Sleutelwoorde

Dit het alles, by die ou hande begin. Noem ek per toeval die probleem, met die rutematiek, soos ou Johannes, dit destyds op die plaas in die Vrystaat, dit genoem het. Noem een, in die geselskap, gaan kyk by daardie Sjinesewinkel, daar aan die Paraguaykant, daar is kaneelolie, hulle sê, dit is baie goed vir die rumatiek. Moet seker wees, sleg vir die rumatiek en goed vir die liggaam.

DSCN0296

DSCN0298

DSCN0300

Sit ons af soon toe. ‘n Interessante winkeltjie. Word hartlik ontvang, deur die vriendelike Taina. Glad nie, die Sjinees, wat ons verwag het nie. Ons dwaal deur die rakke. Van alles en nog wat. Baie min, werklik Sjinees. Droë vrugte, neute, kruie, speserye, natuurprodukte, klere, handsakke, musse uit Sjina, speelgoed, horlosies, ander gemorsies (tipies sjinees), christelike lektuur, beeldjies van die maagd, wat my laat wonder. Is dit tipiese Sjinees?

DSCN0306

DSCN0305

DSCN0304

DSCN0307

DSCN0310

Kyk verder. Die vrou, van die huis, sien ‘n mooi leer handsak. Made in Brazil. Betaal die kaneelolie en die handsak. Raak aan die gesels met Taina. Waar kom julle produkte vandaan? Ons, kry alles van Brasilië af. Wie is die eienaar? Daar is twee, julle het hulle net gemis. Josiane en Roselaine. Nie naasteby Sjinees nie. Nou hoekom Top China? Ek weet nie, seker gedink, dat dit ‘n goeie naam is, wat die kliente sal trek.

DSCN0317

DSCN0318

Mag ek fotos neem. Natuurlik. Wat maak jy met die fotos? Ek skryf, so bietjie, oor ons lewe hier. Ek sal graag wil sien, wat jy geskryf het. Geen probleem nie, maar ek dink nie jy sal verstaan nie, want dit is Afrikaans. Oo, ken julle die Pohls, van Corpus Cristi. Ja, vriende van ons. My broer, is ‘n vriend, van een van hulle, ek sal dat hy vir my vertaal.

Of die kaneelolie, gaan help vir die rumatiek? Dit sal die tyd leer. Dat kaneel, cholestrol beveg, dit weet ek reeds.

Hasta la proxima