Sleutelwoorde

Hy mag obskuur wees, dit is nou as ek luister na almal wat wil weet, waar die plekkie, nou eintlik is, maar hy is redelik lank in die tand, 207 jaar al. Die afgelope week, het Paraguay, weer sy (haar) onafhanklikheid, wat hy (sy) 207 jaar gelede, van die Spanjaarde bekom het, gevier. Die beginjare, gekenmerk deur politieke onstabiliteit, revolusionêre sosialisme, opgevolg deur feudalisme. Die ergste, was die tydperk, 1910 tot 1912, sewe presidente, het mekaar opgevolg. Daarna, die diktatorskap, 35 jaar lank, van generaal Stroessner. Geen wonder, ‘n Suid-Afrikaanse diplomaat, ek twyfel of hy ooit hier was, het die land beskryf, as die “lies” van Suid-Amerika nie. Neerhalend, natuurlik, want dit was die tyd, wat ons hierheen, verhuis het. In ons taal, is die lies van enige slagding, minderwaardig en net goed om opgemaal te word en as maalvleis of wors, gebruik te word.

par 4

par 1

par 2

Die politieke stabliteit, van die afgelope klompie jare, het ‘n ommeswaai te weeg gebring. Gereeld, onder die eerstes, wat groeikoers betref. Van die buurlande, Argentinië en Brasilië, het van hul nywerhede, die afgelope tyd, hierheen geskuif. Infrastruktuur, word op groot skaal verbeter. Dit, is oral te sien.

par 13

par 11

par 8

Die gevierde Paraguaanse skrywer, Roa Bastos, het die land beskryf, as ‘n eiland, omring deur land. Sommige, van die plaaslikes, noem Paraguay, die Switserland van Suid-Amerika. Dit, is dalk effe vergesog, die hoogste punt, is skaars 800 meter bo seevlak. Die enigste ooreenkoms, is die afwesigheid van die see.

par 14

‘n Kemerk, van die meerderheid Paraguane, is hulle onbeskaamde patriotisme. Hulle sal spot met die korrupsie, hul onbevoegde politici en hul probleme en tekortkominge, maar onderliggend, is daar die trots in en vir hulle land. Ek weet van min lande, waar die “querida patria” (geliefde vaderland), so besing word, as hier. Afgelope 14 Mei, is die onafhanklikheid, oral gevier. Van die weermag, ander organisasies en elke skool was betrokke. Met oprogte in elke stad, dorp en gehuggie, waar daar ‘n skool is. Die vlag, terloops, dit is die enigste landsvlag in die wêreld, wat aan die kante verskil, en die sing van die volkslied, baie prominent. Baie respek, nog, vir daardie simbole. Ek wonder, waar in die wêreld, word die “goosestep”, nog deur militêre gestap?

Dalk was daardie diplomaat, nie bewus van die baie goeie snit, wat die diklies is nie. Veral om te braai, baie lekker.

Hasta la proxima.

Fotos van ander gesteel

Advertisements