Sleutelwoorde

Hulle, dit was die jong manne, daar in die veertigerjare, het sommer so in die weiding, hulle “fussbal” gespeel. Op ‘n dag, hulle kan nog vir jou sê, wie dit was, maar ek het hom nie geken nie, het een met die voorstel gekom, dat hulle ‘n klub moet stig en hulle eie sportgrond kry. Hulle was moeg om tussen die miskoeke te speel. So het die klub, tot stand gekom en het ons die afgelope naweek, die sewentigste verjaarsdag gevier.

klub 1

DSCN0415

DSCN0393

Min sportgronde, so mooi geleë. Die mooiste gedeelte van die land. Sokker, natuurlik, die belangrikste sport. Vlugbal, kegelbal, tennis, tafeltennis en salonsokker, word beoefen. Dan, die ouer garde, met hulle “skat”en knobel.

DSCN0396

DSCN0399

DSCN0395

DSCN0418 (2)

DSCN0406

DSCN0411

Die afgelope Sondag, was die sewentigste herdenking, van die Duitse Sportklub. Lekker kuier, musiek, dans en eet. Gratis, vir die lede, behalwe die bier en ander vloeibare verversings. Twee van die stigterslede, was teenwoordig en het spesiale toekennings gekry. Beide, 88 jaar. Was vir die twee, redelik emosioneel, die ander lewende stigterslid, is ernstig siek en kon nie die okkasie bywoon nie. Die uitstalling van ou fotos, oa van spanne van die verlede, het baie belangstelling en kommentaar uitgelok. Mense, wat vroeër jonk en aktief was en nou…… Die advertensieplakkaat, vir die komende Bierfees, ook daar.

IMG_7865

klub 2

klub 3

‘n Aangename lentedag, wat almal geniet het,

Hasta la proxima

https://coetzeeblog.wordpress.com/2010/06/05/skat/