Sleutelwoorde

, ,

Vroeër, waar sien ons mekaar vir ‘n koffie? Weet nie regtig, waar nie? ‘n Plek of twee, maar dan weet ons nie altyd, wat jy saam met die koffie neem, baie vars is nie? Dalk nog die oorblyfsels, van die naweek se bestelling en baie beperk. Nou, is dit ‘n uitgemaakte saak. Daar is eintlik net een plek. Nou nie vir ‘n ete nie, maar vir ‘n lekker koffie, tee of yskoffie en dan ‘n smaaklike, vars, soetigheidjie daarby. Confiteria Alemana. Of te wel, die Duitseres se Fynbakkery. Dit is daar by Nico en Erika Truter op die hoek.

confit 6

confit 1

Nico in 1995, met sy ouers hierheen gekom, ‘n paar jaar later, vir Erika Kornmayer, hier in die kolonie raakgeloop en getroud. Vir 10 jaar, het hulle ‘n suksesvolle besigheid in Asuncion bedryf en toe besluit om terug te keer na die platteland, Erika, se geboorteplek en om hulle besigheid, hier, voort te sit. Waaroor, ons soettandwesens, baie dankbaar is.

confit 4confit 5

Nou, die kuierplek, ‘n gereelde saamkom en wegneem, vir almal, maar veral, van die Duitse tantes. ‘n Vlieg, in die nabyheid, behoort ‘n goeie idee te he, van wat, in die kolonie, aan die gang is. Die tien jaar, in Asuncion, het hulle geleer, wat die gewildste gebak is. Baasbakster Erika, leef haar passie hier uit en omdat dit vir haar ‘n plesier is, weerspieël dit, in die kwaliteit van die produkte. Die geheim, van so ‘n besigheid, is skynbaar, om nie ‘n te groot verskeidenheid, te maak nie. So, ongeveer twintig, smullekker items. Baie gewild, is oa kaaskoek, Donau welle, suurlemoentertjies, yoghurttert, ander terte met ‘n verskeidenheid van vulsels en sjololadekoeke. Erika, bak ook koeke op bestelling. Natuurlik, moet Nico, wanneer dit druk gaan, sy kant bring en help, waar nodig. Die bediening, word ook hoofsaaklik, deur hom behartig. ‘n Suksesvolle, vriendelike span, wat goed saamwerk.

confit 3

Nico, immer behulpsaam. Opmerklik, die bereidwilligheid, van die meeste Suid-Afrikaners, om ander te help. Dit laat die goed voel, oor ons mense, omsit in trots. Tyd, vir lekker boereworsmaak, is daar ook en die mense is nogal besig om ‘n smaak, daarvoor, te ontwikkel.

confit 2

Indien julle, in die kolonie, Duitse fyngebak en koffie of tee, wil kom geniet, kyk regs, daar waar die teerpad eindig, en die byna, lewensgetroue beeld van Erika, langs die deur sien, weet dan, daar word lekker gekuier, geeet en is ‘n stilhou, die moeite werd.

Hasta la proxima