Sleutelwoorde

,

Dit is ‘n oorblyfsel van die era, toe hier nog beeste was en die stukkie, Maralfalfa, aangeplant is om saad te vermeerder vir beter weiding. In die naam, het mar (see), niks met die see te doen nie en alfalfa (lusern) ook niks met lusern nie. Saad in hierdie geval, is ook nie saad, soos dit in sy algemene vorm bekend is nie. Dit is ‘n Pennisetum spesie, wat hoë opbrengs lewer en goeie kos is, vir herkouers. Aangesien die plante, net vegetatief geplant word, moet die lote in die grond gelê word, soos suikerriet.

maralfalfa

IMG_7597

Hierdie het nou  nie veel, met wat ek wil skryf, te doen nie. Dit gaan oor flukse jongmense. Die bure, het ‘n klein voerkraaltjie, altyd so tussen 70 en 80 beeste daarin. Meesal die ou uitskot koeie, die speenkalwers, word elders op weidings afgerond. Dit is die jong egpaar, Diego en Griselda, se taak om hierdie diere, van kos te voorsien. Ten minste, elke tweede dag, moet daar tussen sewe en agt ton van die groenmateriaal, gesny en gekerf word, wat dien as ruvoer vir die beeste. As hierdie stukkie voer, té lank raak, kom sny hulle dit sommer.

IMG_7600

IMG_7606

Soggens vroeg, net na ontbyt, hoor ons die trekker, ‘n rukkie se stilte, want altwee kap. As daar ‘n redelike hoeveelheid gekap is, begin Diego maal en die klein vroutjie, hou aan kap. Die stukkie is nie geskik om met die kerwer, die rye te kerf nie, daarom, moet dit so gedoen word. Dat daardie twee mense fluks is, word gou duidelik, veral as hulle ongemerk dopgehou word. Sy, veral, ‘n voorbeeld, van hoe daar gewerk kan word. Amper, so veeleisend soos ‘n melkery. Elke, maar elke dag, of dit nou reën of koud is, baie warm, met ‘n hoê humiditeit is,  daardie diere moet kos kry.

IMG_7602

Onlangs, was daar op Fb twee skrywes, wat my effe warm onder die kraag gemaak het. Die eerste, dié van Dana Snyman, waarin hy uitwei oor die geraas van die bossiekappertjies, wat so oor die skouers hang en die onvermoë van die operateurs om die spoed egalig te hou. ‘n Stortvloed van kommentare, oor “hulle” wat nie dit in hulle het, om dit te kan doen nie. My vraag, in die kommentaar was, wie van daardie, wat so hulle monde uitgespoel het, het dit al ooit probeer doen nie. Geen reaksie nie. Hier, is dit nie snaaks, om vrouens, daardie taak te sien verrig nie.

Die ander, was ‘n artikel, oor ‘n vrou, wat iewers, ‘n yslike varkboerdery, vrou alleen, hanteer. Weer, die kommentare, “Hulle” is te onbetroubaar en te sleg om dit doen, meesal deur vrouens, die afbrekende kommentare. Ek het nie eers die moeite gedoen om te sê, dat indien hulle die artikel gelees het, hulle sou besef het, dat dit een van “ons” vrouens was nie. Nie eers die moeite gedoen om te vra, hoekom kan julle, een van “ons” vrouens, dit nie doen nie?

Veralgemeen, kan ek nie, daar is wel vrouens, wat hulle kant bring, nie bang is vir werk nie en nog altyd vroulik kan wees, maar in Suid-Afrika, is daardie tipe werk, altyd “hulle” s’n.

Ek sien maar swarigheid.

Voor ek omdraai, waarsku ek hom.  Wees tog versigtig, dat jou hande nie in daardie ding kom nie. Vriendelik, gee hy my ‘n opduim en gaan dan voort om ‘n lekker vet stroom in die masjien te voer, wat dit dan in die wa blaas.

Hasta la proxima