Sleutelwoorde

,

Sondagmiddag laat, die ergste hitte, is nog nie verby nie, maar die weer word dik in die suid-weste en ons moet ons stap inkry. Ons staproete, nie regtig ‘n roete nie, is straat-af, langs die niemandsland, wat Paraguay en Brasilië skei. Droë grens hier, net daardie ongeveer 100 meter.. Elke paar honderd meter, ‘n baken, wat die middel van die grens aandui.In plaas daarvan, om hulle ledig te laat lê, word die grond, vir verskillende doeleindes, behalwe vir bewoning, aangewend. ‘n Sokkerveld of twee en net gras, waar die kinders na hartelus kan baljaar en het ons agtergekom, die ou gryskoppe net so.

veterane 4

Verder, straataf, kom ons agter, dat dit meer as die gewone Sondagmiddag bedrywigheid is. Op die hoofveld. Heelwat motors en motorfietse, stap nader en sien dat daar ‘n ernstige wedstryd aan die gang is. Dit is nie jongmanne of kinders nie, maar baie senior, seniorburgers.een span in rooi en die ander in blou. Groot aanmoediging van die skare. Nou wie is die spanne wat hier speel? Dit is die plaaslike veterane liga. Die Veteranos en die Abacateiros. Abacateiros? Advokadobome, dit is darem ‘n snaakse naam, vir ‘n span. Sien jy daardie boom langs die veld? Ons span, is na hom vernoem. Seker die enigste span, wat na ‘n boom vernoem is?

veterane 3

veterane 1

veterane 2

veterane 5

Die weer dreun en ons moet maak om tuis te kom, voor die dit begin reën. Nie eers tyd om te vra wie loop voor nie. Nog baie, wat ek wou weet, maar ek weet hoe kan hy stort, soos wat hy die afgelope paar weke doen.

Wonder ek of ‘n advokadoboom manlik is?

Hasta la proxima

Advertisements