Sleutelwoorde

Facebook, het deesdae die gewoonte, om te weet waar jy is en dan kom vertel hy jou van allerhande plekke naby jou. Veral, eetplekke, lyk dit my, is sy sterkpunt. Lig hy ons, verlede, week in van Okinawa Sushis, hier in Sete Quedas. Ons glo dit eers nie, Sushi, honderde kilometers, van die kus af. Maak seker, verskaf hy, dit is nou Facebook, tot ‘n kaart ook. Tog reg. Rua Dom Aquino, sommer ‘n paar blokke van ons af. Iets om te ondersoek.

sushi 1

sushi 2

Nou nie dat ons deskundiges, op die gebied van Sushieet, is nie. Soms, wil dit vir my voorkom, asof daar ook baie status en snobisme aan gekoppel is. Mense, wat so terloops, laat val, dat hulle by daardie eksklusiewe hotel of restaurant, die beste Sushi nog, geeet het. So, ook met wynkenners en deesdae se koffiedrinkers, sommige. Natuurlik, kan mens nie veralgemeen nie. Duur, koffie masjiene, tot R15000 stuk. Dan is daardie koffie, gebrou van bone, van een of ander obskure landjie, vir my, net so bitter, sterk en onsmaaklik, as die duur landgoedwyn, wat die kenners verkies. Elkeen, is natuurlik geregtig op sy/haar smaak. Gee ek, nou, my plattelandse onkunde en platvoersgeit weg.

DSCN4785

DSCN4787

Saterdagaand, besluit ons, dit is die aand vir Sushi. Vriendelik, die viertal. Berei, ons bestelling, flink, terwyl ons wag. Hulle probeer verduidelik, tussen die gewerskaf, wat elkeen is. Geen geriewe om daar te eet nie, net wegneem. Klein hokkie, waar alles gebeur. Waar kry julle, al die bestanddele? Dit kry ons van Campo Grande af.

DSCN4788

DSCN4791

Matriarg, ma Regina, duidelik die dryfveer. My pa, was ‘n Japanees, ek is hier gebore. Praat, nie eintlik Japanees nie. Leandro, haar seun en sy vriendin, Kenia, die werkers, dink nie mens kan hulle kokke noem nie. Dan, aktiewe Gabriella, algemene klein “busybody” met die mooi groen oë, vriendelik en vra uit. Is julle toeriste? Nee, ons het ‘n woonstel en bly net soms hier. Ek, jy het baie energie. Ja, erken sy, ek kan nie stilsit nie. Nog baie om te vra en uit te vind, toe is ons bestelling gereed. Hoop julle geniet dit! Seker, ons sal. Baie, dankie.

Ongelukkig, is ons kennis, van Sushi te beperk, om ‘n deskundige mening uit te spreek. Dit was heel lekker. Nou nie so lekker, dat ons dit ‘n gereelde ete sal maak nie.

Hasta la proxima

Advertisements