Sleutelwoorde

, ,

Hulle, wie hulle is, weet ek nie, maar hulle sê, ons moenie vuur maak nie. So ‘n kleintjie om te braai, is aanvaarbaar. Soms, moet ons ‘n effe groter een maak, dit is nou om hout te verbrand, wat rot- en muisneste huisves. Daardie neste, lok weer hulle, dit is nou die muise en rotte, se natuurlike vyand, slange. Wie wil nou slange naby jou huis he? (Moet daardie e, nie kappie op hê nie?) O, ja, en ons mag eintlik ook geen boom, dit is nou inheemse bome, saag nie. Nie sonder ‘n permit nie.

vuur 6

vuur 5

vuur 4

Verlede jaar, is ons gedwing, om die ou boom, nie inheems nie, ‘n ou sederboom, wat gevaarlik naby aan die buitekamer en 3 meter van die sonstoep se hoek gestaan het, te saag. Boonop, is die boom, ingeneem, deur die verpestelike Katteklouranker (Cat’s claw creeper of Dolichandra unguis-cati), wat hom gevaarlik gemaak het, sou daar ‘n sterk wind opdaag. Die enigste oplossing, laat hom val, met die voorbehoud, dat dit ‘n ervare saagman moes wees, wat weet, wat hy doen. Erico, en sy helper, Victor, is die taak opgedra en hy, het hy hom perfek laat val. Op die oopstuk, 4 meter breed, tussen die heining en die buitegebou.

vuur 1

vuur 3

Die bruikbare stuk stam is weggesleep, die res, is opgesaag in hanteerbare stukke en net aan die anderkant van die draad gepak. Daar gelê om droog te word, maar kon nie verbrand word nie, want daar was gereeld ‘n gewas op die land langs die draad. Na die soja gestroop is, het ek besluit, nou is die tyd ryp, vir ‘n vuurtjie. Kry die klein John Deere, met die laaigraaf en vra Medina, druk dit net so effe weg van die draad, ek wil dit brand. Nou moet die windrigting, ook in aanmerking geneem word. Suidewind sal werk, net nie wes nie, dan is die huis, reg in die rook se pad. Sou ‘n hele paar kilogram vleis, met daardie hitte, kon gaar kry. By die laaste foto, het die planter ook al verby gekom en sal die mielies, naby die ashoop, dalk beter groei toon.

vuur 2

Die oorblyfsels, die as en die paar stukke, wat nie heeltemal uitgebrand het nie, simbolies, van die Seders, wat in ons samelewing ook val. As, wat die wind verwaai, herinneringe, wat al minder word en die stukke hout, wat nie brand nie, die indrukke, wat nog baie lank in ons geheues, agterbly.

Daar is een, koraalslang, deur die hitte gedwing, om die nes te verlaat.

Hasta la proxima