Sleutelwoorde

,

Saterdagaand, was dit weer sulke tyd. Klink dalk of dit al is, om hier te doen. Per toeval, eintlik die enigste twee, wat ek deesdae, bywoon. Met die, dat ek nie meer boer nie, woon ek nie meer die een van die boere, seker eintlik die veeboere, by nie. Die kooperasie en die sportklub, se vergaderings, al wat op die lys is. Die Duitse Sportklub, of te wel Deutscher Sportverein Independencia, se algemene jaarvergadering, is ter sprake.

DSCN0254

DSCN0249

Redelik propaganda gemaak voor die vergadering. Onthou, dit is reorganisasie. Elke stem gaan tel. Die vorige komitee, is onder ‘n wolk van onsekerheid, uitgestem en daar was sprake, dat hulle weer wou probeer om beheer oor te neem. Afwagting en senuagtigheid heers in die saal. Die bywoningsregister word geteken en selfs die personeel van die Nasionale Verkiesingsgesag, is daar om toe te sien, dat die stemming streng, volgens prosedure, moet verloop. Nie veel van die vorige bestuur, of hulle ondersteuners is te siene nie. Die vergadering, verloop volgens die agenda. Punt nommer 6. groot afwagting. Die huidige bestuur, is weer beskikbaar, as lys A. Die voorsitter van die vergadering, verneem of daar nog ‘n lys is. Stilte. Geen ander lys nie. Dan mos seker nie nodig om te stem nie. Wat sê die meneer van die Verkiesingsgesag? Nee, daar moet gestem word. So gesê, so gedaan en die vergadering, wat almal verwag het, effe stormagtig sou wees, word afgesluit, heel vrolik en stemmig. Nie eers ‘n skewe woord, van g’n niemand nie.

DSCN0248

DSCN0247

DSCN0250

Almal, natuurlik uitgenooi, soos die gebruik is, om gesellig saam te eet. ‘n Gawe verandering, wat die komitee aangebring het. Twee tafels, vir die “vitalicios” (bejaardes), hulle kan maar net gaan aansit en sal bedien word. Baie bedagsaam.

DSCN0253

DSCN0251

‘n Aangename, gesellige aand. Die finansies van die klub is gesond en die bestuur, is in goeie hande.

Hasta la proxima

Advertisements