Sleutelwoorde

Vra, Tina, nou hoekom Suid-Amerika? Dit, was die dae voor internet. Hoe het ons destyds, die magdom inligting bekom? Dit voel nou so lank gelede. Dit is seker, ons is al 24 jaar hier, die huiswerk is ten minste 30 jaar terug al mee begin. Die lande, wat hoog op die lys was, Nieu-Seeland, Australië, Kanada en dalk die VSA. Puntestelsels, allerhande kwalifikasies, ouderdom, naturlik, as jy baie geld het, is jy oral welkom. Daardie baie geld, het ons nie gehad nie. Intussen, soek ons die plek met genoeg reën, ons wil boer. Stresvolle tyd, traumaties, wat nou?

Destyds, was daar nog die verdere probleem. Hoe kry jy daardie geld uit die land? R15000, vakansiegeld, vir die buiteland, in jou paspoort, aangeteken. Darem later verhoog, na R19000. Een maal per jaar. Die Rand nog R3.25 vir ‘n US Dollar, maar jy wil gaan plaas koop. Kleingeld, vir ‘n ekonomiese eenheid, in die ontwikkelde lande. Sommige mense, het familie en vriende, se vliegkaartjies betaal, gratis reise, na waarookal, om daardie Dollars te kry. Stres en kopkrap. Hoe, wat, waar? Dan vertel hulle jou, jy is ‘n lafaard en hardloop weg. Kos dalk meer dapperheid, om deur alles te gaan, as om maar net stil te sit en wag. As die verkiesing verby is, sal die meerderheid, gou agterkom, onder die Nasionale Party, was alles beter en met die volgende verkiesing stem almal Nasionaal. Oom Koos, het jy dit gedroom?

Drie kinders, van die ander ma, wat in SA sal moet bly. Spanning. ‘n Goeie vriend, het die obsessie oor Paraguay gehad. 5-6 keer kom kyk. Videos geneem. Groen. Hoeveel reën dit? Baie! Ons laat dink oor die obskure landjie. Met sy diktator, Stroessner, was hy op ‘n stadium, omtrent, die enigste vriend van Suid-Afrika. Beide, die muishonde van die wêreld. 1989 is Stroessner, in ‘n staatsgreep, uitgesmyt, deur sy swaer genl Rodriques, wat belowe het, na 5 jaar, sal daar ‘n demokratiese verkiesing wees. Dit, het toe in 1993 plaasgevind. O, ja en ‘n Suid-Afrikaanse diplomaat, het smalend, na Paraguay verwys, as die lies van Suid-Amerika.

So, kom kyk ons. Iemand, het ons aanbeveel, vat jou vrou saam. Goed so. Kultuurskok! Ons sien die potensiaal raak. Goeie reënval, 1500 mm+ per jaar, versprei deur die jaar. Diep grond, gematigde, subtropiese klimaat. My vriend, Dick, se waarneming: Die naaste aan die landbouer, se paradys. Ons moet ‘n gemeenskap, met ‘n skool vind, vir ons sewejarige dogter. ‘n Ander storie, maar so het ons by Colonia Independencia, uitgekom. Duitse gemeenskap, met ‘n Duitse skool. Nommerpas, met die grootste voordeel van alles, ons kon die grond in Suid-Afrika betaal. Nog ‘n ander storie.

Terug na Tina se vraag? Dit, is hoe ons hier beland het. Intussen, is die land besig om sy potensiaal te bereik. Konstante groeikoers, die afgelope paar jaar. Hier, kom steeds korrupsie voor, ek dink, dit is ‘n Katolieke probleem, maar die leiers besef, dat daarteeen, baklei moet word. Die verandering, die afgelope 20 jaar, is merkwaardig. Die toestroming van baie Europeërs, en boere van die omliggende lande, getuig van optimisme. Dat heelwat, van die groot Suid-Amerikaanse stede, of dele daarvan, nie aangename plekke is nie, is waar. Op ons reise, deur dele van Paraguay, Argentinië en Brasilië, het ons gevind, dat die plattelandse dorpe, aangename omgewings is om te woon en dat daar dissipline gehandhaaf word.

Vyf maande, na ons aankoms het my pa, op 82, ons besoek. Sy woorde was, dat ons, ‘n goeie besluit geneem het. Intussen, het ons ook agtergekom, dat die diklies van die bees, as jy die vlies verwyder, ‘n baie gewilde snit, by die asado is.

Hasta la proxima

Advertisements