Sleutelwoorde

Vandag, het hy toe gekom. Gouer, as wat ek verwag het. Die derde Maart, is hy in Kanada gepos, die 19e Maart, was hy in Villarrica, ek was ‘n paar dae nie by die supermark nie, ja, dit is waar ons ons pos kry. Toe ek die supermark instap, roep Fanny my: Senor Danie, daar is pos vir jou. ‘n Boek, is goeie nuus vir my. Het al so bietjie begin proe aan hom en hy beloof om my verwagtinge te oortref.

DSCN0174

DSCN0177

Kobus de Villiers, die skrywer, van hierdie boek, Uiters Geheim en ander anekdotes, wat beloof om ietwat anders, as die normale te wees, se voorsate, was daar van my ou SA omgewing. Meneer Viljee, (is die de Villiers, in die binneland van SA nog Viljees?) sy oupa, was die onderhoof van die destydse Hoërskool Smithfield, later Hoërskool Generaal Hertzog, hy was destyds die LV vir Smithfield en deesdae ek weet nie wat se naam skool nie. Sy ouma Viljee, het die dames klerewinkel op Smithfield gehad. Aan sy moeder se kant, was dit die Van der Banks. Geliefde mense, van ons omgewing. Loop ons mekaar, toevallig, raak, op ‘n Facebookblad en begin gesels, nadat hy genoem het, dat hulle gereeld by sy ma se suster, wat ‘n paar plase van ons af gewoon het, gaan kuier het. Heelwat gemeenskaplike vriende en kennisse.

book 4

book 5

Dat ek al ver gevorder het, met die boek, is nie waar nie. Het hom maar vanoggend gekry en boonop, is dit renerig buite. Lees en geniet, maar wat wel duidelik is, is dat die man, ‘n lewe gehad het, wat totaal verwyder is, van die alledaagse bestaan, van ons normale aardbewoners. As ek die hoofstukke se opskrifte beloer, is daar genoeg materiaal vir ‘n James Bond of twee. ‘n Woolworths-longjohn, in ‘n KGB-restaurant. Yassar Arafat se fancy dress-partytjie in Tel Aviv, Aandete saam met Winston Chuchill en baie meer.

book 1

book 2

Ek glo dat daar nog heelwat is, wat nie durf genoem word nie. Tog lig die boek, effens, die sluier oor gebeure en konneksies, wat deel was van die ou Suid-Afrika. Ek is geen resensent nie,maar dit is ‘n boek om te lees. Ek kry geen kommissie op verkope nie, maar kan bestel word by sales@books-africa.com Geniet dit en kom meer te wete van ‘n briljante Suid-Afrikaner, met sy wortels in die platteland en sy besonderse lewe met sy Franse vrou.

Dankie Kobus, ek lees baie lekker.

Hasta la proxima