Sleutelwoorde

, ,

Vanoggend lê jy daar, kaalgestroop, amper wil ek sê, nakend. Dit is nie heeltemal waar nie. Daar is ‘n lagie van die kosbare strooi, wat jou naaktheid toemaak. Strooi, wat allerbelangrik is, om jou oppervlak te bedek, teen die aanslae van die donderbuie. Donderbuie, wat jou kosbare bogrond, wil wegsleep na die rivier, doer onder. Dan is dit onberekenbare skade. Gelukkig, besef hierdie landbouers, dat hulle versigtig met jou moet werk en dat daardie strooi, net daar, moet bly. Soja, het in elk geval nie veel nie, eintlik te min, daarom moet daar, so elke 2e jaar mielies, of ‘n gewas geplant word, wat ‘n lekker dik laag organiese materiaal kan los. Byna ondenkbaar, dat die malse groen, van enkele weke gelede, plek gemaak het vir hierdie vaal, vervelige landskap.

IMG_7139

DSCN4690

DSCN0154

November, het hulle die soja noukeurig in die grond gelê. Kort daarna, het die peulgewasse se tenger blaartjies verskyn. Aanvanklik, het ons gedink, die stand is nie wat wonders nie. Mens misgis jou nogal gereeld daarmee. Soos die dae gevorder het, het dit duidelik geword, dat die stand baie goed was. Die klimaat, het ook mooi saamgespeel. Desember, was warm en vogtig en die groei goed, seker later byna ideaal. Blomstadium het gekom en steeds was toestande, ideaal. Die groen plante, wat jou laat lus voel om dit as slaai of dalk spinasie te gebruik. Moet dit dalk eendag probeer.

IMG_7433

IMG_7434

Die verkleuring het begin. Vir die oningeligte, kan die geel blare, op ‘n afstand die idee van geel blomme skep. Wanneer die pitvorming voltooi is, begin die plante die bruin/grys oninteressante kleur kry en word daar gewag tot die pitte droog genoeg is, om te stroop. Reën wat byna te veel is, laat die senuwees knaag. Te veel en langdurige reën, kan die droeë peule laat muf en later kan die plante ook omval. Gelukkig het die reën, net betyds opgehou.

IMG_7417 (2)

DSCN0147

Die twee groen reuse het die oes opgeslurp, hul stofwolke kom uitspoeg en korte mette met die lande gemaak. Hulle is tevrede. Reken, die opbrengs was goed. Dankbaar. Vanoggend, staan nog net, die twee tafels, hier langs die land. Lyk asof hulle grinnik, omdat die taak suksesvol, afgehandel is. Die groen reuse, sal weer loop, maar dan sal hulle mielietafels dra.

IMG_7443

Wat hulle nou gaan plant, weet ek nie. Dalk effe laat vir mielies. Hou die spasie dop vir daardie nuus.

Hasta la proxima

Advertisements