Sleutelwoorde

,

Dit is die seisoen, van die beere! Nee, nie ysbere of gummi beere of enige ander soort beer nie, maar Himbeere en Erdbeere. Sommige soet, ander laat die kiewe, saamtrek. Die Erdbeere, of te wel aarbeie, is al ‘n hele rukkie op die mark, van na die winter af. In bykans, elke straat, is daar verkopers, met hulle mandjies, wat loop en smous.

beere 1

Die afgelope jare, is dit nie meer, volgens my mening, ‘n lekker ding om te koop nie. Hulle raklewe, mag miskien langer wees en die opbrengs hoër, maar smaak, ek weet nie. Eet hulle so vars, dan is die hoop daar, die volgende een, is lekker soet. Smyt suiker by, dan is hulle goed vir vrugteslaai, konfyt of “smoothies”. Nou wat is die goeie Afrikaans vir ‘n “smoothie”? In terte, werk dit so min of meer. As jy die vruggies, in die kieste meng, met die soet, van die tert.

beere 1

Frambose, is ‘n perd, eintlik vrug van ‘n ander kleur, hoewel, die kleure eintlik dieselfde is. Om so te eet, lekkker! Almal, dieselfde smaak. In gebak, lekkerder as die oorgewardeerde, aarbei. Ons is bevoorreg, om viende te he, wat gereeld, vir ons, ‘n skotteltjie verskaf. Sy enigste, nee, daar is twee nadele, is die feit dat hulle dorings het, hulle is lid van die roosfamilie, daarom, en dat hulle baie maklik vervuil. Daarom, is ons eie verskaffers, uitgeroei. Ek dink, met verlange, aan die dae toe ons konfyt gekook het, van die frambose. ‘n Tipiese bessie smaak, maar met die gluten probleem, het die konfyt en sommer suiker daarby, aan die agterspeen begin suip. Soms, net soms veroorloof ons, onself van die baasbakster, Erika, se lekker soetgoed.

beere 2

Gelukkig, vries dit redelik goed, so ons geniet, dit darem vir ‘n maand of twee, langer as normale oestyd.

Hasta la proxima.