Sleutelwoorde

Iemand, sê ons, was pioniers, 25 jaar gelede, toe ons hier gekom het. Afhangende, van die eiendom, wat jy bekom het, was daar mense, wat as pioniers, beskryf kan word. Plase, met slegs die basiese infrastruktuur. Geen huise, geen krag, geen water. Terwyl die geriewe gevestig en of verbeter is, moes van die mense, onder tydelike skuilings, so normaal as moontlik, probeer lewe. Veral, in die Chaco, die Groen Hel, so gedoop, deur buitelanders, was dit nie maklik nie. Hoë temperature en in die reëntyd, ‘n oorvloed muskiete. Ander, was gelukkiger, die basiese fasiliteite, beskikbaar. Elke familie, het genoeg materiaal, om ‘n eie boek, oor hul wedervarings, te skryf.

Baie dinge, was vreemd en moeilik. Die taal, bo aan die lys. Daaroor, later

Langafstand kommunikasie, was nog in sy kinderskoene. Gelukkig, met die dat die wêreld so klein geword het, is die agterstand ingehaal. Die eerste jare, die afwesigheid van selfone en die internet, is kommunikasie met die familie en vriende, aan die gang gehou deur die skryf van briewe. Die Correo, kom ons noem dit die poskantoor, is die plek waar die briewe gepos en ontvang is. Meesal, ‘n klein vertrekkie, beman deur een persoon, ‘n paar hokkies vir die pos en elkeen, wat gedink het, daar behoort dalk ‘n brief te wees, is opdrag gegee, om maar die briewe deur te gaan en te kyk of daar iets is. Posaflewering, het nie bestaan nie, nou nog nie. Die opdrag, van die ouer inwoners, was, as jy ‘n brief pos, na jy jou seël gekoop het, maak seker dat sy, ja dit was gewoonlik ‘n vrou, die seël opgeplak het. Dit kan gebeur, dat sy jou geld neem, dit nie opplak nie en jou brief in die snippermandjie gooi. Ek moet darem noem, dat ons nooit kon agterkom, dat dit, wel gebeur het nie. Vir ‘n brief, om SA te bereik, was in die omgewing, van 4 tot 5 weke en as die mense tuis, flink gereageer het, was jou antwoord, twee maande later daar. Die relevante vrae, in die eerste brief, nie meer van belang nie. Mense, naby groter sentra, kon darem hul eie posbusse huur. Ongelukkig, is die tradisie van briewe skryf, nou,vinnig besig, om uit te sterf.

Die opdrag, was ook, moet nooit geld in ‘n koevert stuur nie. By geleentheid, het ons posstukke ontvang, netjies verseël, in ‘n deurskynende plastiek sakkie, met die rede daarvoor, gewoonlik, dat dit as gevolg van die hantering oopgegaan het. Soms, het mense, gekla, dat lekkernye, soos sjokolade, uit pakkies verdwyn het.

Min mense, het privaat telefone gehad. Om ‘n telefoon, op ‘n plaas te kry, was ‘n duur proses. Eerstens, moes jy betaal, vir ‘n nommer en daarna, moes jy jou eie lyn bou, of iemand betaal, om dit te doen. Net na ons aankoms, het ‘n werker, van Antelco, my so stilletjies genader en voorgestel, dat hy vir my sou reël, vir ‘n nommer vir 800 US$, wat kwansuis, goedkoop sou wees. Oor die soort van korrupsie, kan boeke vol, geskryf word. Vroeër, as ons moes bel, was dit van Antelco (Administración Nacional de Telecomunicaciones) af. Met jou nommer in SA, op ‘n stukkie papier, nader jy die toonbank, gelukkig was daar stoele. Sit gerus, as die oproep deurkom, sal ons jou laat weet. Geduld, o geduld. Kom die oproep deur, word jy na een van die hokkies verwys en kan begin gesels. Destyds, het die lang vertraging, gemaak, dat menige oproep, eintlik chaoties was. Gou geleer, om jou storie te vertel en dan die anderkant, kans te gee. Antelco, is later semi geprivatiseer en staan nou bekend as Copaco (Compañía Paraguaya de Comunicaciones ). O, die wonder, van die nuwe tegnologie. Selfone, toe internet, Skype. Het julle gehoor, mens kan nou enige plek bel, baie goedkoop, maar jy moet ‘n kredietkaart besit. Laai ‘n paar dollers op jou Skype rekening en siedaar! Nou WiFi, WhatsApp en Messenger.

Fakse, was soms, baie onbetroubaar. Salig, onder die indruk, dat jou faks veilig sy betemming bereik het, want die strokie sê: faks delivered. Kom daar nie, die verwagte reaksie nie. Ontnugtering, hy het nooit sy bestemming bereik nie, maar jy het betaal.

Is daar, ‘n paar van destyds se “pioniers”, bymekaar, duik daar, een of ander tyd, ‘n staaltjie van daardie tydperk op. Nou, kan ons, daaroor lag en spot, maar destyds het die avontuur, soms gedreig, om in ‘n nagmerrie te ontaard. By die meeste, is daar verligting en dankbaarheid.

Hasta la proxima