Sleutelwoorde

Die Groot Boek praat, van ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan. Voor iemand, dalk skrik, hierdie aanhaling, is maar net as gevolg van die feit, dat WordPress my gedurig, daaraan herinner, dat my spasie byna vol is en dat ek ander opsies moet volg. Na twaalf jaar se blogs, is dit seker te verstane, dat ek maar moet gaan. Die opsies, ‘n paar, 3 van hulle, om van 7 US$ tot amper 30 US$ per maand te betaal, is nie vir my aanvaarbaar nie. Saterdag, 28 Julie 2007, het ek die moed bymekaar geskraap, om my eerste blog te plaas. Ek dink, dat dit goed is, om nou bietjie te dink, aan die een, wat nou, tot ‘n end, moet kom.

Gesels, met van die meer kundige blogskrywers. Begin, ‘n nuwe een, as ek daarin sou slaag, lees ons weer. Dankie, Hester, hoop ek kom reg. Aanvanklik, het ek die blogs geskryf, vir landbou.com, maw Landbouweekblad se aanlyn weergawe, oor veral die landbou, hier in Suid-Amerika. Weet nie hoekom nie, maar daardie blogs, wou nooit werklik aan die gang kom nie, ongeveer 3 jaar gelede, is dit amptelik gestaak. Later het hulle deur Letterdash en LitNet gewerk. Die meeste van ons, wat daar betrokke was, weet wat se fiasko, uiteindelik, daar uitgebroei het. Dit het later aanleiding gegee, tot die totstandkoming van die Fbblad, ouLitte, waar van die betrokkenes, bymekaar gekom het.

2008, was die jaar wat ek foto’s kon byvoeg. Soms ‘n stryd, dan, is die fotos te klein en dan te groot. Soms gewonder, is dit alles die moeite werd. Met die aanmoediging, van Jan Bezuidenhout, destyds, die aanlyn redakteur, van landbou.com, het ek aangehou. Slegs, ‘n paar lesers. Haakvrystaat, The AfricanNewsferret, argentyn, tishza, melkboer en ‘n sekere TS, wat gelees het en kommentaar gelewer het. Die skuif, na Letterdash en LitNet, gemaak dat meer lesers bygekom het. Sommige, wat nou nog hier, te vinde is. Tina, Vega, blikskottel, monicahaddad, avega, Perdebytjie, Ben van Bruggen, Henry, Madhatter, Modigliani, Maankind, Tokeloshe. Nie almal meer aktief op die blogs nie, maar deur Fb, is mens van hulle bewus en het ons vriende geword, sonder dat jy hulle ooit ontmoet het. Lewies en sy Vroukie, darem onmoet en lekker gekuier.

Name duik op, van skrywers, met lekkerlees blogs en positiewe kommentaar. Papeslaai, Neander, hy was kundig oor beesboerdery, Raymond2009, Neffertiti, rosiemetdorings, loudavisi, weet ons van en sy hou nog steeds skool en belowe, dat volgende jaar, haar laaste sal weees, Faansie, murphy, verbeeldingsvlug, rissiepit, Druktyd, Zephur, chopstix, Bloukaap, Kerneelsie, Trakie, letterliefde, Zeppie, Katriena, Dopper Joris, Christo, Droomkind, Lo-Ammi, Willemien, Poppie met ‘n Pakkie, skuld my nog ‘n spin met die Nissanbakkie, wat nou seker al twee nuwer modelle gekry het, Michelle, Viswyf, Kortgat, Stoutgat, Ezile, Palomino. Hierdie mense, is van die, wat die blogs, aangenaam, gemaak het en sou graag meer van hulle wou hoor Ek dink nie, dat ek probleme met trolle gehad het nie. Dankie, dus aan almal, vir hulle/julle aandeel.

Ek hoop om binnekort, steeds by WordPress te wees, dalk onder ‘n ander naam, maar sal behoorlik kennis gee daarvan. Dit is, as ek, suksesvol is.

Hasta la proxima