Sleutelwoorde

,

Ly jy, soms aan ‘n doodse moegheid? ‘n Hartklop, wat weghardloop? Bloeddruk, beide tellings, onder ‘n honderd? Klink soos die aanloop na een of ander energiemiddel, se advertensie. Glad nie, dit nie. Net ‘n aanduiding, dat die medici, nog nie alles weet, van die menslike liggam nie en dat klein dingetjies, hulle baie lelik, kan, laat kleitrap. Ek kan nie sê, moedswillig nie. Hoewel, met die twyfel en agterdog, vandag, jeens die mediese en farmaseutiese bedryf, is dit, dalk, nie onmoontlik nie.

Hierdie, is maar net die persoonlike ervaring, waaruit ander, dalk iets kan leer en spaar, of ten minste die mediesefondse. Belangriker, die vermyding van onnodige stres, oor wat dalk ‘n ernstige siektetoestand kan wees.

Ongeveer, 18 maande gelede, het ek ‘n probleem begin ontwikkel, wat my en die dokters laat glo het, dat ek ‘n hartprobleem het. Plaaslik, uit radeloosheid, twee kardioloë, twee algemene praktisyns en een algemene praktisyn, in Suid-Afrika besoek. Simptome, somtyds, daardie uiterste moegheid, na tien treë, moes ek rus en die weghol hartklop. Soms beter en soms, baie erg. Natuurlik, die eerste, wat die dokters voorstel, EKG. Bestudeer hulle, die rolletjiepapier, se grafiek, frons, krapkop? Jou hart, is gesond en toon geen teken van ‘n probleem nie. Skryf ‘n ligte bloeddruk pilletjie voor en neem af en toe AAS, of te wel Acido Acetil Salicilico, asperine. So gemaak, geen verbetering nie.

‘n Jaar gelede. Kuier in SA, vir die familiefees. Die susters en niggies, hang uit, met al die lekker disse. Ryk en lekker. Baie erg, die moegheid. Oorweeg dit, om vir die kinders, verblyf te vra? Ek kan nie in hierdie toestand, dit waag, alleen, op ‘n vliegtuig nie. Skielik, op ‘n dag, gaan daar ‘n liggie aan. Het iets ryk geeet, het die hartklop en lae bloeddruk, baie erg. Kry iewers koeksoda, na 15 minute byna, normaal. Die oorsaak lê by die kos! Skryf op, wat was op die spyskaart, die afgelope tyd. Baie soetgoed, baie meel. Waarvoor, is Google, daar? Net vir sulke gevalle. Gluten, per toeval, eerste op die lys. Simptome, van gluten intoleransie. Lyk asof hulle daarvan wegskram, om dit, ‘n allergie en klaar te noem. Die tiende punt, presies wat ek beleef. Altyd, gedink, die gluten ding is sommer net, ‘n ding. Skynbaar, toe nie. Lyk, ook of dit erger is in produkte, brood, wat uit die bakhuise kom, waar daar allerhande preserveermiddels gevoeg is, om die raklewe te verleng . Pure gif.

Die giftige meel en suiker gelos en ek is ‘n ander mens. Baie dankie!

Die sjeef is nou nie meer, in die koffie nie, maar in die meel en die suiker.

Hasta la proxima.