Sleutelwoorde

,

Elkeen mis iets anders. Dit is nou in die lyn van kosserigheid, wat nie hier beskikbaar is nie. Ja, die familie en vriende, mis ons nog steeds en dit, sal seker nie verander nie, hoewel ons kom agter, dat daar van anderkant, ‘n traagheid is, om met ons, kontak te maak. Ten spyte van die maklike, kommunikasimiddele, tot ons beskikking.

IMG_8120

Hoor ons van iemand, wat van die ou tuisland kom, bring asseblief dit of dat saam. Word mense, opgesaal, om hulle eie oorvol tasse, te belaai, met ons lekkernye, waarsonder ons skynbaar, glad nie, kan klaarkom nie, terwyl daar plaasvervangers is, wat bykans net so goed smaak, as jy bietjie verbeelding het. Marmite, Bovril of Spread, daarsonder, is dit amper onmoontlik, om te bestaan. As ons wel daarvan het, word dit sorgvuldig weggesteek, as daar gaste kom, let wel, nie almal doen dit nie. Ongelukkig, meng Worcestershiresous, selfs soja sous en Gewuertse nie met botter nie, maar ‘n paar druppels, op die brood en dan die botter, heeltemal goed. O, ja blatjang, NikNaks, vissmeer,ja wedwo, Peppermint Crisp, vir daardie tert. Nog twintig dinge, wat gaan uitspring, waarna ons smag. Belangrikste, natuurlik, BILTONG!!

DSCN0681

Wat nou nie, in ‘n tas mag kom nie. Sien dit is vleis, saam met plantaardige dinge, net reg vir konfiskering. Ons eie biltong, dit sal ons maak. Baie planne, droogkaste, waaiers, verhitters, vogonttrekkers. Probeer, sommige werk mooi, ander te veel hitte, biltong gaarderig. Reëntyd, hoë humiditeit, muf. Nie gou genoeg droog nie. Probeer, sal ons aanhou probeer.

Met ‘n ompad, beland hierdie Sunbeam biltongmakertjie by ons. Weet van Sunbeam skeermasjiene, op ‘n tyd ook ‘n Sunbeam ketel gehad. Ozzie kwaliteit. Sien, hy hy het ook die CE plakker op. Made in China. Baie eenvoudig, onderkant, vier sye, die twee aan die kant, met klein ventilasie gaatjies, voorste een deursigtig, om die belangrike proses binne, dop te hou en die deksel bo. Die deksel, ‘n sok vir ‘n veertig Watt gloeilamp en ‘n klein waaiertjie, die soort, wat rekenaars koel hou. Kan hy regtig werk?

DSCN0682

IMG_8133

Gelukkig, ‘n kwaliteit stuk vleis, in die vrieskas. Sien die ou malers, is min en stomp en die sluk, ook nie so lekker nie. Gebruik, ouma se beproefde resep, 3 kilogram vleis en die sout en ander bestanddele, streng volgens die resep geweeg. Belangrik, hoe lank dit lê en hoe dik, so ‘n duim, goed vir die wat nie meer weet van duime nie, 25 mm in deursnee. Nie naasteby, soos daardie dik rugbiltonge, van destyds in die Vrystaat nie. Ongeveer 36 uur en daar hang hulle. Plastiek hakkies, net agt verskaf.

IMG_8117

Die proses, loop mooi. Byna, drie dae, as die dunstes so effe begin kromtrek. Dan weet ons, hulle is nie te droog nie. Was ons tevrede? Baie, nou behoort ons weer gereeld biltong te geniet.

Dankie, Ronel. As jy dalk, eendag, weer hier sou beland, is die biltongmaker, tot jou beskikking. Dalk, ook tyd, dat ons moet vergeet, van die ander smaaklike dinge, wat tog nou maar net meer sentimentele waarde, as iets anders, het.

Hasta la proxima.