Sleutelwoorde

In die derde blok, in die hoofstraat, dit is van Villarrica, ons naaste groot dorp, vang hierdie uitsonderlike kerkgebou, dadelik die oog. Hoewel die klip konstruksie, ‘n baie antieke beeld skep, is hierdie kerk, gebou vanaf 1944 tot 1957. Die argitektuur, is geinspireer deur die Middeleeuse, gekombineerd met die Romantiese en die Gotiese boustyle. Dit is nou, wat Google sê. Daardie kombinasie, het goed daarin geslaag, om die ou antieke beeld te skep.

kerk 3

kerk 4

Verbasend, die binnekant, wat geen van die “antieke” styl toon nie en nogal ‘n warmte uitstraal.

kerk 9

Die grootste kerk, verder aan in die hoofstraat, is die katedraal van Santa Clara, die moederkerk van die bisdom van die stad. Sy geskiedenis (of is dit haar geskiedenis?) begin in 1683, toe die Franciskane, op dieselfde plek, ‘n kerk gebou het. Die huidige struktuur, is in 1891 voltooi. Die oorspronklike kloktoring, ‘n hout konstruksie, is nie lank na voltooing, deur ‘n stormwind beskadig en toe met die huidige, vervang. Die kloktoring bevat, behalwe die horlosie, drie klokke, waarvan die oudste vanaf 1781 dateer. Mooi ou foto van die kerk, net na voltooing, iewers in die 1890’s.

kerk 1

kerk 6

kerk 5

kerk 8

Die geskiedenis, van die omgewing, moet gesien word teen die agtergrond, dat Villarrica del Espirito Santo, ja, dit is sy volle naam reeds in in 1570, 100 jaar voor Jan van Riebeek in die Kaap geland het, deur die Spaanse kaptein, Ruy Diaz de Melgarejo, gestig is.

Twee, wyd uiteenlopende, statige strukture, met dieselfde doel.

Nou wonder ek, steeds, of ‘n kerk manlik of vroulik is? Ook, wonder ek, met ‘n bevolking van 57 000 inwoners, of Villarricca del Espirito Santo, ‘n stad of ‘n groot dorp is?

Hasta la proxima