Sleutelwoorde

, ,

Die omgewing se Kewerklub (VdobleV Käferklub),het die afgelope naweek, hulle eerste saamtrek, by die buurkolonie, Sudetia, gehou. Die naam, omdat die eerste koloniste, wat hulle daar gevestig het, van Sudetenland afkomstig was. Vandag nog, kan ‘n mens die verskil in uitspraak, tussen daardie mense en die in ons kolonie, wat hoofsaaklik van Baden Baden was, op die oor ondervind.

DSCN0901

DSCN0896

DSCN0895

‘n Heerlike, ontspanne atmosfeer. Blye weersiens van mense, uit verskillende omgewings en verskillende samelewings, met ‘n gemeenskaplike belangstelling, die besit en liefde vir ‘n Volksie, ‘n Kewer, ‘n Käfer of ‘n Escarabajo, die Spaans.

kewers 3

kewers 5

Hoeveel van hulle, nog oorspronklik is, weet ek nie, maak seker ook nie saak nie. Belangriker, is die saamkom en gesellig verkeer. Daar was ook geleentheid vir ander eienaars, van antieke motors en trekkers, om hulle ysters te kom vertoon.

kewers 1

kewers 2

Ons, is te vroeg, Saterdagoggend daar. Die Kewers, kom met eentonige reëlmaat aan. Loop die energieke Heiko, die voorsitter van die klub raak. Besig, met die laaste reëlings, maar alles verloop vlot. Heelwat, met dakrakke, vanaand, sal daar gekamp word,

kewers 9

kewers 7

kewers 6

kewers 8

O, ja, die doble v, beteken w, dit, is soos dit in Spaans uitgespreek word,v vv, vir Volkswagen. Ongelukkig, kon ons nie Sondag gaan nie, sal dan maar ‘n paar foto’s van ander ook gebruik. So, het ons die asado ook gemis wn moes met warmbrakke en ‘n lekker suk koek vir middagete tevrede wees.

Dit was tog ‘n interessante paar uur.

Hasta la proxima.