Sleutelwoorde

, , , ,

Ek wil, glad nie dink, wat se rumoer én vernietiging, so ‘n opskrif en die organisasie van ‘n spierwitte dag, elders en of by name, in die goeie, wat dalk nie meer so goed is nie, ou tuisland, tot gevolg sal he nie. Dit kan mos nie toegelaat word nie. Dit, is mos nou, pure rassisme. Kanselleer dit onmiddelik en ons wil dit nooit weer sien nie, maar hier, was glad geen politiek, betrokke nie.

dscn0881

white day 7

Gelukkig, word dit hier, as ‘n baie normale reklame gesien. 1 Junie, elke jaar, is dit Wêreld Suiweldag en hier, word daardie benaming gebruik, vir die dag. White Day, nou nie dat ek dink, dat die meeste van die bevolking eintlik weet, wat daardie twee woorde beteken het nie, maar na dit al vir sewe jaar gevier word, behoort hulle dit nou te ken.

white day 8

Verlede jaar, is dit gevier met die inwyding, van een van die plaaslike melkkoöperasies, Lacteos Trebol, se splinternuwe aanleg vir die produksie van poeiermelk, in die dorp Loma Plata. Die doel van die White Day, is tweeledig. Eerstens, om die publiek, in te lig, oor die belangrikheid van die voldoende inname van melk en dan om genooide gaste, te motiveer om melk te skenk vir minderbevoorregtes en gestremdes. Lacteos Trebol, het die voorbeeld gestel en 5800 liter melk geskenk.

Elke dag, word ook afgesluit, met ‘n konsert, met ‘n spesifieke tema, verlede jaar, was dit vrolikheid. Sang, musiek, dans en vrolike teater, was gepas. Die oogmerk, was, om so wit moontlik, aangetrek te wees.

white day 9

Die mense, wat so teen alles wat wit is, gekant is, sal maar verlief moet neem, dat die kleur van melk, vir nog baie jare, leliewit sal bly. Ek glo ook nie, dat daar juis genetici is of sal wees, wat daardie DNA sal probeer verander net omdat mense, polities gekant is, teen alles wat wit is nie.

Hasta la proxima