Sleutelwoorde

, ,

Die opdrag was: Kyk of julle vir ons ‘n paar tarentale kan kry. Die Agroveterenario, op die hoek, is die eerste stilhouplek. Opvallend, toe ek instap, die pragtige versameling stewels. Een paar, mooier as die ander. Sommige uitspattig, seker krokodilvel, ander netjies en blink en dan die regte werkers boots. Ek kan my verkyk. Mooi belde, hoede, saals,tooms en al die veeartseny benodigdhede, wat hoort in so ‘n winkel.

DSCN4757

DSCN4740

DSCN4737

DSCN4739

DSCN4738

Die groot oom, in die hoek, met sy ligte stetson hoed, is die eerste een wat ek nader en vra na angolas. Skud hy sy kop, nee dit het ons nie. Roep hy Leonardo nader en sê, wys die man die werfhoenders hier agter. Stap huiwerig saam, want dit is nie wat ek soek nie. Nee ek soek regte angolas (tarentale).

DSCN4748

DSCN4744

Binne gekom, die Spaans, gemeng met ‘n woord of twee Portugees, het hom dadelik laat besef, dat ek vreemd is. Jy ‘n Alemao? (Duitser) Nee, Sud Africano. Met ‘n frons vra hy, Africano? Nee, SUD Africano! Daardie begrip, altyd vreend. Suid-Afrikaner, en jy is wit? Waar kom jy vandaan en wat maak jy hier? Ek kom van Paraguay af en ek is Luis, daar bo op die hoek se stiefpa. O, ja ek ken vir Luis goed. Toe is Esequiel de Oliviera, lus vir gesels en ek neem my kans waar om hom uit te vra. Kort-kort, ‘n onderbreking, kliente en vriende, wat kom inloer. Gewilde, vriendelike mens, soos die meeste Brasiliane. Wil net gesels en uitvra. Die fles, met die koppie warm, soet koffie en die klein koppies pal byderhand, word genooi om te geniet.

DSCN4753

Nou hoe lank, is jy in hierdie bedryf? 35 jaar, maar voor dit, was ek in die houtbedryf. Toe die hout min raak, het ek besef ek moet uit en toe het ek Agropecuaria Campo Verde begin. Campo verde- groen kamp. Die omgewing het ook baie verander, toe was dit net beeswêreld en nou word al die grond beplant. Het dit en die laaste paar se ekonomiese probleme, julle nie laat swaar leef nie? Dinge, was soms swaar, maar, nee wat, dit gaan goed met ons. Leonardo, is my kleinseun en bedryf nou die besigheid, Ek kan nie niks doen nie, daarom, moet ek hier, ‘n ogie, kom hou, al is ek 74.

Daardie tarentaalkuikens, is baie pieperig. Ons sal hoor by die mense, waar hulle los rondloop en laat weet, as ons gekry het. Eintlik galinhas de Angola, of te wel, hoenders van Angola.

Met die uitstap, roep hy, jy moet weer kom en kom koffie drink, hier is altyd. Obrigado! Baie dankie!

Hasta la proxima

Advertisements