dit gemis het, doelbewus, natuurlik. Nou jaag almal verby, soos by die hawelose, wat niemand wil raaksien of ken, daar op die bankie in die park, nie. Kyk nie eers, of daar dalk ‘n goeie oes oppad is nie.

DSCN1012

DSCN0970 (1)

DSCN0976 (2)

Daar, moet darem seker, bietjie dankbaarheid wees, vir jou opbrengs. Die seisoen, was nie maklik nie. Eers die droogte, ja dit was maar ongeveer ‘n maand, met baie warm en droeë toestande, ongekend, wat die vroeë aanplantings, benadeel het. Toe, die later aanplantings, waarvan jy, deel was. Baie belowend. Reg om gestroop te word. Toe, twee weke, aanmekaar, nat winters weer, eintlik, nog somer. Droeë, ryp soja, hou nie daarvan nie. Muf, kan intree, as die weer te lank so bly en dan is dit amper waardeloos. Gelukkig, Maandag, sien ons die son en Dinsdag, na die dou, padgegee het, hoor ons die eentonige gedreun van die stropers. Nog nie veel stof nie, maar elke dag meer en ons weet die peule word droog. Die betrokkenes sê, nee, die skade, is nie erg nie. Dankbaar, al is ons nie direk betrokke nie, hou mens daarvan, as jou huurders, ‘n goeie oes, maak.

DSCN0949 (1)

DSCN0951 (1)

‘n Wyse, het eendag gevra: Wat is die verskil, tussen ‘n goeie en ‘n swak boer? Sy eie antwoord, drie weke. Die swak boer, doen altyd, of die meeste van die tyd, alles, net drie weke te laat. Nie so eenvoudig nie en nie altyd waar nie, die natuur, kan daardie rol, baie maklik omkeer. Vanjaar, hier in ons wêreld, is die sogenoemde “swak” boere, beter daaraan toe. Die vroeë, op die regte tyd, goeie boere, aanplantings van die soja, wat die hoofgewas is, is baie nadelig geraak, deur ‘n ongekende warm en droeë periode, wat die opbrengs baie verlaag het. Sommige, sal beweer, dat dit deel van die wêrelwye klimaatverandering is. Ons kan verskil, of dit mensgemaak en of dit ‘n natuurlike verskynsel is.

Die jongste oesskatting, reken die oes gaan 20% laer wees. Dalk nie, so ‘n groot afname nie, maar dat dit van die “goeie boere’ gaan affekteer, is gewis. Of, dalk, is dit van die goeie wyse boere, wat nie jaag en probeer om hul aanplantings, so gou as moontlik in die grond te kry nie, want dan weet hulle, dat hulle risiko verspreid is.

Hierdie, hoort dalk eerder, op daardie ou landbou.com se blogs, wat ‘n stille dood gesterf het. Die probleem, dalk is dit ‘n lekker probleem, maar wat nie altyd, die winsgewendste is nie, is die feit dat daar te veel oeste, in die kortste tyd gejaag word.

Dus, die natuur, geluk, speel ‘n baie groot rol, om van jou ‘n goeie boer te maak, of skielik ‘n swakke. ‘n Oorvloed reën, ‘n gelukkige donderbui, ‘n haelbui, ‘n vroeë of laat ryp, ‘n skielike droogte, is enkele van die groot gelykmakers. My pa, het altyd gesê, dit is faktore, wat die boerdery, meesal, nie lekker maak nie, maar wel interessant.

Wat gaan die volgende seisoen inhou, is die groot vraag?

Hasta la proxima.