Sleutelwoorde

,

Dit is ‘n variasie, van sokker, word gewoonlik binneshuis en op ‘n harde oppervlak gespeel. Die verkorting van futbal de salon.Vyf spelers, aan ‘n kant, maar nege ander, kan as plaasvervangers, gebruik word. Gespeel met, ‘n kleiner, harder en bal wat minder bons in hom het. Die oppervlakte, bal en spasie, maak bal kontrole, in klein spasies, baie belangrik. ‘n Baie gewilde sport, in Suid-Amerika, waar dit oorspronklik ontstaan het, in Uruguay. Hierdie inligting, is nou volgens Wikipedia, waar daar nog baie meer te lees is.

IMG_8358

IMG_8361

IMG_8365 (2)

Hierdie naweek, vind die jaarlikse futsal toernooi, van die verskillende Duitse klubs, in die ooste van Paraguay, hier by ons te Independencia, plaas. Sewe stuks. Baie jongmense, natuurlik. Gisteraand, tente oor die sportterrein, sommige op matrasse in die saal. Die plaaslike klub, is verantwoordelik, om die mae gevul te hou. Die wenners, van die ooste, speel dan later, teen die wenners van die westelike gedeelte, of die Chaco, soos dit algemeen bekend staan.

DSCN0994

DSCN0997 (2)

DSCN0998

Hierdie, is ‘n Duitse kompetisie, maar al hierdie spanne, speel ook in die Paraguaanse ligas, van hulle omgewings.

‘n Goeie gees, van gesonde kompetisie wat heers.

Hasta la proxima