Sleutelwoorde

,

Tina, mag ek maar jou uitdrukking gebruik: As hierdie julle verveel, hou maar verby.

Destyds, het baie min van die oordeelaars (is daar so ‘n woord?), besef deur hoeveel trauma en warboel van emosie, elke glyer moet gaan, om daardie besluit, tot uitvoer, te bring. Twyfel? Is dit die regte besluit?

Dit gaan tog nog goed in die land en “na die verkiesing, sal dit net beter word, die wigte en teen wigte, gaan ons beskerm”. Die moorde gaan ophou, nou sal hulle tevrede wees. Die land, sal maar net so aangaan. Helaas! Daardie, soms vyandige gesindheid, van mense naby jou, was nie maklik nie. Ek maak ‘n afleiding, dat dit, ten minste, verander het.

Die emosie, wat afskeid bring. Seker die moeilikste. Die wete, sommige, sal ons dalk nooit weer sien nie. Howel dit, elke dag kan gebeur, word dit nou, meer beklemtoon. Word jy kwalik geneem deur so ‘n drastiese stap? Laat jy die geliefdes in die steek? Dan is in jou agtertkop, met die ergste scenario, wat jy hoop, nooit gaan gebeur nie, dat daar, in die vreemde, ten minste vir hulle, ‘n veilige hawe kan wees.

Sentiment, wat baie se ondergang of huiwering, veroorsaak, dat die groot stap, nie tot uitvoer gebring kan word nie. Aanvanklik, was die besluit, net met die toegelate gewig, wat ons mee kan vlieg. Praat ons, met mense met ondervinding. Nee, julle moet ‘n houer neem. As julle daar kom en daar is bekende huisware, dan voel julle makliker tuis. Plaasgereedskap? Watter een van die twee opsies. Dilemma van geld, land uit te kry. Die houer opsie, was die wenner. Wat moet saam en wat moet bly? Besluite, besluite, keuses….. Onthou, ons was agt kinders, daardie ou plaashuis het sewe slaapkamers gehad. Dit, moet geklas word, om in ‘n huisie met drie slaapkamers te pas, waarvan twee, piepklein is. Geen wonder, dat vriende, wat so ‘n paar jaar later, kom kuier het, by hul tuiskoms, beduie het hoe die Coetzees, agteruit gegaan het nie.

DSCN0186

DSCN0185

Sentiment! Antieke meubelstukke, lank in die familie. Die waardevolste, vir die kinders, wat moes agterbly, gelos. Verkoop, later weggegee. Enkeles, staan hier. Die ou riempiesbank, die ses stinkhout eettafel stoele, die jonkmanskas en ouma se “sideboard”, o, en ouma se ou greinhout kombuistafel. Die kombuiskaste, ook, wat glad nie antiek is nie.

DSCN0189

DSCN0184

So, het elke glyer, sy eie storie. Boekdele, kan gevul word. Sommiges, s’n vol van baie swaarkry en dalk ellende. Foute wat gemaak is. Verkeerde opsies. Terug!

DSCN0190

Hoeveel, wat jou dalk kwalik neem, op die end jou voorspoed toewens, met die woorde, gaan hou maar vir ons ‘n plekkie daar! Bloody hell, sou my ou tante gesê het. Ons moet nou gaan swaarkry, dat julle net kan kom. Lyk tog of hulle optimisme nie so sterk was nie, of was dit maar tong in die kies? Dat dit nie maklik was nie, daaroor bestaan daar geen twyfel nie. Ons kon dit, gelukkig op ons tyd doen. Dat daar foute gemaak is, is ook seker, maar dit is na die tyd, maklik om te weet.

Nou, is dit ons wêreld hierdie. Die verlange na vriende en familie, is deel van ons bestaan, maar die nuwe tegnologie, het dit, baie vergemaklik.

Hasta la proxima.