Sleutelwoorde

,

Gesels, ‘n paar van die dames hier, op die blogs, oor die onderwerp, om die lewe, eenvoudiger te maak. Onmiddelik, dink ek aan, wat met ons gebeur het. Minimaliseer, is die woord, sien nou dat dit, in Afrikaans, ontrommel genoem word.

Wanneer het dit nou eintlik begin? Gedeeltelik, seker, met die trek hierheen, 25 jaar gelede. Ruil , ‘n plaashuis, met sewe, ja 7, slaapkamers, vir een met 1 mooi, groot slaapkamer en 2 piep kleintjies. Sentiment, wat moet gaan en wat moet bly. Die werklike familie erfstukke, verdeel tussen die kinders, wat agterbly. ‘n Paar gaan saam, ander verkoop. Baie sê, vat jou goed saam, dit maak dit makliker, in die vreemde, as jy tussen jou bekende goed is. Weet nie of dit werklik so is nie, want elke bekende stuk, dra deel van jou geskiedenis saam en by die aanskoue daarvan, wakker dit, die heimwee aan, wat jy nie eintlik nodig het nie.

So, leef ons, aanvanklik, met te veel goed saam. Probleem, die huis moet skoongehou word. Geen bediende, soos wat daar in die ou Tuisland, ‘n oorvloed van was nie. Tussen boer en werk, moet die huis, skoon gehou word, nie maklik nie. ‘n Mens sou dink, met die hoë reënval, moet die stof minder wees, dit het ander probleme. ‘n Wollerigheid, wat in toom gehou moet word.

Ongeveer 2011, het die groot ommekeer gekom. Moet darem bysê, dat daar, ook intussen ‘n verandering in die huisbestuur, plaasgevind het. Eenstemmigheid, ons het eenvoudig te veel. So begin die proses. Wat word gebruik en wat nie? Nie altyd maklik nie. Wat word weggegee? Wat word verbrand? Daar is dinge, waarin niemand belangstel nie. Vuur toe! Sentiment, ja dit, moet maar, op die agtergrond geskuif word.

Soos dinge vorder, begin daar ‘n verligting, in my gemoed kom. ‘n Onbeskryflike gevoel. Nie net, word die skoonmaak makliker nie, maar ook die wete, dat jy dit makliker maak, vir iemand, wat eendag, daarvan, ontslae moet raak.

So 23 jaar gelede, net na ons aankoms, hou die plaaslike munisipaliteit, ‘n mini ekspo. Die Suid-Afrikaanse vrouens, het ‘n stalletjie. Ywerig werk hulle en maak ‘n klomp goed, om te verkoop. Nou kan ek sê, die meeste, nuttelose artikels, mooi, vir die versiering van die huis, soos ons daaraan gewoond was. Groot, was die ontevredenheid, toe die Duitse tantes, dit as ‘n klomp stofgaarders beskryf het. Deesdae, is daar, ‘n dalk krasser, Afrikaanse woord, om dit te beskryf. Die pannekoek afdeling, het baie goed gedoen.

Boeke, dit is moeilik om te verbrand en wie sal nou hier Afrikaans lees, of Engels? Gelukkig, vriend James, het dadelik versoek, om my van die Engelse boeke te verlos. Ons hou mos van lees. Rakke vol, in byna elke huis. Wie, het al ‘n boek, twee keer, gelees? Wat van dit skenk aan inrigtings, ouetehuise, plakkerskampe. Ek verstaan daar is heelwat.

Byna, twee jaar gelede, my laaste besoek aan SA. Familie en vriende. Tydgenote. Aftree. Van kollosale huise na kleiner, aftreeoorde. Wat van al die goed, in julle huis? Ons weet nie. Die kinders, het gevat wat hulle wou, maar die huis is nog vol. Hulle huise ook. Niemand soek dit nie.

Kombuis, spens, linnekas en klerekaste, het hulle beurt gehad. Sommiges, wat minder het, was baie dankbaar. Soos ons ouer word, word ons drome en begeertes, na aardse besittings, seker ook minder.

Verligting, rustigheid en vrede in die hart. Ons het daardie paadjie, klaar bewandel.

Vir ons, is die lewe, beter met minder.

Hasta la proxima.