Sleutelwoorde

,

Sondag, is braaidag. Ons Suid-Afrikaners, dink, ons is lief vir braai, maar ek sien in Paraguay en Brasilië, lande, wat ek bietjie ondervinding van het, is dit dalk meer ‘n deel van die kultuur. Ek glo, dat dit in Argentinië, ook maar so is. Ag, nie net Sondag nie, sommer die hele naweek, vul die aroma, die lug. Ja, dit is aroma, ‘n reuk, is iets wat nie lekker ruik nie. Soms, het ons, wat ons eetgewoontes betref, ‘n verandering van spyse nodig. Nie soo nodig nie, maar tog lekker. Dan, is hoender, ‘n baie goeie plaasvervanger. Ek, moet bysê, die hoender, wat ons hier kry, smaak na hoender, nie daardie effense vissmaak, van elders nie. Ons is net te ver van die see, vir vismeel en soja, wat ‘n groot deel, van hulle dieët uitmaak, laat geen bysmaak nie.

IMG_7695

Hier, by die woonstel, in Brasilië, is ons bevoorreg, om ‘n sypaadjie braaier, net om die hoek te he. Soms, is dit dalk, nie so goed nie. Die aroma, wat hier om die hoek kom, bring die honger baie gouer, as wat nodig is. As daar dalk, iets anders op die spyskaart is, maak dit dinge moeilik.

IMG_7685

Die verbruik, van hoendervleis, het die afgelope tien jaar, drie maal toegeneem. Gedeeltelik, toe te skryf, aan die oplewing, in die uitvoer van beesvleis, wat beesvleis, heelwat duurder gemaak het. Hoender, het nie naasteby, so ‘n groot toename gehad nie. Byna, 70 miljoen hoenders, word deesdae geslag, teenoor 18 miljoen, in 2003. Ek moet byvoeg, die hoenders word nie hormone gevoer nie en ook nie, met soutwater, gespuit nie.

IMG_7693

Gesels ek met die braaier langsaan. Ek weet, die hoenders, word die vorige aand al gemarineer, vir Sondag se braai. Wat is jou resep? Lekker lag hy. Dit is eintlik my geheim. Mens weet, wanneer om nie aan te dring op iets nie, maar dat dit ‘n goeie resep is, is seker. Redelike arbeid, om hulle Sondagoggend, vroeg gereed te kry. Vlerkies en pote, word vasgemaak, sodat, daar geen los dele is, wat kan rondbweeg nie. Om ‘n pollo te bekom, Sondag, moet jy vroegtydig bespreek. Nege uur, begin hulle draai en so van half twaalf, effe te laat vir ‘n honger mens, wat deur die aroma, getampteer is, is hulle gereed. ‘n Paar beesskowwe, wat baie gewild is, omdat dit heerlike en gewilde vleis is, word ook gebraai. Toegedraai, in foelie, dat hulle ook hul sappigheid, kan behou.

IMG_7688

Die apparaat, wat gebruik word, is elektries aangedrewe en roteer die hoender vinnig genoeg, dat die hoender se vet, saam beweeg en hy gevolglik, glad nie droog is nie. Hittebron, is gas. Sommige beweer, dat die regte braaivleis geur, nie daar is nie. Moontlik, maar steeds geurig. Die gas, maak dit baie makliker, vir die braaier, om die hitte te kontroleer. Steeds, soos dit ‘n goeie braaier betaam, is die een oog pal daar, waar die groot lekkerte, tot sy reg kom.

Nou wonder ek, vegetariërs, word hulle speekselkliere, ook so geaktiveer, deur daardie reuk, van braaivleis en dieselfde, vir die mense wat vark, nie eet nie, wat doen die reuk van spek aan hulle? As daar van die mense, hier lees, laat weet asseblief.

Hasta la proxima

https://coetzeeblog.wordpress.com/2015/10/30/pollo/